In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en wie tans die oorhand blyk te hê. Daarbenewens bespreek Jaco ook die effek wat hierdie oorlog op Suid-Afrika het, veral in terme van ons land se diplomatieke posisie en verhoud...
Oct 09, 2024•54 min0
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE? Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of swak joernalistiek? Is Netwerk24 besig om klieks te soek met sensasie waar die waarheid nie in die pad...
Oct 02, 2024•56 min0
In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou! Maar dit is nie al nie! Colene deel ook ’n verrassende lys van die top 10 treine in die wêreld, en raai wat? Suid-Afri...
Sep 18, 2024•1 hr 27 min0
In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade Center? Dié dag het ’n impak op ons almal gelaat, en ons deel ons herinneringe daaraan. Ons skuif dan na ’n meer praktiese onderwerp: die tweepot-pensioenfondsstelsel in Suid-Afrika. Marius bespreek hoe hierdie ...
Sep 11, 2024•1 hr 11 min0
In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen. Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux kleure. Of jy nou ’n volledige herontwerp beplan of net ’n paar opdaterings wil maak, hierdie episode is propvol kreatiewe idees en praktiese raad. Ons kyk na die Springbokke se oorwinning teen Nieu-S...
Sep 04, 2024•1 hr 10 min0
In hierdie episode het ons heelwat om oor te KLETS! John Steenhuisen stel vir Roman Cabanac aan as sy Chief of Staff by die Departement van Landbou, en ons wonder saam hoe hy in ’n Boerboel broekie gaan lyk. 26ste Augustus was Toiletpapierdag en ons kom uiteindelik by die finale antwoord oor hoe jy die toiletpapierrol reg opsit. Colene deel ook haar baie spesifieke ritueel vir publieke badkamers — jy wil dit nie misloop nie! Ons bespreek van die onlangse nuusgebeure in Suid-Afrika, en neem ook ’...
Aug 28, 2024•1 hr 2 min0
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né? Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke! Intussen smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum – as iemand dalk wil weet wat om vir haar te...
Aug 21, 2024•1 hr 3 min0
In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg, en wat ’n dag in die lewe van ’n olifant-versorger behels. Spoiler alert: dit behels baie meer as net groot drolle en nóg groter porsies kos! Dan draai ons na iets net so groot — ...
Aug 14, 2024•1 hr 8 min0
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld. Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waar ’n tent profeet ’n laerskool bestorm met ’n machete – ’n gebeurtenis wat beslis kerkleiers en hul ...
Aug 07, 2024•1 hr 17 min0
Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine sing haar hart uit, maar los die mince-manne ontevrede. Tatiana draai ons piek veer pronk in solide goud in! Matthys het met Marlien Cronje en Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children gesels oor hul opwind...
Jul 31, 2024•1 hr 4 min0
Dis tyd vir nog 'n KLETS en hierdie keer met "regte nuus"! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons. Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy mening oor waar die RNE dalk kan sink soos ’n Titanic op ’n koue Donderdagaand. Is daar dalk ’n ysberg op die horison? Daarna neem ons ’n draai oor die Atlantiese Oseaan en bekyk die Amerika situasie met Biden en Ha...
Jul 24, 2024•1 hr 24 min0
Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie! Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen lyk. Het iemand dalk inspirasie gekry van hul buurvrou? En Trump? Hy “oor”-leef ’n sluipmoordpoging, of is daar dalk ’n konkelspel aan die gang? Die GNU skop hul eerste parlementêre sitting af op 18 Julie. Wat het MK in hul mou, en wat kan ons ...
Jul 17, 2024•50 min0
Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End. In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark. Ons dek die moets en moenies van huiskoop en -verkoop, en bespreek of jy uie moet braai of brood moet bak voor potensiële kopers kom kyk na jou huis. Juju maak ’n stylvolle verskyning by die Durban July met ’n pak en...
Jul 10, 2024•1 hr 19 min0
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie. Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons in die volgende vyf jaar kan verwag. Sal die RNE werklik verandering bring, of gaan ons meer van di...
Jul 03, 2024•52 min0
Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer. Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het ’n nuwe target op sy rug, asof die arme man nie genoeg koeëls op ’n daaglikse basis moet dodge nie. Op ’n ligter noot, KLETS ons heerlik met Guinness Wêreldrekordhouer, Billy Cowley, ook bekend as die Marmite man. Die al...
Jun 26, 2024•1 hr 19 min0
Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi. Nou is DANC in beheer van ons toekoms, terwyl die EFF en MK begin hul tande slyp as die nuwe opposisie. Vir die petrolheads, Colene vertel oor die karre wat die wêreld en Suid-Afrika se beste verkopers is. Die hare waai wild in Pretoria en jy ...
Jun 19, 2024•53 min0
Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met ’n loopbaan wat beide sy sendingswerk en sy diens op Mercy Ships insluit. Mercy Ships is ’n organisasie wat mediese sorg aan die armste gemeenskappe in die wêreld verskaf deur middel van ’n hospitaalskip. Dr. Tertius ver...
Jun 12, 2024•1 hr 7 min0
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir interessante resultate. Die ANC eet “humble cupcake”, Julius is stil in die stoute hoekie, die DA glim...
Jun 05, 2024•1 hr 22 min0
Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”. So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou, Prof David Block oor die merkwaardige en rare verskynsel– die Aurora’s, wat op die 10de en 11de Mei gesien is van Gansbaai tot by Etosha. Prof Block verduidelik vir ons die wetenskap agter die ligte skouspel. Buiten wetenskapli...
May 15, 2024•1 hr 6 min0
Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge! Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens brand nie jou landsvlag nie. Ons sluit politiek af met niemand meer van pas as umkhulu Zuma, op mediese parool, dans hy soos 'n 2-jarige en woed steeds sy soeke na aandag in die howe. En aa...
May 08, 2024•1 hr0
In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier en daar. 1 Mei het ons vanjaar met 'n paar ekstra verrassings verras, nie net May Day nie! Check ons uit op YouTube! Colene en Matthys soos gewoonlik baie om te sê oor wat als hier by ons in di...
May 01, 2024•1 hr 41 min0
In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado's koop. Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of dit wat dink hul is een van die twee, almal is welkom. En in die polisiekantore, ons praat oor die ...
Apr 24, 2024•1 hr 40 min0
In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?" Die gesprek neem 'n draai na die onvermydelike onderwerp van "Woke-ness," wat, soos 'n bad joke, nooit regtig weggaan nie. Die weer in Margate is rebels en onvoorspelbaar, maar die Wimpy op die hoofstrand is blykbaar netso stand...
Apr 18, 2024•1 hr0
Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en ook in Suid-Afrika op 'n begroting wil ervaar. Ronell laat ons ook in op haar gunsteling reisbestemming en waarom dit so spesiaal is. In ander nuus, SAL is op 'n soek vir vars bestuursbloed ...
Apr 10, 2024•1 hr 25 min0
Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula rumoer – die storie wat almal se ore laat spits. Dr. Piet Croukamp kom wei uit met sy kennermening, wat beslis 'n paar wenkbroue gaan laat lig. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...
Apr 03, 2024•1 hr 4 min0
In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks van dieselfde naam gebaseer was, wat in 2024 vrygestel is. Micki gesels met ons oor die reeks, reeksmoordenaars, en ander interessanthede. Verder vertel Colene waar j...
Mar 27, 2024•1 hr 25 min0
Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet word om soortgelyke projekte in jou buurt of dorp te vestig. Suid-Afrikaners is baie lojaal aan hul kaarte en punte en die Olimpiese Spele se atleetdorp gaan seker maak daar is genoeg kondome. Die Moot...
Mar 20, 2024•1 hr 26 min0
In hierdie KLETS episode neem Colene ons saam op 'n avontuur na die noorde om die Nothernlights te ervaar. Colene deel haar opwinding en verwondering oor die skouspel wat die Noorderligte is, terwyl jy dit wel eintlik net kan sien deur jou selfoon se lens. Colene “preek” en deel haar gedagtes oor hoe beskawing se wyn duurder is en kollektiewe verantwoordelikheid ons ondergang is. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...
Mar 13, 2024•55 min0
In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan. Sy gebruik haar intuïsie om die boodskappe te interpreteer wat die diere oordra deur hul liggaamstaal, vokalisasies, en energiepatrone. Deur genesing en kommunikasie help Hettie om die lewenskwaliteit van diere te verbeter en 'n dieper verbinding tussen jou en jou dier te bevorder. Sophia, 'n ander deelnemer aan die gesprek, kry ook...
Mar 06, 2024•43 min0
Vandag op KLETS vier ons Nasionale Melktert Dag! Die koningin van die Melktert, Lucinda Rosa Neethling van Die Melktert Kommissie Band, gesels oor die terte, haar musiek, kuns en liedjies. Ons ontmoet ook Liriek, die dogtertjie van Lucinda en Bouwer. Verder deel Matthys se ma haar maklike mikrogolf melktert resep met ons. Volgende week is Colene in die noorde en hoor ons meer van haar soektog na die noordelike ligte. So tot dan bak 'n melktert en leef stadiger! Die Melktert Kommissie · Afrikaans...
Feb 28, 2024•46 min0