KLETS - podcast cover

KLETS

Afrikaans.Radioafrikaans.radio
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Daars 'n nuwe "Rona". Tel jou foon op Discovery!

Die span KLETS van dag oor Call Centers, Medical Aid en die kostes van 'n Big Mac. Daar is 'n nuwe koronavirusvariant in SA aangemeld en soos die storie loop is dit meer aansteeklik en baie meer gevaarlik vir mense bo die ouderdom van 65. Maar as jy die entstof gehad het is jy glo ok. Die 'Armste' werker by City of Tshwane verdien R 12 000.00 wat baie hoër is as die gemiddelde R 7 400.00 salaris in Gauteng. Volgens die Big Mac-indeks moet die Rand eintlik R8,94 teenoor dollar wees en Discovery w...

Aug 15, 202332 min0

Die Tronk is vol!

In KLETS gesels Matthys met Adv. Glyniss Breytenbach en Dr. Piet Croucamp oor Zuma se vrylating verlede Vrydag. Wat was die redes? Waaroor moet ons nou nog bekommerd wees in ons demokrasie en wat kan die ANC nog uit die mou laat glip voor die 2024 verkiesing. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Aug 14, 202324 min0

Wat sê die Tannies?

Colene en Matthys KLETS saam met Tannie Lettie en Tante Meraai van die gewilde Wat sê die Tannies op Afrikaans.Radio. Die Tannies gee raad oor hoe om vrou te wees en ook darem vir die manne ook so 'n bietjie stof ter nadenke. Ons hoor wat dink hulle van die stand van sake in Suid-Afrika en wat gedoen moet word om dinge weer in lyn te kry. Tanya Michelle vertel waar is die JOL en ons kondig die wenner van Isabella Niehaus se kookboeke aan. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Aug 11, 202349 min0

Los uit die boks onder die bed!

Die span KLETS vandag oor vrouedag en hoe Cyril weer geskok en verward is oor wat aangaan in Suid-Afrika. Melissa kry 'n boks onder haar ma se bed met speelgoed en vat die een bietjie ver. Die Kaap lyk steeds soos 'n oorlog en almal is verwonderd oor waar hul nou gaan Woolies koop. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Aug 10, 202325 min0

Hoekom is mans so?

Die Kaap word steeds geteister deur die verlammende Taxi strike maar meer ontstellend is hoe die strike mense en veral kinders benadeel. Is mans en manlikheid dalk die groot probleem wat ons het in ons land? Mej. Suid-Afrika kry ‘n nuwe kroon en ‘n vrou van 35 melk elke dag 6 liter borsmelk en skenk dit waar nodig. Jy kan iets van Freddie Mercury koop binnekort op ‘n veiling en met die geld wat jy spaar as jy eerder by ‘n spaza winkel gaan koop kan jy dalk meer as net een item koop op die veilin...

Aug 08, 202330 min0

Julius het dalk Listerine nodig!

Dis Maandag en die span KLETS oor die nuus die afgelope week. Waar is Cyril? Julius is nou 'n celebrity en die Kaap kom tot stilstand. Die Springbokke lyk soos Listerine bottels en Fintech in Suid-Afrika maak opspraak internasionaal. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Aug 07, 202329 min0

Dié grande madame Langebaan!

Dis Vrydag en die span KLETS met Isabella Niehaus. Sy skryf twee kookboeke wat beide 'n Gourmand World Cookbook toekenning ontvang het. Die eerste boek “Duinhuis” vir Best entertainment boek en meer onlangs “Daar’s ‘n vegan op my verandah” saam haar skryf vennoot Louis Janse van Vuuren, of eerder soos Bella na hom verwys haar tweeling siel, vir die beste vegan kookboek in die wêreld! Ons gesels ook kos, mooi goed, mense en menswees. Isabella deel ook met ons ‘n resep uit haar nuutste boek en is ...

Aug 04, 202354 min0

18 maande? Ons het 'n Tannie nodig!

Die span KLETs vandag oor 'n paar dinge wat die week in die nuus gebeur het. Elon het vir Cyril gevra wat hy gaan doen oor Malema en Malema vermoed dat Elon moet eerder hom by sy X'e hou. Alles in Suid-Afrika neem tans 18 Maande en die vroue op die sportveld kraai koning! Kan ons asb 'n Tannie kry om Suid-Afrika te fix! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Aug 03, 202328 min0

Die Magic van Mushrooms

Die span gesels met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness oor die "magic" van medicinal mushrooms. Waar dit vandaan kom, die mediese navorsing omtrent die gebruik van mushrooms en hoe om te besluit wat is die beste mushroom vir jou om te neem. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Aug 02, 202337 min0

Die Ekonomie van Graan.

Die span KLETS saam met Heleen Viljoen, 'n ekonoom verbonde aan GraanSA oor die moontlike styging van graan pryse in Suid-Afrika. Helene verduidelik wat al die moontlike redes vir 'n styging kan wees asook waar Suid-Afrika tans staan met die produksie van graan produkte. Verder vertel Helen van Nampo en hoe belangrik boere vir ons is in die Suide van Afrika. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Aug 01, 202331 min0

Rommel rommel toil and trouble

Dis Maandag en die span "be-klets" die afgelope week se nuus. Die EFF is nou 'n tiener, die parlement lê nog in rommel en bokke se RWC song laat 'n mens braak! Indien jy jou kar wil was vandag kan jy dit doen met 'n oop gemoed en weet dat dit is van die goedkoopste in die wêreld. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Jul 31, 202332 min0

Die Fashion Police!

Dis Vrydag en Tanya Michelle is op KLETS en vertel vir ons Waar is die JOL? Maar meer belangrik join Henja Schaap Matthys vir 'n "fashion intervention"! Van kaalvoet tot slaapklere, swart op troues en ander vrae van luisteraars. Tanya vertel wat jy die naweek kan doen as jy in Gauteng of Limpopo bly en gelukkig het Henja en Matthys die een gewen! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 28, 202343 min0

Is boksies nog nodig?

Die span "be-klets" die storie van Mel Viljoen se Ma wat 'n paar jaar gelede in 'n staatshospitaal oorlede is nadat sy vasgebind was om te verhoed dat sy pype uitruk. Kon Mel haar maar nie in 'n privaat hospitaal geplaas het nie? Ons luister vinnig na raad van Tannie Lettie en Tante Meraai vir die man met die kortstondige probleem. Hoekom word kinders en meisies veral van kleins af vertel dat hul moet eendag 'n "ma" wees om 'n "vrou" te wees? Die Lauren Dickason verhoor laat die hare rys en die ...

Jul 27, 202327 min0

Die wêreld is Barbie pienk!

Die Barbie movie is uit en die hele wêreld is nou in pienk getooi. Matthys vertel flou Barbie grappies en Colene sê daar is onstuimigheid oor hoe die Barbie film mans vertolk. Meeste mense tussen die ouderdom 30 en 50 is bekommerd oor die toekoms en finansies volgens die Old Mutal verslag wat onlangs uit is. Daily Maverick mag nie die Russia-Africa Summit bywoon nie. Wat het geword van vrye media? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 26, 202336 min0

Elke sport het sy besering en Bier

Die span KLETS vandag oor verskillende sportsoorte en watter bier die beste daarby pas. Fikile sê die ANC weet nie hoe om opposisieparty nie, maar hul weet nie eens hoe om 'n party te wees wat die. Matthys wil 'n ou Porché koop en Colene sal eerder haar geld spandeer om die gesigte van Paul Mashatile se bloulig-brigade op billboards te sien Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 25, 202337 min0

Putin en Politiek.

Dis Maandag en Matthys KLETS saam Dr. Piet Croucamp oor van die grootste nuusgebeure die afgelope week. Piet gee sy opinie oor Rusland en hoekom Putin nie meer die Brix kongres sal bywoon nie. Hoe moet ons stem en wat is die toekoms van die DA se Moonshot Pack? Is AGOA in gedrang en wat is die moontlikheid van sanksies teen Suid-Afrika. Die bloulig-brigade is agter tralies maar het Paul Mashatile die Pr geleentheid gemis om ekstra steun vir hom te verkry onder Suid-Afrikaners. Afrikaans.Radio · ...

Jul 24, 202338 min0

Brain Freeze Vrydag

Dis koud en die span sukkel met woorde. Candice van die Wynlande ontstel vir Matthys en Tanya gaan doen shopping in haar slaapklere. Die JOL is aan die naweek in Pretoria en iets om na uit te sien in Augustus in die Kaap. Die eerste "Wat Nou?" oor bemarking en branding skop af met The Radius Solutions. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 21, 202335 min0

Die pyp, fase 16, Madiba en Brokeback Mountain

JHB loop weer deur en die keer met 'n pyp maar ons dit Madiba sou gesê het die is n "wide". Putin kom nie meer SA toe vir die BRICS Summit nie en doen die glo as 'n guns vir sy vriend. Die ruik so 'n bietjie soos Brokeback Mountain. Waarvan die tronke vol is, is die kerke leeg en kan WormGTP dalk ons van fase 16 red? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 20, 202332 min0

Leilani het haar verkragter vergewe, vir haarself.

Matthys gesels met Leilani Kuter na aanleiding van die onlangse vrylating van Alison Botha se verkragters. Leilani, self ‘n slagoffer van verkragting, het ‘n oop en eerlike gesprek oor haar siening van die parool aansoek. Sy draai nie doekies om oor wat sy van Theuns Kruger and Frans du Toit dink nie. Leilani maak dele van haar boek weer oop alhoewel sy nie weer die boek wil oopmaak nie. Sy deel hoe sy die pad geloop het en hoe sy vergewe het om heel te word. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - Yo...

Jul 19, 202328 min0

67 vloekwoorde saam Casper de Vries

Dis Madiba dag en die span gaan 67 vloekwoorde in die tuin plant vandag saam met die hulp van Casper de Vries. Ons gesels oor Afrikaans, loadshedding en Casper vertel van sy stilte die afgelope paar jaar as ook sy show by Cafe Barcelona op 21 Julie 2023. Elke keer wat jy luister en die episode share gee jy die plantjies in ons tuin water! Cafe Barcelona · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 18, 202333 min0

Bonus holes en Wimbeldon.

Dis Maandag die 17de Julie 2023 vir as jy dit nog nie geweet het nie. Soos gewoonlik “be-klets” die span die nuus van die naweek en verlede week. Carlos is die nuwe prins van die Wimbeldon gras veld. Wat sal Kate en William sê as een van hul kinders dalk transgender uitdraai? Mag transgender mense deelneem aan geleenthede waar jul wel ‘n genetiese voordeel het? As jy ‘n vrou is baie geluk jy het nou ‘n “bonus hole”! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 17, 202331 min0

Spys, wyn en Black Label!

Dis VRYDAG!!! Tanya Michelle vertel bietjie meer oor haar boek wat binnekort uitkom en deel ook ‘n maklike pasta resep reg vir die naweek. Die span het gisteraand Neil Sandilands se show by Cafe Barcelona Gigs in Pretoria gaan kyk en die JOL was aan! Die wenners van die Fishpo Expo 2023 word ook bekend gemaak op “Waar is die Jol?”. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 14, 202331 min0

Chappie oomblike

Dis Donderdag en daar is baie woorde oor Fikile, Redi, AARTO en ook ‘n paar chappie oomblikke. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Jul 13, 202325 min0

Dis ‘n Trosfok!

Loadshedding is terug maar gelukkig gee die USA vir ons $ 1,3 miljoen om navorsing te doen. JJ Tabane maak baie aanmerkings en opmerking maar soms moet ‘n mens die balk eers uit jou eie oog uithaal. Redi Tlhabi is in die moeilikheid op Twitter na haar plasing “I also have black friends”, is jy sarkasties of het jy regtig swart vriende? Die woord van die dag is “trosfok”! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 12, 202324 min0

Die "Mandemie" van by die huis werk.

Na die COVID-19 pandemie het min al werklik teruggekeer na normaal. Veral in meeste werkende mense se lewe wat steeds van die huis af werk. Daar word beweer dat produktiwiteit onder die “work from home” beginsel afskaal so langer die tyd verloop. Meeste mense voel ook geïsoleerd en sukkel om daaglikse take te verrig. Ons gesels met Cerita Nagy van Confident Women in Business rakede die “Get it Done” projek wat hul vir hul lede uitgerol het om aanlyn saam te werk en so mekaar verantwoordelik hou ...

Jul 11, 202332 min0

Daai K-woord

Dis Maandag en die span “beklets” die nuus. Die Sport Joernalis, Jody Hendricks gesels oor sy rubriek wat Sondag in die Rapport verskyn het oor kwotas in Rugby. Van die bokke ondersteuners takel mekaar op “Roftus” en die polisie hou die polisie dop. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Jul 10, 202334 min0

McDonald's en Seks

Dis Vrydag en Tanya Michelle join die KLETS span met "Waar is die JOL?". McDonald's verkoop pakkette vir troues wat verseker baie goedkoper is as die wat jy moet betaal by ‘n trou venue. Antwoord die 3 maklike vrae en vind uit hoe jy jouself, ‘n pasmaat en seks sien of ervaar. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Jul 07, 202331 min0

Alles is Blou!

Die Blouligbrigade is steeds op almal se lippe. Nuwe inligting kom op die lappe maar weerspreek ook. Wat glo ‘n mens vandag? Is ons terug daar waar, as ek dit nie gesien het met my eie oë nie dan het dit nie gebeur nie? Zapiro beeld die voorval uit in die Daily Maverick vandag en dit slaan die spyker op die kop. Alison Botha se verkragters is uit op parool en die internet is unstable! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 06, 202321 min0

My regte met die Blou-lig Brigade

Die Blou-lig Brigade is terug in die nuus na die "alleged highway assault" soos die media berig. Chris Willemse KLETS saam die span oor die voorval en wat die doel is van die blou ligte. Verder gee Chris raad oor hoe om so 'n situasie te hanteer indien jy dalk afgetrek word deur die polisie. Wat se die wet vir beide jou en vir die beampte. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 05, 202333 min0

AI, die pikkewyn!

ChatGTP het vir ons 'n Afrikaanse storie geskryf oor 'n pikkewyn in 'n paar sekondes. AI is deel van ons daaglikse handel en wandel. As jy jou slimfoon aansit, iets opsoek op Google, die verkeer of weer dophou op apps. Dit is wel iets wat baie mense steeds onrustig laat. ChatGTP is tans die AI vonds was binne 5 dae 1 miljoen subsribers gekry het en het in Junie 2023 'n 100 miljoen gebruikers reg oor die wêreld. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Jul 04, 202329 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android