Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede - podcast episode cover

Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede

Apr 09, 20251 hr 10 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers.

Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding?

Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor:
- Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure
- Die verhouding tussen die ANC en DA
- Wat die MK-party se werklike strategie is
- En wat Suid-Afrikaners kan verwag as MK aan bewind sou kom

Maar – soos ons vir Neil ken – bring hy ook sy passie vir die land, sy hoop vir ons mense, en ’n bietjie inspirasie tussen al die chaos.

Dis ’n gesprek wat jou laat dink, laat wonder, en dalk selfs laat glo dat ons nog nie die stryd verloor het nie. Hierdie episode is vir mense wat wil weet wat regtig aangaan in SA-politiek, sonder die propaganda – net eerlike perspektief en opinies. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android