NP van Wyk Louw, selfs 50 jaar ná sy dood, het steeds deur sy werk die vermoë om skrywers en filosowe te inspireer. Johan Rademan gesels in 'n rondetafelgesprek met twee filosowe oor Louw se nalatenskap vir 'n moderne geslag. Prof. Louise du Toit (Universiteit Stellenbosch) kyk o.a. na die drie volkskrisisse wat Johan Degenaar en NP van Wyk Louw in 'n gesprek met mekaar gevoer het, en hoe universeel dit selfs tot vandag is. En Prof. Pieter Duvenhage (Akademia) belig drie fasette van Van Wyk Louw...
Aug 13, 2020•29 min0
NP van Wyk Louw is vanjaar 50 jaar gelede oorlede. Hy is die enigste persoon aan wie die Hertzogprys vyf keer toegeken is – en dit in al drie kategorieë: poësie, prosa en drama. Sy werk is voorgeskryf vir skole, en opgevoer op verhoë. Hy het talle opdragwerke vir die SAUK en vir ander instansies geskryf. Hy het sy volk gekritiseer en vermaan, en in sy eie woorde, hom lewenslank aan die volk verknog. Die dokumentêr fokus op slegs enkele aspekte van Louw se werk.
Aug 06, 2020•33 min0
C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal gevestig, en as koskenner was sy etes en onthale legendaries. Ins Strydom kyk na enkele van hierdie...
Jul 29, 2020•28 min0
'n Dokumentere program oor die lewe en werk van SV Petersen. Petersen was 'n Afrikaanse digter, skrywer en opvoeder. Sover vasgestel kon word, was hy die eerste nie-wit persoon wie se gedigte en prosa in Suid-Afrika gepubliseer is. Hy is in 1987 oorlede, en hierdie program oor hom is in 1989 gemaak.
Jul 16, 2020•30 min0
Hierdie program program oor die lewe en werk van skryfster Elsa Joubert, is in 1998 deur Daniel Hugo gemaak. Joubert is onlangs in die ouderdom van 97 jaar in Kaapstad oorlede.
Jul 09, 2020•31 min0
Die eerste Legends Barbershop het in 2011 oopgemaak, maar na verskeie terugslae het die eienaar, Sheldon Tatchell, eers in 2014 regtig begin vordering maak met sy idee vir 'n unieke barbierwinkel in Suid Afrika. Jody Hendricks volg Sheldon se reis van een winkel in Eldorado Park tot vandag waar hy meer as 15 winkels dwarsoor die land het.
Mar 19, 2020•26 min0
Ontmoet Katot Meyer, 'n gewese landbou-wateringenieur, wat al 20 jaar lank sy eie oorlog voer teen indringerbome en -plante in die Suid-Kaap. Mariska Spoormaker het hom in sy Pietersrivier-natuurreservaat gaan opsoek, en baie meer verhale as net die van dorstige indringerbome gekry.
Mar 12, 2020•22 min0
Alhoewel die Wet op Kindersorg (Wet 38 van 2005) baie duidelik en voorskriftelik is, is daar baie vooroordele en stigmas oor paartjies van dieselfde geslag wat kinders aanneem. Drie maatskaplike werkers deel hulle kundigheid en ervarings van ouers van dieselfde geslag, wat kies om kinders onvoorwaardelik aan te neem. 'n Gay pa vertel van die voorreg en groot vreugde om drie kinders te kon aanneem. En 'n Lesbiese paartjie praat oor hulle aangenome seuntjie wat nie dieselfde ras as hulle is nie.
Mar 05, 2020•27 min0
Fossiele van pofadders, werktuie van die Khoi en San-inwoners van honderde jare gelede wat in die oorvloed van die omgewing gedeel het, en 'n inspirenende Afrikaanssprekende Portugees, Carlos Araujo, wag op jou wanneer Johan Rademan saam met hom die pad vat.
Feb 27, 2020•28 min0
Ná drie jaar en verskeie vertragings is die eerste deel van Kaapstad se treinroete na Eersterivier op 13 Februarie 1862 geopen. Martelize Brink kyk na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap - van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwêreldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywers omsien, tot die toekoms van die treindiens in onseker tye. Hoor ook die verhaal van Enjin nommer 9...
Feb 20, 2020•27 min0
Haidee Muller het op Worcester die blinde en swaksiende krieketspan, Die Worcester Victorians, ontmoet. Die span bestaan uit vyf spelers wat blind is en 13 at swaksiende is. Om krieket te speel, was 'n groot droom vir Gerhard Trollip, wat net tussen lig en donker kan onderskei. Hy het in 1999 mense nadergehark om krieket te demonstreer aan die blindes en swaksiendes, en so het Die Worcester Victorians ontstaan. Bradley Arendse wou nog altyd 'n blinde span afrig, en vandag doen hy dit na die best...
Feb 13, 2020•29 min0
Kyalami is 'n lewende museum wat die Suid-Afrikaanse motorsportgeskiedenis sedert 1961 uitbeeld. Die wêreld se grootste name het al hier gery. In die ses dekades van sy bestaan het Kyalami geblom, gebloei, gesteier, geval en weer opgestaan. In November 2019 is die eerste internasionale wedren in 37 jaar daar aangebied, en Fritz Klaaste was daar.
Feb 06, 2020•27 min0
Op Uitenhage vind n mens die sonderlinge verhaal van 'n toebroodjie-meneer, wat jare gelede 'n arm, uitsiglose outjie só geïnspireer het, dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels op sy leerlinge toe as sy toebroodjiemeneer, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy die skool besoek het.
Jan 30, 2020•25 min0
C. Louis Leipoldt was een van die veelsydigste en invloedrykste skrywers van sy tyd. Sy bekendste drama is waarskynlik Die Heks, wat steeds as 'n klassieke drama in Afrikaans bestudeer en opgevoer word. Sy gedigte sluit in Oom Gert Vertel, Slampamperliedjie, Wys my die plek en Op my ou ramkietjie, waarvan verskeie getoonset is. As medikus het hy die skoolgesondheidstelsel in die destydse Transvaal gevestig, en as koskenner was sy etes en onthale legendaries. Ins Strydom kyk na enkele van hierdie...
Jan 23, 2020•28 min0
Jan van Rooyen is 'n voormalige regsakademikus wat van jongs af die klank van die viool bestudeer en daarmee gewerk het. Hy vertel hoe hy die eerste keer vir Jascha Heifetz oor 'n krappige radio op Lindley in die Vrystaat gehoor het, en hoe hy sy hart verloor het. Vir hom is die klank van die viool die belangrikste – nie noodwendig die ouderom of afkoms van die instrument nie. Daarom het hy 'n studie gemaak van vioolklanke en hoe om 'n bepaalde klank uit 'n viool te kry. Jan gesels ook oor hoe b...
Jan 16, 2020•28 min0
Johan Rademan gesels met die digter Lina Spies oor haar liefde vir katte. Die akteur en voorleser Nic de Jager sit saam om met voorlesings om die tafel haar werke in te kleur. Lina Spies is op 6 Maart 1939 - die jaar waarin die Tweede Wêreldoorlog begin het, gebore. Haar liefde vir katte is alombekend, maar 'n sekere siklus en sluiting oor die naamgewing van haar katte is nou voltooi. Die naam slaan reguit terug uit haar eerste digbundel, Digby Vergenoeg, wat in 1971 verskyn het uit die vers Vir...
Jan 09, 2020•27 min0
Die veelsydige en veelbekroonde Dolf van Niekerk het in 2019 90 jaar oud geword. Die stukke van die legkaart van sy lewe sluit onder meer sy loopbaan as omroeper en radiodramaturg in; sy loopbaan in die Departement van Landbou; sy doktorsgraad in die filosofie, en as voorloper en vernuwer in die letterkunde, is hy deel van die Sestigers. Uit sy pen verskyn poësie, prosa en drama. Onlangs is sy jeugherinneringe in 'n bundel vervat met die titel Legkaart van 'n jong lewe wat die kort huldigingspro...
Jan 02, 2020•38 min0
Hy het talle pryse by landbouskoue gekry, vertel Abdoel Absolom van Kalksteenfontien. Haidee Muller het meer gaan uitvind van Abdoel se skouperde, wat hy in die perdestalle huisves by Freedom Farm in Belhar. Abdoel verwys na hulle as AMG-Mercedes perde. Drie seuns vertel ook hoe die wêreld van perde vir hulle nuwe betekenis aan die lewe gee. Al woon hulle in plakkerskampe en het hulle min, is hierdie ponies hulle trots. Sielkundige Quinton Adams praat ook oor perde en hulle terapeutiese waarde.
Sep 26, 2019•27 min0
Op 64-jarige ouderdom sit ouma Johanna Wewers van Despatch vir die eerste keer in haar lewe in die klas, en dít omdat sy, nes haar kleinkinders, wil kan skryf. Mariska Spoormaker het by die klas, waar ander vroue ook leer lees en skryf, gaan inloer.
Sep 19, 2019•24 min0
Ter viering van die bekende Suid-Afrikaner, Breyten Breytenbach, Johan Rademan 'n spesiale program saamgestel wat die fokus verplaas van sy skrywerskap, waarvoor hy alom bekend is in Suid-Afrika, na sy skilderkuns, drama en musikaliteit. In 'n eksklusiewe onderhoud met Breyten brei hy uit oor sy ondergewaardeerde sy in Suid-Afrika, en hoe dit eintlik 'n onontbeerlike komponent vorm van sy kunstenaarskap. Renaissance-kunstenaars het dikwels as filosowe, digters, beeldhouers, skilders en skrywers ...
Sep 12, 2019•1 hr 3 min0
Kan dit as eties beskou word om diere te gebruik vir navorsing om die mens se lewe te verbeter of te vergemaklik? As jy die keuse gegee word om te kies dat jou kind se lewe gered word, of dat 'n rot sy lewe gee om mediese vooruitgang te help, wat sal jy kies? Wat gee mense die reg om diere te gebruik? Hierdie vrae en meer word in diepte bespreek veeartse, aktiviste en akademici. Christelle van Tonder kyk na die gebruik van diere vir wetenskaplike navorsing.
Sep 05, 2019•29 min0
Die mensdom is al van eeue gelede af met die maan gepla, en verlede maand het die wêreld die vyftigjarige herdenking van die eerste mens op die maan gevier. Hennie Maas kyk met 'n ander oog na die aarde se enigste natuurlike satelliet – die maan. Die eerste optekening van die maan is millenia gelede gedoen. Dit het destyds 'n sentrale rol in die godsdiens gespeel. Prof. Alex Duffey verduidelik hoe die maan die denke van die destydse mense beïnvloed het. Verskeie kenners soos Willie Koorts, prof....
Aug 29, 2019•27 min0
Die Shields-familie van die Strand het geen bekendstelling in rugbykringe nodig nie. Daar is ses broers wat almal rugby gespeel het. Dit was veral die jongste broer, Hennie, wat plaaslik en internasionaal presteer het. Hy was die eerste Bruin speler wat vir die WP uitgedraf het, maar die Springbokspan was hom nooit beskore nie. Hennie het deesdae amper niks met rugby te doen nie. Hy vertel vir Jody Hendricks van sy loopbaan, die droom om die gesogte groen-en –goud-trui oor sy kop te trek, en die...
Aug 22, 2019•27 min0
Langarm-dans was reeds in die koloniale tydperk in die Kaap as ʼn vorm van ontspanning en vermaak bekend. Dit het mettertyd al hoe gewilder geword in die Bruin-gemeenskap, en is beïnvloed deur ʼn verskeidenheid dansstyle en musiek, waaronder Engelse kontradans (oftewel 'Country dancing'), kadriel-danse, militêre dansgroepe en Kaap-Maleise Kadrieldans-groepe. Haidee Muller het by 'n paar groot langarm-geeste in die Kaap, Worcester en Grabouw gaan praat, waar langarm uiters gewild is. Sy het ook met...
Aug 15, 2019•28 min0
Wanneer laas het jy 'n draai gemaak by die kafee op die hoek? Die winkels, wat gewoonlik generasies lank in die familie is, word al hoe skaarser. Almal het hulle eie idee van hoe die tipiese kafee lyk, of dit nou vars vis en skyfies is, of die taai toffies wat in rye uitgestal word op die toonbank. Este Gross besoek 'n paar hoekkafees om meer uit te vind van die geskiedenis, die lang ure, die kultuur en hoekom al hoe minder kinders bereid is om met die familiebesigheid voort te gaan.
Aug 08, 2019•25 min0
Die Woodside Tehuis in Cottesloe in Johannesburg sien om na 86 mense met buitengewoon intellektuele gestremdhede. Die inwoners kan nie na hulleself omsien nie en benodig totale verpleegsorg, Van hulle het die breinkapasiteit van 'n pasgebore baba tot vier jaar oue kind. Hulle ouderdomme wissel van drie tot 64 jaar oud. 'n Groep professionele verpleegkundiges versorg die inwoners, en laat jou toe om 'n blik te kry op hulle werksaamhede en die lewe van die inwoners.
Aug 01, 2019•24 min0
Tuisonderrig is eers in 1996 in Suid-Afrika gewettig, alhoewel baie ouers dwars oor die land reeds vir baie jare voor die wet verander is, hulle kinders by die huis “skool” gegee het. Met die wettiging van tuisonderrig moet elke kind wat nie by 'n skool ingeskryf is nie, by die Departement van Onderwys registreer. Slegs 1% van die meer as 100,000 tuisonderrig-leerders in 2019 is geregistreer. Rolspelers, ouers, aktiviste en kinders beantwoord vrae soos: Wat is tuisonderrig? Wat van die kinders s...
Jul 25, 2019•21 min0
Jacqui January vertel die storie van die SA Biblioteek vir Blindes wat vanjaar sy 100e bestaansjaar vier. Die biblioteek is in 1919 deur Josephine Wood in 'n kamer in haar huis begin, en spog 100 jaar later met 24,000 boeke in hulle versameling. Tegnologie het die bandhulp vir blindes 'n hupstoot gegee, maar die 200-jaar oue skryf en leesstelsel, Braille, is steeds 'n integrale deel van die bemagtiging vanr blindes. Hierdie diens word sedert 1953 gratis verskaf aan siggestremde en blinde persone...
Jul 18, 2019•26 min0
Johan van Lill bring hulde aan die bekende skilder, Vader Claerhout, wat in 2006 oorlede is. Hy sou vanjaar sy honderdste verjaardag gevier het. Hy was bekend vir die kwistige kwashale waarmee hy donkies, sonneblomme en Afrika-tonele geverf het, en ook vir sy houtskooltekeninge waarvan daar amper in elke huis een hang. Die oorspronklike onderhoud met Vader Claerhout wat in die dokumentêr gebruik is, is deur Diena Smit opgeneem en in 1993 uitgesaai. Die stemme van die volgende mense word gehoor: ...
Jul 11, 2019•26 min0
Net soos Daleen Matthee die Knysnabosse vir ons oopgeskryf het, só praat Heiney Jacobs, natuurgids van die Tsitsikamma, die bos vir ons oop. Só passievol deel hy die Tsitsikammabos en alles wat daarin leef en beef, dat ‘n mens voel jy wil jou tentpenne daar inslaan en nooit weer terugkeer na die stad nie.
Jul 04, 2019•26 min0