Haidee delf in die herkoms van haar mense: Sy kyk na die aankoms van die slawe en hoe slawe se name gegee is. Slawe-navorser Aubrey Springveldt vertel van sy eie voorsate, en Haidee hoor meer van die Kamissa-rivier en die kreolisasie van mense. En by haar hartsplek en komvandaan, Oudtshoorn, vind sy uit van die waternimf by die watergat in die rooi heuwels – daar waar die Olifants- en die Kammanassie-riviere bymekaarkom.
Sep 30, 2021•26 min0
Ses jaar gelede was die wêreld se oë op die lot van Sylvester, die leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en eers 27 dae later opgespoor kon word. Toe Sylvester die volgende jaar weer ontsnap, het baie gevrees hy sou die doodskoot kry, maar dit het nie gebeur nie. Hy is in die Kuzuko-wildreservaat in die Karoo hervestig, en het sedertdien nog nie een keer weggeloop nie – wat sou die geheim hiervan wees? Mariska Spoormaker het gaan uitvind.
Sep 23, 2021•28 min0
Wat het Susan Boyle, sir Anthony Hopkins en Courtney Love gemeen? Al drie is wêreldbekend en funksioneer suksesvol op die outismespektrum. Om iemand op die outismespektrum te plaas is nie ‘n eenvoudige mediese toets soos bloedtrek of die gebruik van ‘n stetoskoop nie. ‘n Geduldige lang waarneming- en ondersteuningsprogram is nodig om outisme te diagnoseer. Die eerste outis is 77 jaar gelede identifiseer, en dit was ‘n skaars toestand. Vandag word een uit elke 33 kinders op die spektrum geplaas.
Sep 16, 2021•28 min0
Esté Gross spandeer ‘n dag saam met die stigters van die Owl Rescue Centre, Brendan en Danelle Murray. Sy vind uit waarom hulle so passie het vir hierdie roofvoëls, hoe hulle gerehabiliteer en vrygelaat word, en waarom vrywilligers bereid is om duisende kilometers vêr te ry om ‘n uil te gaan red.
Sep 09, 2021•28 min0
Jimmy Newman en langarmmusiek is sinoniem. Hy het dié musiekformaat na nasionale gewildheid geneem. Sedert die beginjare van die groep, Jimmy’s Grand Six, vernoem na die Grand Hotel in die destydse Suidwes-Afrika waar sy sesstuk-groep begin het, het hy homself gevestig as een van die vaders van langarm. Fritz Klaaste kyk na die die man, sy gesin en sy musiek.
Sep 02, 2021•25 min0
Ons vier vanjaar 50 jaar van bottelgegiste vonkelwyn in Suid-Afrika. Die Franse monnike het die “sterre in wyn” reeds in 1670 die eerste keer geproe toe Dom Perignon die toevallige chemie-in-die-glas in ‘n Benediktynse klooster ontdek het. Suid-Afrika se eerste poging om bottelgegiste champagne te maak was 300 jaar later toe die wynpionier, Frans Malan van Simonsig, die eerste Kaapse Vonkel teen R3 per bottel gemaak het. Champagne is ‘n handelsmerk wat slegs uit die streek van Champagne in Frank...
Aug 26, 2021•36 min0
Wie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.
Aug 19, 2021•27 min0
Suid-Afrika het ‘n ryk biodiversiteit van inheemse plantspesies. Plaaslike plante vir medisinale doeleindes is wêreldwyd bekend en trek toeriste en navorsers van ver en wyd. 'n Proses het begin om die geskiedenis en gebruike van plante op te teken vir bewaring. In die soeke na dié inligting en plante, word die kosbare stories en die pittige streeksname ook sorgvuldig versamel en opgeteken.
Aug 12, 2021•25 min0
"Jy is 'n kopskuif weg van die oplossing tot enige probleem," sê Pieter du Preez, 'n C6-kwadupleeg wat in 2003 deur 'n motor getref is toe hy fiets gery het. Wat vir die meeste mense die einde van al hulle drome sou wees, was vir Pieter net drome wat verander het.
Aug 05, 2021•28 min0
Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.
Jul 29, 2021•21 min0
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Karen Swanepoel deel haar pynpad na aanvaarding en emosionele genesing nadat sy haar gesin in ‘n motorongeluk verloor het, waarin sy self ook ernstig beseer is. “My hart het fisies gepyn. Dit was letterlik gevoel asof iemand ‘n dolk in my hart gedruk het en my hart flenters geskeur het in ‘n duisend stukkies. Ek het baie...
Jul 22, 2021•29 min0
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. RSG se voormalige geleentheidskoördineerder, Müriel Janse van Rensburg, vertel hoe sy tot verhaal kom met talle traumatiese ervarings in haar lewe. Sy verloor albei haar aanneemouers op die ouderdom van vyf jaar, en word daarna tussen familie en ‘n kinderhuis groot onder moeilike omstandighede. “As jy ‘n jong kind is, ve...
Jul 15, 2021•28 min0
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer Dana Snyman deel sy sabbatsreis om by emosionele genesing uit te kom nadat sy verloofde, Anette Roberts, haar eie lewe geneem het. “Die lewe is kort en kosbaar. Al manier hoe jy dit sinvol kan probeer leef, is om te probeer liefhê - jouself, wat ook baie keer baie moeilik is, maar ook die mense rondom jou.”
Jul 08, 2021•29 min0
Dié reeks van vier episodes neem jou op ‘n reis saam met mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ander trauma ervaar het, maar tóg weer hoop in hulle wanhoop kon vind. Skrywer en voorsitter van die joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch, prof. Lizette Rabe, deel haar pyn nadat haar seun aan selfdood sterf weens die impak van depressie op sy lewe. “As jy iemand verloor het aan die siekte van wanhoop, dan moet jy vashou aan hoop, want dit is al wat jou aan die gang ho...
Jul 01, 2021•29 min0
Johan Rademan is pas deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erepnning vir hierdie hoorbeeld. Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, het Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van...
Apr 18, 2021•1 hr 3 min0
Abraham Perold is op 20 Oktober 1880 op Kromvlei, Dal Josafat in die Paarl gebore. Hy was ‘n wetenskaplike en wynvisionêr wat met besondere insig die wynbedryf in Suid-Afrika uitgebou en gevestig het as ‘n mededingende wêreldgehalte produk. Hy het die kruising, Pinotage, gemaak wat die enigste egte Suid-Afrikaanse kultivar is. Vandag is dit die bedryf se troefkaart, en word dit as rooigoud bestempel.
Mar 25, 2021•27 min0
Die lewensverhaal van André van der Merwe, koorleier en dirigent van die Stellenberg Meisieskoor en die Stellenbosch Universiteitskoor. Laasgenoemde het verskeie kere koning gekraai het by die Wêreld Koorspele. Sedert 2012 is die koor nommer een op Interkultur se wêreldranglys van die top 1 000 amateurkore. Die Stellenberg Meisieskoor is ook onder die top 20 op hierdie ranglys. André praat openhartig oor sy grootworddae op Beaufort-Wes en hoe 'n fratsongeluk sy droom om konsertpianis te word, ho...
Mar 18, 2021•29 min0
Daar word baie gesê ‘n olifant vergeet nooit nie, maar dit wil voorkom die Addo-olifante hét vergeet van mense wat tot in die vroeë 1900’s genadelose jag op hulle gemaak het. Noudat die Addo-olifant Nasionale Park sy 90e bestaansjaar vier, het Mariska Spoormaker gaan uitvind of die olifante régtig vergeet het.
Mar 11, 2021•21 min0
Op die klein kusdorpie Lambertsbaai is die Uys Krige gedig, Ken jy die see, welbekend. Hierin word die moeilike omstandighede van kleinskaalse vissers belig. Volg die vissers se lewensverhale en hul verwelkoming van die moderne wêreld se tegnologiese oplossings om hul toegang tot die seekosmark makliker te maak.
Mar 04, 2021•26 min0
Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor 'n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges geword, soos Jakes Gerwel by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis Vis, soos hy bekend was, was 'n beson...
Feb 25, 2021•27 min0
Johan van Lill bring hulde aan Cecil Jacobs, ‘n bekende balletonderwyser wat verlede jaar 80 geword het, en steeds dansklasse gee op Saterdagoggende by sy huis op Strandfontein in die Kaap.
Feb 18, 2021•27 min0
Dit groei op eie bodem, is deel van die fynbosfamilie en lewer 'n tee wat so lekker is dat sommige mense praat van hemelse heuningbostee. Japan voer dit per tonnemaat in, en hulle verkies die Melmont-heuningbostee wat hoog teen die Oos-Kaapse Kougaberge groei. Mariska Spoormaker het soontoe gegaan om meer te gaan uitvind.
Feb 11, 2021•23 min0
Eugene Marais is vanjaar 150 jaar gelede gebore. Sy gedig Winternag word as die eerste Afrikaanse gedig van werklik hoë letterkundige waarde beskou. Mense wat hom geken het, vertel meer van die skrywer en mens – en word die lig én donker van dié veelsydige en merkwaardige man ook vanuit ‘n hedendaagse perspektief weergegee.
Feb 04, 2021•30 min0
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met Silezia Pretorius wat reeds meer as 20 jaar ly aan die outo-immuunsiektes, Lupus, Scleroderma, Sjögrens en Vaskulitis. “Jy het jou goeie dae, en dan het jy jou slegte dae en dan het jy jou verskriklike slegte...
Jan 28, 2021•30 min0
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Esté praat met die akademikus, dr. Elsabé Pepler, wat reeds die afgelope vyf dekades lank veg teen die outo-immuunsiektes Ulseratiewe Kolitis, Rumatoïde Arthritis en Ankoliserende Spondilititis. “Dit word, ek dink, nogal ‘n...
Jan 21, 2021•30 min0
‘n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Die gewilde Afrikaanse liedjieskrywer en sangeres, Anneli van Rooyen, vertel hoe sy aanhou baklei teen die chroniese gesigsenuweesiekte, Trigeminale Neuralgie, waaraan sy al 22 jaar lank ly. “Ek is ‘n gevangene hiervan. Ek ...
Jan 14, 2021•30 min0
'n Tronk van Pyn is ‘n dokumentêre reeks van vier episodes wat jou op ‘n reis neem deur die daaglikse worsteling van mense wat ly aan outo-immuun, chroniese pyn- en chroniese moegheidsiektes, en hoe hulle moeisaam, maar dapper voortbeur om aan ‘n nuwe normaal gewoond te raak. Retha Viviers vertel watter uitdagings die chroniese moegheidsiekte, Myalgic Encephalomyelitis, of ME, in haar lewe bied. “Jy moet fisies afskeid neem van wie jy was, want daardie persoon is net ‘n herinnering.” Esté, wat a...
Jan 07, 2021•30 min0
Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika is al ouer as 300 jaar. Hulle het 'n manier om hulle te vestig met 'n eiesoortige kultuur van ekonomie en leefstyl. Die eeue oue kultuur is ingeweef in 'n Westerse kultuur, en is ook deel van die reënboognasie se lief en leed.
Sep 24, 2020•26 min0
Die musiekbedryf moes homself telkemale die agelope paar dekades herontwerp. Ons het die grammafoon sien kom en gaan met vinielplate, kassette, CD's en deesdae elektroniese weergawes. Die kompakskyf, wat die ruggraat van musiekverspreiding geword het, is besig om sy laaste asemteue te neem. Daar is vandag slegs een CD-pers in Suid-Afrika, en die produksiekoste het die hoogte ingeskiet. Musiek is nou bykans heeltemal digitaal, en die bedryf wat dit bemark en voorsien aan die verbruiker, moes met ...
Sep 17, 2020•28 min0
Die program skets die besondere projek o.l.v. Jaco Strydom waar jong mense, wat om een of ander rede die pad byster geraak het, aan die hand gevat word. Hulle word gehuisves in verskillende huise waar hulle menswees teruggegee word, en hulle voorberei word om die lewe aan te pak. Die huise is besondere plekke want hulle woon saam met ander jongmense wat ook 'n plek in die lewe soek. Elk van die huise het jong mense soos 'n argitek en maatskaplike werker wat die vader of moeder in die huise is, e...
Sep 10, 2020•25 min0