Van die Wêreld se Oorlog na Pretoria se Bloeisels - podcast episode cover

Van die Wêreld se Oorlog na Pretoria se Bloeisels

Oct 09, 202454 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en wie tans die oorhand blyk te hê.

Daarbenewens bespreek Jaco ook die effek wat hierdie oorlog op Suid-Afrika het, veral in terme van ons land se diplomatieke posisie en verhoudings in die internasionale arena. Hoe reageer Suid-Afrika se regering op hierdie konflik, en wat is die langtermyn-implikasies vir ons?

Verder in die episode word ons ingelig oor die beroemde Jakarandas in Pretoria, en ons hoor van Jacob Zuma se dogter se kontroversiële kommentaar waarin sy Apartheid blameer vir haar onvermoë om Zulu te praat. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android