Spaarwiel die Podcast - podcast cover

Spaarwiel die Podcast

Eduan Krugerspaarwiel.com
Interaktiewe platform waar ons sonder skaamte idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente spaarplanne, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en aan dinge waarvoor ons ‘n passie het!
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

012. Belê R1.8miljoen, Ontvang R17.1miljoen+ (Gereelde beleggings + Saamgestelde opbrengs + Tyd)

Saamgestelde groei! Saamgestelde rente! Saamgestelde opbrengs! Dit is werklik die 8ste wonder van die wêreld! Veral as tyd ook nog aan jou kant is! 1. Begin vroeg met beleggings, 2. Belê met die nodige dissipline op 'n gereelde basis, 3. Hou 'n langtermynfokus Voorbeeld van wat moontlik is: Begin vroeg (bv. op 25jaar oud) Belê elke maand 'n ' klein ' bedrag oor 'n tydperk van 40jaar (dus tot 65) Begin met R2,000 per maand. Verhoog die bydraes met R500 na elke 5jaar Totaal belê jy R1.8milj. oor '...

Mar 03, 202215 minEp. 12

011. Betaal jouself eerste!

Hou 'n stukkie van jou inkomste vir jou toekomstige self! Voor jy die res van jou geld (waarvoor jy so hard werk) uitgee aan die wêreld! Betaal jouself eerste! 1. Belê eers (Pensioen / belasting vrye beleggings / ander medium-termyn beleggings / betaal selfs n bietjie meer van jou huislening af... of of of) 2. Daarna betaal jy al jou noodsaaklike kostes (kos, medies, verblyf, vervoer, skoolfooie ens.) 3. Daarna gee jy geld uit aan al die lekker kry dinge! (gholftoere, jag trippies, vakansies ens...

Feb 20, 20225 minEp. 11

010. Boedelbeplanning, Testamente en Trusts (met Tamara Wallis van Trustees For The Future)

Vandag het ek die voorreg gehad om met Tamara Wallis van Trustees For The Future (TFTF) te praat oor boedels, boedelbeplanning, testamente, trusts, "generational Wealth protection" ens. Skakel in en luister lekker! " We care about you and your family's Financial- and Estate Planning needs and objectives and we will design and structure the appropriate and suitable plan to support that. We are committed to ensuring that these objectives are achieved, even though circumstances may change. We are p...

Jan 26, 202248 minEp. 10

009. Sorg 'belasting slim' vir jou toekoms (in gesprek met Paul Kempff van FFG)

Minder belasting betaal! Meer geld toewy aan jou toekoms! Meer geld oor hou en belê vir jou pensioen! Luister nou na episode 9. Ons verwelkom vandag vir Paul Kempff op Spaarwiel die podcast. In die episode verduidelik Paul kortliks, maar baie omvattend in dieselfde asem, watter ' belastingslim ' beleggingsgeleenthede daar bestaan vir die Suid Afrikaanse belastingbetaler om effektief te sorg vir ‘n gesonde finansiële toekoms. Paul is die Bestuurende Direkteur (MD) van die FFG groep. Hy het duidel...

Jan 20, 202235 minEp. 9

008. Oorsig vir die jaar: Maak van jou "budget" 'n "cash flow"

Maak van jou "budget" 'n "cash flow" Deur 'n "cash flow" op te trek vir die twaalf maande van die jaar skep jy dalk net die nodige insig en oorsig wat jy nodig het om jou persoonlike finansies gesond te bestuur. Ons weet nie presies wat ons elke maand gaan inkry, of uitgee nie, maar jy kan 'n vooruitskatting maak. Deur so vooruitskatting te maak dwing dit jou ook om bietjie na te dink oor jou uitgawes- en inkomstebronne en waar jy dit kan optimaliseer. Op 'n maandelikse basis het jy oorsig of da...

Jan 14, 202211 minEp. 8

007. Bereik jou finansiële doelwitte in 2022

Ek het vroeg in 2022 op twee baie goeie boeke afgekom: Boek #1. "Your best year ever" deur Michael Hyatt ( Productivity Game video oor die boek) Die boek verduidelik hoe ons die akroniem "SMARTER" kan toepas om ons doelwitte suksesvol na te jaag. - S- Specific. - M- Measurable. - A- Actionable. - R- Risky. - T- Time-Triggered. - E- Exciting. - R- Relevancy/Reality Check). Boek #2. "Chasing Excellence" deur Ben Bergeron. 'n Boek waar twee temas vir my regtig uitstaan: "Power of a positive mindset...

Jan 07, 202213 minEp. 7

006. Geld uitgee aan dinge wat vir jou energie gee in die lewe (met SB Botha)

SB is 23 jaar oud, maar hy het die dissipline van 'n 60 jarige as dit kom by sy finansies. Hy allokeer sy geld hoofsaaklik aan dinge waarvoor hy 'n passie het in die lewe. Of dit nou oefening is en/of buitemuurse aktiwiteite of selfs toekomstige travel planne, SB het 'n duidelike plan hoe en aan wat hy sy geld uitgee. Luister na meer episodes op spaarwiel.com of Spotify, Anchor, ApplePodcasts, GooglePodcasts ens. Deel ook jou opinies of tips deur 'n email te stuur aan spaarwiel@spaarwiel.com of ...

Dec 03, 202118 minEp. 6

005. Finansiële vangnette vir ons gemoedsrus (Gesprek met CJ Smit van FFG)

Wat 'n voorreg om vir CJ Smit in die "virtual studio" vandag te kon hê! CJ is 'n finansiële adviseur en die nuwe Managing Director van FFG Garden Route Ons praat vandag oor finansiële vangnette! (... die vangnette waarna ons hier na verwys is vangnette wat vir ons finansiële gemoedsrus gee. Gemoedsrus wat ons toelaat om ons loopbaan na te jaag en die lewe te geniet terwyl ons weet die nodige beskerming is in plek indien iets onverwags sou gebeur. Korttermynversekering Langtermynversekering 'n Em...

Nov 19, 202134 minEp. 5

004. "Budget" - Meet is weet! (in gesprek met Lourie van Pletzen)

Meet is weet! Kennis is Krag! Knowledge is Power! 'n Begroting (*budget* van hier af vorentoe) is die spesiale hulpbron of geheime wapen in ons persoonlike finansies wat verseker dat ons elke maand weet hoeveel geld en aan wat ons die geld kan spandeer. 'n Budget is daar as 'n riglyn sodat ons maand na maand ons finansies goed bestuur. Wanneer ons fokus om ons finansies van maand na maand goed te bestuur is dit aansienlik makliker om ons langtermyn finansiële doelwitte ook te bereik. Vir Lourie ...

Nov 12, 202129 minEp. 4

003. 'n Finansiële plan

"I am honest with myself about where I am financially. This allows me to find contentment with my progress, growth and any pivots that I need to make" @thefinancebar 'n Finansiële plan! Gebruik pen en papier, Excel of selfs 'n "whiteboard". Solank jy tyd maak en vir jouself 'n eerlike finansiële plan optrek waar jy vasvang waar jy tans met jou finansiële sake staan. Vang die volgende inligting vas: 1. Persoonlike info 2. Inkomste en Uitgawes 3. Bates en Laste 4. Kort-, medium- en langtermyn doel...

Nov 05, 202111 minEp. 3

002. Gesonde persoonlike finansies in perspektief - (gesprek met Jac de Wet)

Familieman, beleggingskundige en besigheidseienaar. Jac het ‘n realistiese uitkyk op die lewe en persoonlike finansies en alles daar rondom. In die gesprek raak ons vinnig aan van die volgende aspekte: - Die ‘Betaal jouself eerste’ beginsel – “Save first then spend” - Minder uitgee as wat inkom. - “Keeping up with the Joneses” - Bederf jouself van tyd tot tyd! Dit is ook belangrik! - Spandeer geld op dinge wat vir jou energie gee. - Finansiële onafhanklikheid – “Dit is om te doen wat, jy wil wan...

Oct 27, 202130 minEp. 2

001. Finansiële Onafhanklikheid (FO)

Finansiële Onafhanklikheid (FO) is wanneer die 'moet' verdwyn! Die 'moet' waarna ons hier verwys is die 'MOET' om geld aanhoudend en aktief te verdien om jou en jou gesin se lewe te kan bekostig (heelmoontlik in 'n werk wat jy net doen vir die salaris en nie vir die liefde van die werk self nie). FO is wanneer jy genoeg bates en/of fondse het om jou lopende laste te dek. FO skep dus vir jou vryheid. Vryheid om te kies hoe jy jou tyd spandeer en saam wie en aan wat! Ek glo vas dat FO vir ELKEEN h...

Oct 23, 202114 minEp. 1

000. Spaarwiel die Podcast - Trailer episode

Welkom by Spaarwiel die Podcast! 'n Interaktiewe platform waar ons idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons gaan praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side hustles’, beleggings, saamgestelde rente, spaarplanne, jou nood- en bufferfonds, belasting, pensioen...en en en! Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie i...

Oct 04, 20212 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android