Wat gaan aan in die psige van ’n ma soos Kelly? - podcast episode cover

Wat gaan aan in die psige van ’n ma soos Kelly?

May 21, 202551 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie KLETS-episode kom kuier Dr Micki Pistorius op Matthys e bank en hul bespreek die donkerste gangetjies van die menslike psige – spesifiek dié van Kelly Smith, die ma van die 6-jarige Joslin Smith wat in Februarie 2024 in Saldanha verdwyn het.

Joslin is nog nie gevind nie. Maar Kelly is reeds skuldig bevind aan mensehandel en ontvoering, en haar vonnis word op 29 Mei 2025 opgelê.

Wat dryf ’n ma tot so ’n daad? Is dit boosheid? Gebrokenheid? Of ’n desperate brein wat onder ekonomiese en emosionele druk ineenstort?

Dr Micki Pistorius – forensiese sielkundige, neurosielkundige, en een van Suid-Afrika se bekendste misdaadkenners – help ons verstaan wat moontlik agter hierdie ondenkbare daad lê.

Maar dis nie al wat in Suid-Afrika aan die gang is nie. Dis koud, en Cyril is op toer – eers Nampo toe, toe Trump toe. Intussen moet Minister Godongwana êrens miljarde optower in Begroting 3.0 Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android