Wyn, woorde en waardes - podcast episode cover

Wyn, woorde en waardes

Jul 02, 20251 hr 17 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie week se KLETS kuier ons in een van die mooiste valleie in Suid-Afrika – die Hemel-en-Aarde Vallei – by Bartho Eksteen Wynlandgoed.

Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en Afrikaanse gasvryheid sonder pretensie.

Bartho bring meer as vier dekades se wynmaak-ervaring, internasionale erkenning, en ’n onwrikbare liefde vir Afrikaans. Dis wyn, maar met gevoel, stories, en ’n goeie skeut humor.

Ons KLETS oor:
• Wat die Hemel-en-Aarde Vallei so uniek maak vir wynproduksie
• Die filosofie agter hul bekroonde wynreeks en etikette
• WIJNSKOOL en hoekom wynkennis gedeel móét word
• Die dinamiek van familie op ’n wynplaas

Wat jy proe in ’n bottel Bartho Eksteen-wyn, is meer as net gehalte – dis hart, siel, tyd, ervaring en mense. Elke sluk het ’n storie.

As jy hou van wyn met integriteit, karakter en Afrikaans, is hierdie gesprek vir jou.



Webwerf: barthoeksteen.co.za
Adres: R320, Hemel-en-Aarde Vallei, Hermanus
Telefoon: +27 72 323 5060
E-pos: bartho@hermanus.co.za | sune@hermanus.co.za

Skink vir jou ’n glas, druk play, en geniet hierdie “wynlike” reis vol geure en lewenslesse. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android