Wat Wag om die Horison? - podcast episode cover

Wat Wag om die Horison?

Apr 23, 20251 hr 34 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou.

Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025, beskikbaar sal wees op Afrikaans.Radio. Dié reeks bied ’n vars blik op moontlikhede, tendense en tegnologieë wat ons toekoms vorm – van hommeltuie tot die toekoms van demokrasie en nog baie meer.

Ons KLETS met Rianne oor kunsmatige intelligensie (en nie inseminasie nie), die toekoms van die ekonomie, alternatiewe vleis, en hoe horison-skandering gebruik word om ons voor te berei vir wat voorlê of waar geleenthede skuil.

Verder bespreek ons die jongste ontwikkelings in die politiek en nuus:
• Die VAT-hofsaak wat dalk meer as net belasting impliseer
• Cyril Ramaphosa se besluit om ’n wit Afrikaner man na die VSA te stuur om bande met Trump se span te herstel, terwyl die voorgestelde 4%-kwota vir wit mans in die werksmag onlangs gepubliseer is
• Die afsterwe van die Pous, en wat die volgende dae behels tot ’n nuwe een verkies word
• ’n Paar van die mees interessante en onlangse navorsingsprojekte wat tans werk aan die wêreld van môre

Dis toekomsnavorsing, realiteit, politiek en ’n kyk na wat wag om die volgende hoek.

Luister nou en verbreed jou horisonne en denke vir môre.

Jy kan met Dr Rianne van Vuuren kontak maak by - riannevanvuuren@gmail.com Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android