Spaarwiel die Podcast - podcast cover

Spaarwiel die Podcast

Eduan Krugerspaarwiel.com
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings!

In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê: Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer. Begin Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap' Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die langtermyn nodig het. Moenie met geleende geld belê nie Bele slegs in individuele aandele as jy kennis het van die maatskappye en hul mark, finasiele toestand, kompetisie etc. ETF's , Beleggingsfondse en/o...

Aug 21, 202316 minEp. 41

040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTF

In die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan. Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie. Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom: Uniekheid, "Longevity" en volhoubaarheid, Onafhanklikheid Asook passie vir wat jy doen en aanpak, Tot eienaarskap neem van moeilike besluite en gesprekke ... en vele meer...

Aug 18, 202336 minEp. 40

039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn!

Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg: Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs), asook, Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs SARS inkomste belastingskale 2023-2024 27.5% reel rondom RA's / Pensioen beleggings TFIAs/TFSAs/BVFe...

Aug 16, 20239 minEp. 39

038. Korttermynversekering met Yolana Kinghorn van FFG

Saam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG. Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam. Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek: yolana@ffg.co.za www.ffg.co.za

Aug 11, 202339 minEp. 38

037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy?

In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê: 1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings. 2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of 3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities) 4. Belê jy in los aandele of 'mandjie fondse' soos ETFs, Index funds ens. 5. Local of Offshore? Die goue reels van belegg...

Aug 10, 202311 minEp. 37

036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin?

Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes: In die episode bespreek ons: 1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid) 2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant! 3. 'n Paar van die grootste hindernisse / struikelblokke wat mense keer om te begin met beleggings (kennis en tasbaarheid). 4. Wat dit eintlik betek...

Aug 09, 202314 minEp. 36

035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!

Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is. Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie. Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens. Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie. Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwel...

Aug 03, 20237 minEp. 35

034. Mediese versekering - met Ina Fourie van FFG

In die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG. Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering. Ons gesels onder andere oor: FFG se rol en hoe FFG werklik waarde toe te voeg vir die klient as dit kom by medies en mediese versekering Mediese verskeraars Jou mediese premies GAP cover Hospitaal planne en Omvattende mediese versekering ens. Ina deel 'n paar waardevolle tips oor hoe ons ons geld en mediese spaarplan kan beskerm deur rekord te hou van ons mediese uitgawes en seker te maak...

Jul 21, 202329 minEp. 34

033. 53 jaar oud en byna geen pensioen opgebou... Wat nou?

Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag. Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel. Die kort en die lank van die verhaal kom neer op: - Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link in die shownotes nat CJ Smit van FFG se epos toe) - Wees realisties! - Neem onmiddelik aksie! - Vind 'n manier om met volhoubare dissipline 1. Jou lewenskoste tot op die been te sny, en 2. Meer geld maa...

Jun 23, 202322 minEp. 33

032. Langtermynversekering - met CJ Smit van FFG

Ek kuier saam met CJ Smit in die episode en ons gesels oor risikobestuur en langtermynversekering. CJ is die besturende direkteur van FFG Garden Route. FFG is 'n onafhanklike finansiële diensverskaffer. CJ verduidelik langtermynversekering gebaseer op 4 pilare. - Lewensversekering - Gevreesde siekte - Ongeskiktheidsversekering - Inkomstedekking Luister saam om meer oor die onderwerp te hoor en kontak CJ vir professionele advies per e-pos: cj@ffg.co.za (FFG Website: www.ffg.co.za ) Verder is vrae...

Jun 16, 202339 minEp. 32

031. Hoë Rentekoerse - So beskerm ons onsself!

Einde Mei is die repokoers weer verhoog en staan tans op 8.25% (25 Mei 2023) Wat beteken dat die "prime lending rate" op 11.75% staan. Dit is 4.75% hoër as wat dit was tydens Covid en 1.75% hoër as voor Covid. Indirek beteken dit dat elke persoon in SA wat uitstaande skuld het (teen 'n veranderlike rentekoers) elke maand meer geld vir sy of haar skuld moet betaal. En dit bring my by die episode: ... wat kan ons doen om onsself te beskerm en die impak van hoë rentekoerse te verminder op ons gatsa...

Jun 02, 202315 minEp. 31

030. Is jou huis 'n goeie finansiële belegging? - met Teo en Jac

In die episode kuier Teo en Jac (twee baie goeie vriende van my) saam om die mikrofoon. Ons duik in 'n "hot topic" in: 'Is jou huis (jou primêre woning) 'n goeie finansiële belegging?" Ons raak aan 'n klomp voor-en nadele van huis eienaarskap. Ons bespreek verder ook 'n klomp aspekte wat mens in ag sal moet neem wanneer jy besluit om of te koop of te huur. Dit sluit in: Die invloed van rentekoerse op jou kontantvloei Onderhoudskostes Jou lewenskoste tydens jou pensioenjare En 'n klompie ander as...

May 12, 202332 minEp. 30

029. Hoe lyk jou ryk lewe?

Wat is vir jou belangrik in die lewe? Hoe lyk jou ideale lewe? Dus jou 'ryk lewe'. Is dit die vryheid om te kan reis waar en wanneer jy wil? Of, is dit vrou/man, kinders, huisdiere en 'n lekker huis. 'n Lewe waar jou kinders by 'n goeie skool kan skoolgaan? Is dit 'n lewe met minder finansiële en/of ander stres?... Wat ook al jou ideale ryk lewe is, maak seker dat jou tydsbestuur, inkomste en uitgawes ooreenstem met wat jy vir jouself in jou ryk lewe sien....

Apr 28, 202311 minEp. 29

028. Die waarde van 'n nuwe 'R10 per dag gewoonte'

Gewoontes is soos bome. 'n Klein boom wat jy gister geplant het kan jy sonder teveel moeite vandag uit die grond pluk. Maar 'n wilger wat al jare langs die water staan sal geen man op die aarde sommer net kan uitpluk nie. "We overestimate what we can do in a day, but underestimate what we can do in a year".. wat nog van 20 jaar?! In die episode staan ek nie te lank stil by negatiewe 'geld verwante' gewoontes nie. Ook nie hoe om te stop met van die negatiewe gewoontes sodat mens meer geld kan spa...

Apr 24, 202313 minEp. 28

027. Psychology of Money: "Vandag is die jongste wat jy ooit sal wees" ... Begin!

In die episode praat Wayne en Eduan verder oor die boek "Psychology of Money" Daar word deur hoofstuk 4 en 5 geblaai. Hoofstuk 4 se tema is Saamgestelde groei / rente. Die krag eb impak wat 'tyd' op jou beleggings, jou kennis, jou "skills" en/of enigiets wat jy konstant aanpak op 'n volhoubare lang termyn is onsettend baie. Hoofstuk 5 behandel weer die verskil tussen: 1. Welvaart bou (ryk of welvaardig word), Versus 2. Welvaart behou (of ryk bly)....

Mar 17, 202327 minSeason 1Ep. 27

026. So betaal jy duisende Rande minder belasting!

Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei. Belastingbetalers kan tot 27.5% van hul vergoeding of belasbare inkomste, welke ookal die grootste is, bydra tot `n UA/RA. Die bydrae kan jy van belasting aftrek. Dit is voordelig om in parallel met jou pensioenfondsbydrae...

Feb 19, 202314 minEp. 26

025. Psychology of Money - "Genoeg is nie te min nie"

In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel. Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale. Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk! Hoofstuk 1 skop af met 'n stelling wat voorstel dat niemand gek is nie. Wat vir een ou na 'n gek idee lyk is vir 'n volgende ou heel normaal. Die besluite wat jy met jou geld neem, is gebaseer op jou ervaring. J...

Feb 10, 202334 min

024. Wingman Brand - 'n Side Hustle met 'n awesome doel!

Tydens die tweede gedeelte van die gesprek oor side hustles het ons met Johnru gepraat oor Wingman Brand Johnru se eie suksesvolle side hustle met 'n great storie en 'n awesome doel! Besoek gerus www.wingmanbrand.co.za en volg hul op instagram @wingman_original

Dec 22, 202225 minEp. 24

023. Side Hustles

In die episode verwelkom Wayne en Eduan 'n spesiale vriend en gas - Johnru Rossouw. Die gesprek in die episode gaan oor side hustles. Wat verstaan ons as ons die term "side hustle" hoor? Waarom sal ons 'n side hustle wil begin? Is dit om meer geld te maak? Dalk om meer tyd vir jouself te skep weg van jou voltydse werk af? Miskien neem die side hustle juis meer van jou tyd op...? Maar, dan is dit dalk tyd wat jy spandeer aan iets in lyn met jou belangstelling en passie en dus kan jy 'n gaping in ...

Dec 22, 202248 minEp. 23

022. Groot uitgawes (Gesprek met Regardt 'Hopie' van Rooy)

"Kom ons maak gesonde spaargewoontes 'n leefstyl en so word ons - met die nodige gemoedsrus- voorberei op groot uitgawes wat oor ons pad mag kom" Hopie streef daarna om meer en meer dinge in sy lewe in balans te doen en ook belangrike aspekte deel van sy leefstyl te maak sodat dit nie baie moeite of breinkrag verg wanneer dit by sekere besluite of keuses kom nie. Dit is iets mooi waarna ons almal kan streef. Boonop behoort dit 'n groot positiewe impak op ons beursies te maak. Sit terug en lekker...

Dec 14, 202233 minEp. 22

021. FinGobal: Finansiële emigrasiespesialiste (Gesprek met Pieter Muller)

Ek is baie bevoorreg gewees om onlangs met Pieter Muller van FinGlobal n gesprek te kon voer. Nota: Die gesprek is in Engels - so sit jou Engelse ore in ;-) Of dit nou 'n hartseer waarheid is of nie, maar daar is baie Suid Afrikaners in die buiteland en nog baie wat op die uitkyk is vir geleenthede buite die Suid Afrikaanse grense. Finglobal is Finansiele emigrasie spesialiste! Dus indien jy of iemand wat jy ken oorsee gaan vir werk of om 'n nuwe lewens roete in te slaan, of indien jy/jul reeds ...

Dec 09, 202234 minEp. 21

020. Skuld ... keuses, strategieë en gemoedsrus!

Skuld is iets wat niemand noodwendig op ons naam wil hê nie. Tog is dit amper onvermydelik op een of ander stadium in ons lewens. In die episode kyk Wayne en Eduan weer na hul persoonlike situasies en besluite. Maak jy skuld om onvoorsiene uitgawes te dek? Of finansier jy dit uit jou bufferfonds? Soos altyd is elke situasie uniek, maar deur na ander mense se situasies en perspektief te luister, kan dit jou dalk net in 'n beter posisie plaas om 'n meer ingeligte besluit oor jou eie situasie te ne...

Nov 21, 202234 minEp. 20

019. Inflasie ... #inflasieisijoubaasie

Die koopkrag van ons geld kry die laaste aantal maande van alle kante af 'n paar klappe. In die episode praat ek en Wayne oor inflasie, rentekoerse en veel meer. Ons loer veral na 'n paar opsies wat ons in ons eie persoonlike finansies en "spending habits" kan inkorporeer om die impak van inflasie net 'n bietjie te demp. #inflasieisijoubaasie

Oct 20, 202252 minEp. 19

018. Stap 3: Jou Noodfonds lei tot intelligente finansiële besluite

‘n Noodfonds kan jou beste vriend wees. Dit laat jou toe om jou slaaplose nagte a.g.v. al die onverwagte kostes en dingetjies in die allerdaagse lewe te verminder. ‘n Noodfonds is ‘n som geld wat jy kan aanwend om die onverwagde kostes te dek terwyl jy steeds fokus op jou groter finansiële doelwitte. Stel jou visier in en probeer jou bes om so gou moontlik tussen R10,000 en R20,000 in ‘n afsonderlike rekening te spaar. Die som geld hou jy dan een kant vir as jou band bars, of die wasmasjien of d...

Oct 12, 202211 minEp. 18

017. Stap 2: Neem beheer van jou uitgawes -> Die sleutel tot finansiële vryheid

Hoe goedkoper jou lewe, hoe vinniger bereik jy finansiële onafhanklikheid! Gaan doen indringend ondersoek en bepaal waaraan jy werklik geld spandeer en hoeveel... (Wees eerlik met jouself ;-) ) Maak dit ‘n speletjie en loer na jou laaste (of volgende) 60 - 90 dae se uitgawes en kategoriseer die uitgawes. Fokus dan eerstens om jou vier of vyf grootste uitgawe kategorieë. Sny oortollige kostes op die groot kategorieë, dan beweeg jy oor na die kleiner kostes. Lees hier meer oor Uitgawes...

Oct 07, 202214 minEp. 17

016. Stap 1: 'n Finansiële Plan (snapshot van jou huidige situasie)

Om te bepaal wat jou einddoel is, moet jy eers jou huidige situasie beter verstaan. Begin deur 'n 'n finansiële plan op te stel Sodra jy perspektief oor jou huidige situasie het, kan jy beplan hoe om jou finansiële einddoel te bereik. Hier lees jy meer oor wat 'n finansiële plan behels.

Oct 01, 202215 minEp. 16

015. Eerste 3 volhoubare stappe tot Finansiële Onafhanklikheid

Wayne en Eduan bespreek die eerste 3 volhoubare stappe wat ons almal tot 'n mate kan begin neem om daarvoor te sorg dat ons eendag finansieël onafhanklik kan word. Die stappe, gekombineer met ons nodige langtermyn dissipline behoort wonders te verrig vir ons finansiële situasie. Stap1: 'n Finansiële plan. 'n Snapshot van jou huidige lewens en finansiële situasie Stap 2: Uitgawes -> Kategoriseer en prioritiseer Stap 3: Noodfonds -> R 10,000 tot R20,000 een kant spaar vir wanneer 'Murphy' aa...

Sep 28, 202236 minEp. 15

014. Ons praat oor iets van alles!

Wayne en Eduan praat oor iets van alles in hul onderskeie persoonlike finansiële lewens. Onder andere: - Met wie en waar ons oor finansies kan praat (of nie) - Die %-split tussen Beleggings-Needs-Wants - Die onderskeie persoonlike finansiële gesprekke in die huis met ons beter helftes - Inkomste bronne (en die afwesigheid van alternatiewe inkomste bronne) - Grootste uitgawes tans in ons lewens ("big ticket items") - Rentekoerse en die oorweging toe Wayne-hul huis gekoop het En nog 'n klompie and...

Aug 27, 202235 minEp. 14

013. Geld is miskien irrelevant, maar wat van jou tyd...

Die podcast kry 'n 'co-host'... Wayne Rolfe Eduan en Wayne gaan vir 'n klompie episodes saam journey deur die basiese en meer ingewikkelde onderwerpe, vrae en konsepte van persoonlike finansies. Wie weet, dalk word die 'n langtermyn co-hosting vennootskap :-) One can only hope! Episode 13 dien groot en deels as 'n inleiding vir wat ons vorentoe wil bespreek, maar tydens die episode het dit nie lank gevat voor die woorde 'geld' en 'tyd' teen mekaar opgeweeg word nie. Jy - die luisteraar - kan eer...

Aug 19, 202222 minEp. 13
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android