026. So betaal jy duisende Rande minder belasting! - podcast episode cover

026. So betaal jy duisende Rande minder belasting!

Feb 19, 202314 minEp. 26
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description


Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA

Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei.


  • Belastingbetalers kan tot 27.5% van hul vergoeding of belasbare inkomste, welke ookal die grootste is, bydra tot `n UA/RA.
  • Die bydrae kan jy van belasting aftrek. 
  • Dit is voordelig om in parallel met jou pensioenfondsbydraes by jou werk ook addisionele UA/RA-bydraes te maak.
  • In die berekening hieronder verduidelik ek dit aan die hand van 1 voorbeeld (in die podcast-opname hardloop ek deur 3 voorbeelde)

 

Persoon A: Verdien R 30,000 per maand (Bruto / voor belasting)

  • Indien 'persoon-A' 0% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 0 pm):
  • Belastingdruk:  R 4,953pm
  • Netto salaris: R 24,047pm
  • Totale belasting vir die jaar: R 59,436
  • SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar) R 0 belastinggeld!!


  • Indien 'persoon-A' 15% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 4,500pm):
  • Belastingdruk:  R 3,755pm
  • Netto salaris: R 26,245pm
  • Totale belasting vir die jaar: R 45,060
  • SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar)  R 14,400 belastinggeld!!


  • Indien persoon A 27.5% van sy/haar belasbare inkomste belê in 'n UA/RA (dus R 8,250pm) :
  • Belastingdruk:  R 2,780pm
  • Netto salaris: R 27,220pm
  • Totale belasting vir die jaar: R 33,348
  • SPAAR (of ontvang terug tydens die belasting opgawe aan die einde van die fin.jaar) R 26,100 belastinggeld!!


Kontak vir CJ Smit by FFG indien jy nog geen finansiële adviseur het wat jou kan help belasting voordelige stappe neem nie.

CJ Smit: cj@ffg.co.za ; Of maak direk 'n afspraak deur op die link te klik.


For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android