Te Goed vir Werk, of Net Lui? - podcast episode cover

Te Goed vir Werk, of Net Lui?

Nov 13, 202457 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel"
eenvoudig te gemaklik?

Ons bespreek ook ActionSA se nuwe veldtog, #Spaza4Locals. Hierdie beweging stel Suid-Afrikaners eerste deur plaaslike ondernemings te ondersteun, maar roep ook vrae op oor die moontlike xenofobiese ondertone. Is dit ’n goeie poging om ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners te skep, of net nog ’n manier vir Herman Mashaba om weer aandag te trek?

Intussen praat ons oor die druk wat huiswerkers steeds voel met werksgeleenthede wat ná COVID verminder het. En in Johannesburg word nuwe waterbeperkings of “throttling” ingestel, maar is dit weens Gauteng se R7,3 biljoen skuld aan Rand Water, of het ons werklik ’n waterkrisis? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android