KLETS - podcast cover

KLETS

Afrikaans.Radioafrikaans.radio
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

"Enoch" Tax "Enoch" bietjie meer Tax vir jou

Is dit vandag D-dag vir Suid-Afrikaners? Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy begrotingsrede vir 2024. Dit mag een van die moeilikste wees, want die koffers is leeg, maar die ANC moet steeds die regering aan bewind hou. Ons KLETS met Andre Cilliers, valutastrateeg by TreasuryONE, oor wat ons vanjaar van die minister kan verwag. Hoe lyk die vooruitsigte vir die staatskas, en is die IMF op ons spoor? Terwyl Fikile in Rusland kuier en ministers smul aan KFC, staan die vraag...

Feb 21, 20241 hr 10 min0

Sidney Gilroy - Bloedsomer

In 'n spesiale uitsending van KLETS gesels Matthys met krimi-skrywer Sidney Gilroy oor sy nuutste boek, "Bloedsomer", wat Mooibaai as agtergrond het. Hierdie gesprek laat ons die man agter die karakters soos Sollie en nou ook Petunia beter verstaan. Sidney is ook die aanbieder van die #BOEKPOD op Afrikaans.Radio, en hy gee 'n voorskou oor wat ons kan verwag in die komende podsendings. "Bloedsomer" sal vanaf 8 Maart 2024 beskikbaar wees. As jy belangstel om die boek aanlyn aan te skaf, kan jy ger...

Feb 16, 202431 min0

Val-in-die-tuin Dag!

Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin! As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens. Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans.Radio beskikbaar is. Ons deel in die komiese avonture van Juju en sy party lede terwyl hulle worstel ...

Feb 14, 20241 hr 22 min0

SONA 2024

In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, 'n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede. Ons vreeslose President Squirrel het baie "recovery" planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly nie! Piet werp vir ons lig op die president se optrede. Hy deel waardevolle insigte oor die stand van die ANC, die militêre intriges van KZN, en wat die president nie gesê ...

Feb 09, 202450 min0

Donker die Donner in

Die span is terug na 'n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis "DA" waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is. Die Kintsugi Queen, Yoke van Dam, gesels met ons oor leierskap, die invloed van "work from home" op besighede en spanne, asook hoe om die verskillende generasies in 'n span beter te verstaan en te bestuur. Hou jou asem op! Môre is SONA, en Colene bespiegel oor ...

Feb 07, 20241 hr 15 min0

Nou weet ons!

Die span is terug en KLETS oor die week se gebeure. Almal weet nou wat ons weet na Dricus "Stillknocks" du Plessis se oorwinning as die eerste Suid-Afrikaner wat die UFC-kampioenskap gewen het. Die punte is uit en volgens die regering het die matrieks van 2023 die beste gedoen in die geskiedenis. Dit is nou wel bekend dat 'n slaagsyfer van 30% goed genoeg is. Bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffmann gesels oor politiek, die verkiesing, leierskap, kinders en ouer wees. En soos Gielie sê "Kyk...

Jan 24, 20241 hr 16 min0

2024 daar vat hy!

Nuwe jaar nuwe dinge. Die jaar van die draak is hier en mag die draak sterker wees as ons monsters. Mag die draak vuur braak oor ons vet gevrete leiers. Liberate yourself dit is die “Age of Aquarius”. Ons gesels met die clairvoyant, That Zen Guy, want die nommers en die politikuste lieg so ons kyk nou na die sterre vir rigting en wysheid. Die kinders bly dom want 30% slaagsyfer, jy weet mos dit maak vir Angie happy, is genoeg. Wie is die ANC se “sugerdaddy” want hul het duidelik met hul dik gatt...

Jan 17, 20241 hr 4 min0

Surprise! Gaan loer onder jou kersboom ons is weer terug!

Die span beklets die braaksels en joligheid van 2023. Van die EFF, Israel, Cyril tot Hamas maar wie gee om want die Bokke laat ons steeds saam skrum. Nuwe jaar nuwe dinge en ook ‘n nuwe formaat vir KLETS in 2024. Lekker julle slette, dankie vir een en elk wat geluister het in 2023 ons sien julle anderkant die Kersboom. Wees soet en as jy nie soet is nie neem foto’s. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Dec 14, 202344 min0

Die hele fkn land is in sy moer!

No nut November is ‘n pot kak, moenie jouself inhibeer nie! In die woorde van Elon Musk, ”go fuck yourself”. Dit is daai tyd van die jaar, prestasiebeoordeling vir almal maar nie vir Cyril se span nie. Die week se nuus kan jou tot trane dryf maar ons “maak-‘n-plan” gees bring ‘n lied tot elke hart. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Nov 30, 202346 min0

Om te tip of om nie te tip nie!

Almal verwag dat self die haarkapper en die nael tegnikus ‘n tip moet kry. Het dit te ver gegaan? As dit jou grief soos wat dit vir Colene grief is hier die lande waarin jy moet gaan gly. Of bly maar net hier! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 28, 202332 min0

Klippies Coca-Cola en Kakpapapier

Israel en Palestina betogings steeds besig. Hou hulle aan die lewe net sodat hulle kan stem! Die ANC speel vuil en die SA burgers is die skaak stukke. Die top verkopers van Black Friday is Klippies Coca-Cola en kakpapapier. Koop nou jou kar die bank sal hom eers Maart 2024 kom haal. Bok held val uit die kas vol en tik geheime. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Nov 27, 202338 min0

Hallo Wêreld!

Cyril sê doen wat ek sê en nie wat ek doen nie. Steek drie kersies aan vir die weermag, lugmag en die vloot. Vrouens word ouer as mans. SA restaurante pronk trots op wêreld lys. Vreemde k9 virus in Amerika. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 21, 202336 min0

Jou briefie is absurd

So op National Absurdity Day verjaar Joe Biden en Ramokgopa vermoed dat Eskom personeel bietjie meer geld moet kry terwyl ons nog bietjie minder krag kry. Andre de Ruyter skryf briefies uit Amerika oor hoe die blare van kleur verander. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 20, 202335 min0

Lekker verjaar Matthys!

DSTV swem stroom op en dit gaan maar sukkel-sukkel. Dalk is dit omdat hulle DIE SHIT op TV sit? Waarheen moet jy gaan vir die wêreld se goedkoopste data? Godongwana is moeg maar die flavour of the month sal alles red! Huishulpe is die hart van ons land en Colene se Johannes kom se hallo. Op 42 figure Matthys steeds uit wat ‘n mens met ‘n baarmoeder moet maak! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Nov 16, 202338 min0

Totsiens Nyanga!

Wie sou kon raai dat Charlie toe ‘n scorpio is? Paddas se piepie laat jou die wêreld vir ‘n oomblik verlaat. Ons gaan ongelukkig nie die drie neus monster in PE sien nie en ook nie Nyanga as jy Google Maps gebruik nie! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 15, 202330 min0

Amastokostoko

“Amastokostoko” of eerder dalk ama-opportunity vir koffers volmaak? KFC doen goed genoeg in SA om hul eie “hope” te add. Kyk uit vir die persoon met 3 neuse in PE. As jy wil aftree op 60 moet jy 8 maal jou jaarlikse salaris in spaargeld hê. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 14, 202327 min0

Sand en 600K: Suid-Afrika se Belastingavonture!

600K vir catering op ‘n 9 ure vlug! Dankie aan die Suid-Afrikaanse belasting betalers wat Cyril se magie vol hou en terwyl hy staan met ‘n stuk koek in sy hand gee hy vir die kinders sand om te eet. Wit boere in SA word nog harder gedruk. Dit is nie net SA waar die leeus in die strate loop nie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 13, 202333 min0

Misdaad, Politiek, Onderwys & 'n Strokie met Harry!

Cele se kriminele moet geskied word, moet die grootste een dan eerste in die ry staan? Cyril se cyril sal sal die buffels veilig hou. In Suid-Afrika kan jy nou werklik graad kry met lekker kry net kry. Het ons ‘n generasie kortsigtige en lui kinders groot gemaak? Kom ons vra vir Harry. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 09, 202331 min0

Die blondine bel die brandweer!

Kan die kinders vandag nog meet en pas? Wie dryf die nuus, en het dit ons lui en dom gemaak? Hou op om dom vrae te vra op social media, bel jou oom of jou tannie! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Nov 07, 202329 min0

Ons is terug!!!

Die span is terug van die see en Matthys se huis verwerp hom. Ons almal is moeg die tyd van die jaar maar niemand is so moeg soos die bokke nie! Give the men a break now! Moet nog nie jou jakkies wegpak nie as dit so aangaan het ons ‘n wit Kersfees. Johannesburg se gerookte burgermeester het nou die loadshedding switch in sy hande. As jy van Celine Dion hou gaan maak ‘n draai in Porirua. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Nov 06, 202337 min0

Lui lui telefoon...

Cyril en Naledi is beide mal vir ‘n telefoon. Ons onderwysers kan nie somme maak of Engels lees en skryf nie. Hamas wys weer ware kleure en dit is nie baie kleurvol nie. Sun City spandeer meer as 50 miljoen rand aan diesel in 2022. Kieswetter is ewe depressief oor loadshedding en die rand verswak stilletjies. Busi is uiteindelik in ‘n overall ongelukkig is hy rooi. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Oct 19, 202342 min0

Woensdag se verbal diarrhoea

Alles van Croctober, die lotto, hair removal, hormone, Chilies, seewater, Kersfees en wyn. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 18, 202330 min0

Jan Taks!

Die Span gesels met Elaine Grobler CA(SA) oor die Jan Taks en die Tax Season wat 23 Oktober 2023 sluit. Ons hoor hoe dinge verander het die afgelope tyd. Wat jy kan doen om seker te maak jy betaal nie meer vir die Keiser se nuwe klere as wat jy moet nie. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 17, 202337 min0

Die Bokmasjien!

Die Bokke hou SA nederig. In swart getooi gooi die ANC hul steun agter Palestina of is dit Hamas? Tel is nie Statistiek Suid-Afrika se sterk punt nie. SABC skarrel vir geld. Wat fluister Cyril in Patrice Motsepe se oor? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 16, 202340 min0

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wat is die mooiste blom in die land?

Die Span gesels met die beroemde landskapargitek Leon Kluge oor plante, tuine en sy ontwerp filosofie. Leon deel wat alles agter die skerms gebeur by die grootste blomme skoue en tuinontwerp geleentheid in die wêreld. Hy deel raad oor hoe om meer waterwys tuin te maak en hoe om jou snyblomme langer te laat hou. Leon Kluge Garden Design · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube...

Oct 13, 202339 min0

SA se spaarbussie is leeg!

Matthys loer in by die ekonoom Dawie Roodt oor waar staan Suid-Afrika se finansies. Dawie verduidelik wat die impak van die Israel/Hamas oorlog op Suid-Afrika is en kan wees. Die 2022-sensus verslag word ook vinnig bespreek en Dawie gee sy gedagte oor ekonomiese groei in Suid-Afrika. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 12, 202332 min0

So teel ons!

Die populasie pomp te veel krag vir Pravin. Koop jou hoender nou vir die Krismis! Suid-Afrika weet hoe om te teel en oor 20 jaar is blankes dalk die nuwe hoendertande. Dr. Lani het nie die papiere nie maar hy het wel die stetoskoop. Rassie Wada nie rond nie hy en die manne is reg vir hane! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 11, 202339 min0

Die puin in pynlik

Die goedkoopste eiers in Suid-Afrika is duskant die Botswana grens. De beloofde land weereens in trauma en puin. Oscar kry moontlik ‘n kans om die “best supporting” rol in sy eie lewe te speel. Coléne se kristal bal voorspel wonderlike dinge vir KZN. Hiep-Hiep-Hoera oom Paul! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 10, 202332 min0

Wada Wada...

Ons kort meer verpleegsters en onderwysers en minder prokureurs. SA is dalk binnekort sonder vlag, volkslied en klere maar die ministers gee WADA om. Vandag is fokol op almal se lippe. Geniet jou naweek en jou eiers! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 06, 202325 min0

Jou Luis!

Frankryk wemel nie net van die “Super Fans” nie maar ook van die luise. Nog ‘n stukkie Johannesburg tuimel in mekaar. Moenie in die water speel nie die oumense wil dit drink! Die leeu is los. Skollie vat vyf en rus goed! Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Oct 05, 202331 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android