Gras Sny en Groot Monde - podcast episode cover

Gras Sny en Groot Monde

Oct 30, 202451 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie!

Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2026. Maar kan Cyril die “G(a)NU” veilig deur die stormagtige waters stuur, of lê "DA" nog golwe voor?

Dan kyk ons na Suid-Afrika se aksie by die Internasionale Hof, waar ons met ’n lêer van amper 5000 bladsye klagtes oor Israel opgedaag het. Is hierdie diplomatieke fokus werklik ons tyd en geld werd? Of verloor ons dalk die plot en k@k op ons eie voorstoep en 3.9 biljoen rand se uitvoere na Israel per jaar? Dis ’n vraag van lojaliteit versus onnoselheid.

En natuurlik kan ons nie die VSA se FOMO-drama ignoreer nie. Kamala Harris wil nou ook op die Joe Rogan podcast verskyn, kort nadat Trump daar was. Met minder as ’n week voor die Amerikaanse presidentsverkiesing is dinge nek-aan-nek. Het Trump nog ’n paar politieke “lewens” oor, of gaan Kamala die Withuis oorneem? Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android