In hierdie week se KLETS kuier ons in een van die mooiste valleie in Suid-Afrika – die Hemel-en-Aarde Vallei – by Bartho Eksteen Wynlandgoed. Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en Afrikaanse gasvryheid sonder pretensie. Bartho bring meer as vier dekades se wynmaak-ervaring, internasionale erkenning, en ’n onwrikbare liefde vir Afrikaans. Dis wyn, maar met gevoel, stories, en ’n goeie...
Jul 02, 2025•1 hr 17 min0
Dis 30 jaar sedert 1995 – daardie Springbok-oomblik toe Madiba, in sy nommer 6-trui, die Webb Ellis-trofee aan Francois oorhandig het en ons almal vir ’n kort rukkie saam gebraai het. Maar nou, in 2025, het die Rainbow Nation vervaal. Want terwyl die wêreld op die rand van ’n Derde Wêreldoorlog balanseer, lyk dit of ons in Suid-Afrika darem een troosprys het: ons is glo die 8ste veiligste plek op aarde as WW3 uitbreek. En meer nog – een spesifieke Suid-Afrikaanse stad is op daardie lys as toevlu...
Jun 25, 2025•58 min0
Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies. Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n poging tot redding van ’n sinkende stad, of net nog ’n skuif op die blou skaakbord? Maar as ons kyk na wat Helen in Kaapstad reggekry het, het Johannesburg dalk regtig ’n “tannie” nodig om ding...
Jun 11, 2025•56 min0
Ons is terug! En ons "be-klets" die chaos, komedie en intriges van die afgelope twee weke hier aan die suidpunt van Afrika. Cyril was in die Withuis, waar hy vir Trump probeer beïndruk het met mooi broodjies en ’n paar gholf swings. Maar terug op Suid-Afrikaanse bodem is dit dieselfde ou storie: krisisse, hofdramas, ministers wat niks sê nie… en die tweede vliegtuig na Amerika. Gelukkig het ons darem ander vriende… of is dit skuldeisers? China het vir ons $ 21,3 miljard al geleen, maar watter pr...
Jun 04, 2025•46 min0
In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het. Joslin is nog nie gevind nie. Maar Kelly is reeds skuldig bevind aan mensehandel en ontvoering, en haar vonnis word op 29 Mei 2025 opgelê. Wat dryf ’n ma tot so ’n daad? Is dit boosheid? Gebrokenheid? Of ’n desperate brein wat onder ekonomiese en ...
May 21, 2025•51 min0
In hierdie week se KLETS-episode be-klets Colene en Matthys die week se chaos, satire en pure werklikheid met rizz en ’n ekstra sterk battery pack (want ja, loadshedding is terug). Charlize Theron het dit jare terug gesê: daar’s net 44 Afrikaanse mense oor in die land. En nou, ironies genoeg, het die 44 en hul 5 vriende toe hul pad na die VSA gevind. In daai gees het Cyril Ramaphosa besluit om ná 20 jaar die “ander Afrikaner” te gaan besoek – by Nampo, nogal. Is dit ‘n opregte poging tot verbind...
May 14, 2025•58 min0
Afrikaans word 100 en Colene word… wyser! In hierdie feestelike, pittige én ernstige KLETS-episode vier ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal én Colene se verjaarsdag – alles op een slag! Maar moenie dink dis net koek en konfetti nie. Matthys en Colene sit om die tafel met Yolanda Barnard-Lemmer, joernalis, dosent in joernalistiek en een van die stemme wat nie bang is om eerlik oor Afrikaanse media, taal en identiteit te praat nie. Yolanda deel haar perspektief oor die stand van Afrikaans...
May 07, 2025•1 hr 27 min0
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou. Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025, beskikbaar sal wees op Afrikaans.Radio. Dié reeks bied ’n vars blik op moontlikhede, tendense en tegnologieë wat ons toekoms vorm – van hommeltuie tot die toekoms van demokrasie...
Apr 23, 2025•1 hr 34 min0
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap. Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC i...
Apr 16, 2025•40 min0
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding? Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor: - Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure - ...
Apr 09, 2025•1 hr 10 min0
Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf). Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu sentrum in Fourways, Johannesburg. Sy leer kinders hoe om boelies te counter in die BullyProof® program, help vroue hul krag vind met Women Empowered®, en glo: jy is die moeite werd om jouself te verde...
Apr 02, 2025•1 hr 18 min0
In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop af is as ooit tevore. We listen and we don’t judge… maar dit lyk of Matthys amptelik in grumpy old man-mode ingeskuif het. Ons begin by Human Rights Day, wat verlede Vrydag, 21 Maart 2025, gevier is in Suid-Afrika – of liewer, ontw...
Mar 26, 2025•1 hr0
In hierdie KLETS-episode bespreek ons die jongste diplomatieke drama tussen Suid-Afrika en die VSA. Die VSA het pas die Suid-Afrikaanse diplomaat Ebrahim Rasool as ‘persona non grata’ verklaar – ’n stap wat nie net opslae maak nie, maar ook vrae ontketen oor die toekoms van bilaterale betrekkinge tussen die twee lande. Om hierdie verwikkelinge beter te verstaan, het ons gesels met Gert Grobler, ’n gesoute diplomaat met byna vier dekades se ervaring in internasionale betrekkinge. Hy het Suid-Afri...
Mar 19, 2025•1 hr 5 min0
Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting net nog ‘n kompromie wat niemand tevrede gaan stel nie? Intussen is Cyril Ramaphosa weereens geskok, verbaas en verstom – die keer oor die toestand van Johannesburg. Regtig, Cyril? In watter lan...
Mar 12, 2025•51 min0
Suid-Afrika se ekonomiese en politieke landskap is op ‘n breekpunt, en hierdie week se KLETS-episode kyk ons na die kwessies wat die Rand en internasionale verhoudings beïnvloed. Matthys gesels met Andre Cilliers, hoofvalutarisiko-strateeg by TreasuryOne, oor hoe die begrotingsrede op 12 Maart ons finansiële toekoms kan vorm. Die begroting is reeds vertraag en die onsekerheid groei. Sal die Minister van Finansies ‘n realistiese plan aanbied om Suid-Afrika se skuldkrisis en ekonomiese stagnasie a...
Mar 05, 2025•45 min0
In hierdie episode van KLETS sit ons om die tafel met die veelbekroonde aktrise en teatervervaardiger Lizz Meiring. Met ’n loopbaan wat dekades strek en ’n bynaam soos “Bizzie Lizzie”, is sy die perfekte persoon om lig te werp op die huidige stand van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Ons KLETS oor die geveg tussen die Suid-Afrikaanse Gilde vir Akteurs (SAGA) en die staat oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunstenaars. Hi...
Feb 25, 2025•1 hr 5 min0
In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees. Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is. Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "i...
Feb 19, 2025•49 min0
In hierdie KLETS-episode sit Matthys en Colene met Neil de Beer, leier van die United Independent Movement (UIM) en een van die min manne wat nie bang is om dinge te sê soos dit is nie. Terwyl die weer buite dreun, gesels ons oor die onlangse politieke spanning tussen Pretoria en Washington. Neil deel sy insigte oor Trump se uitvoerende bevel, wat gemik is op Suid-Afrika se nuwe onteieningswet en die rol van Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Hy verduidelik die impli...
Feb 12, 2025•1 hr 12 min0
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die jongste “Trump-doring” in die ANC se vlees. Trump se uitsprake oor Suid-Afrika het opslae gemaak – maar is dit werklik ’n bedreiging, of is ons regering net bietjie te sensitief? Jaco verduidelik die ware waarde van AGOA, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir Afrika as geheel. Wat beteken dit as Suid-Afrika hierdie handelsvoordele verloor? En wat sê sy kontakte in die Withuis oor on...
Feb 05, 2025•55 min0
Daar is ’n land in die Suide waar jy moontlik jou grond sonder vergoeding sal moet opgee. Ja, jy het reg geraai – Suid-Afrika! In hierdie KLETS-episode bespreek ons die Grondonteieningswet wat baie spekulasie laat opvlam. Wat is die werklike redes agter hierdie kontroversiële wetgewing? Is die honeymoon van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) en nou verby? Wat is Cyril se rol in hierdie opspraakwekkende storie. Intussen verloor Suid-Afrikaanse soldate hul lewens in die DRK. Lyk dit of ons e...
Jan 29, 2025•58 min0
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het! Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone. In Suid-Afrika, het ons ’n splinternuwe posseël. Maar wag – dit is nie so eenvoudig nie. Jy kan dit nie...
Jan 22, 2025•56 min0
2025 begin met sterrekyk soos nog nooit tevore! In hierdie KLETS-episode verwelkom Matthys en Colene ons in-house astrologer, Catherine Laurent, om die sterre en planete vir Suid-Afrika te ontleed. Catherine het die sterrekaarte van agt van die land se bekendste politici ontsyfer en deel haar insigte oor wat die kosmos vir hulle in 2025 voorspel. Sal hulle die jaar op ’n melkweg van sukses deurbring, of wag daar ’n kosmiese kortsluiting op hulle? Volgens die sterre is daar hoop dat die Regering ...
Jan 15, 2025•2 hr 6 min0
2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA (State of the Nation Address) aangekondig is. Hoe het die regering gevaar in hierdie sleutelareas, en wat was die werklike impak op Suid-Afrikaners se lewens? Een van die grootste politiek...
Dec 18, 2024•1 hr 8 min0
In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie hou of binnelandse damme besoek, waterveiligheid is noodsaaklik om die Desember veilig, koel en sorgvry deur te bring. Dhaya vertel ons ook meer van Lifesaving South Africa se Watersmart-...
Nov 27, 2024•1 hr 29 min0
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit (of dalk swart?) rasisme-olifant wat steeds in die kamer bly rondhang. Die gesprek draai om rasverhoudings in Suid-Afrika: Is daar hoo...
Nov 20, 2024•1 hr 6 min0
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel" eenvoudig te gemaklik? Ons bespreek ook ActionSA se nuwe veldtog, #Spaza4Locals. Hierdie beweging stel Suid-Afrikaners eerste deur plaaslike on...
Nov 13, 2024•57 min0
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos plantgebaseerde diëte en "intermittent fasting". Is hierdie giere maklike maniere om gewig te verloor, of net foefies wat jou uithonger? Met praktiese advies verduidelik sy hoe jy jou bord en jou...
Nov 06, 2024•1 hr 46 min0
Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie! Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2026. Maar kan Cyril die “G(a)NU” veilig deur die stormagtige waters stuur, of lê "DA" nog golwe voor...
Oct 30, 2024•51 min0
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad. Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesondheid van onderwysers drasties agteruitgegaan het en ’n eerlike bespreking oor die impak wat die BELA...
Oct 23, 2024•1 hr 18 min0
In hierdie KLETS gesels ons met Dr. Kathryn Malherbe van MediSol AI Solutions vir Borskankerbewustheidsmaand. Sy deel insigte oor algemene wanopvattings rondom borskanker, en hoe MediSol se AI-tegnologie ’n revolusie in die vroeë opsporing en diagnostiek van borskanker veroorsaak. Dr. Kathryn verduidelik hoe hul AI gebruik word om skanderings met meer akkuraatheid te ontleed. Besoek hul webwerf vir meer inligting: www.medsol.ai. Ons vier ook die lewe van Tito Mboweni, saam met sy vriendin, Melin...
Oct 16, 2024•1 hr 28 min0