'n Mens raak skoon uitasem om op die spoor van Louie-Anna Nel, hiperaktiewe ouma van Mosselbaai, te probeer bly. Hierdie 78-jarige vrou swem 'n uur en 'n half lank op 'n slag. Sy doen joga, volg 'n rou vegandieet en is kliphard besig met haar matriek-wiskunde. Drie jaar gelede, toe Louie-Anna 75 was, het sy selfs met balletklasse begin. Mariska Spoormaker het haar in só 'n klas, al dansende tussen die ander bo 60's, aangetref.
Mar 28, 2019•23 min0
Tobias Jurgens Cronje het in November 2018 sy 70ste verjaardag gevier. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy professionele loopbaan het al in 1972 begin in die Truk-produksie van The Fantastics. Na meer as vier dekades in die bedryf word hy steeds onthou vir rolle soos die van Willem, in die gelyknamige TV-reeks. Hy was ook te sien in flieks soos Kootjie Emmer en Babbelkous en Bruidegom, terwyl hy op die verhoog bekend is om sy talle “dames” in Janice Honeyman se jaarlikse...
Mar 20, 2019•31 min0
Die getal haweloses in Johannesburg neem daagliks toe. Hierdie mense se selfwaarde word afgebreek deur die uitmergelende omstandighede van 'n lewe op straat en elke dag se bakhand staan. Dis moeilik om uit die kringloop te breek, maar daar is hoop. Este Gross besoek die Gereformeerde Kerk in Linden, Johannesburg, se sopkombuis wat nie net kos gee nie, maar ook mense ophef deur vir hulle kunsvaardighede aan te leer. So kan hulle produkte maak uit herwinbare materiaal, wat hulle kan verkoop vir in...
Mar 14, 2019•26 min0
Musieklegende Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder, maak in die ouderdom van 72 'n terugkeer na die verhoog met die hulp van Ramon Alexander, wat Ibrahim as 'n held beskou. Geïnspireer deur 'n musikale familie en sonder enige formele opleiding, het hy van die grootste Suid-Afrikaanse treffers van die jare 70 en 80 geskryf, maar was grootliks as klavierspeler, in die skaduwee van die hoofsangers en ander musikante.
Mar 07, 2019•28 min0
Op 18 Augustus 2018 maak Damian Willemse sy debuut vir die Springbokke. Sodoende word hy ook die eerste Springbok wat Somerset-Wes Metodiste Primêre Skool opgelewer het. Jody Hendricks kyk Damien se pad tot by die groen en goud.
Feb 28, 2019•27 min0
Graffiti laat sommige mense steier, en ander staan in verwondering. Lizelle de Bruin gesels met graffitikunstenaars en kunstenaars wat deur die Graffiti Renaissance beïnvloed is. Graffiti bring kleur en betekenis na die mees onwaarskynlike plekke.
Feb 21, 2019•26 min0
Volgens die grondwet het alle kinders die reg om beskerm te word teen alle vorms van geweld. Ongelukkig word te veel kinders in Suid-Afrika se regte geskend. Mareli Venter is 'n statutêre maatskaplike werker van Johannesburg wat gereeld kinders uit hulle ouerhuise moet verwyder as gevolg van mishandeling, seksuele geweld en dwelm- en alkoho misbruik deur die voog. Die kinders word weggeneem, maar waarheen gaan hulle dan? Wat is die proses om die kind te rehabiliteer en 'n “normale” lewe te gee t...
Feb 14, 2019•28 min0
Johan van Lill maak saam met landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer word.
Feb 07, 2019•2 min0
Strijdom van der Merwe is 'n bekroonde Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar. Sy werk verken die brose wisselwerking tussen mens en natuur. Die meeste van sy kunswerke vat 'n oomblik in tyd vas, omdat dit deur natuurelemente verweer word, en later tot niet gaan. Ons leer ken die kunstenaar, en maak saam met hom 'n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer 'n kunswerk gebeur en gedokumenteer word.
Feb 07, 2019•28 min0
Die Sweedse navorser, Annemarie Widstrom, het navorsing gedoen oor die vel-tot-vel kontak tussen 'n pasgebore baba en mamma. Daar is vasgestel dat daar nege stadiums is in die eerste uur of twee na geboorte. Dit is ingebore en instinktiewe fases vir die baba. Dit wil voorkom of al daai “ouvrou-stories” beproefde oorlewingsfeite is!
Jan 31, 2019•27 min0
Suid-Afrika se vuurtoringwagters is besig om te verdwyn want tegnologie het hulle taak oorgeneem. Martin Peterson, vuurtoringwagter van die Groot Vispunt-vuurtoring buite Port Alfred in die Oos-Kaap, is een van die laaste vier in die land wat nog die beroep beoefen. Mariska Spoormaker het by hom gaan kuier.
Jan 24, 2019•24 min0
Die Sestiger-skrywer Chris Barnard sou vanjaar 80 jaar oud geword het. Hy was een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans, en het merkwaardige werk gelewer in verskeie genres: die roman, die kortkuns, die drama en die hoorspel sowel as skrywer van rolprent- en televisiedraaiboeke. Barnard is twee keer met die Hertzogprys bekroon.
Jan 17, 2019•30 min0
Hierdie klankweergawe van die gelyknamige ballet, vertel die verhaal van Ouma Katrina Esau, die laaste vlotspreker van die oeroue N/UU-taal. Sy vertel haar lewensverhaal in haar eie woorde, met musiek deur Coenie de Villiers. Die produksie is oorspronklik aangebied in samewerking met KunsteKaap as deel van die teater se Erfenisjaar-produksies in 2018. Die choreografie vir die produksie is gedoen deur Kirvan Fortuin. Die verhoogproduksie word ook in 2019 by die Woordfees in Stellenbosch aangebied...
Jan 10, 2019•22 min0
Wayne Mansfield van Pniel is verlede jaar aangewys aan die Wes-Kaapse Opkomende Boer van die Jaar. Hy is nege jaar gelede deur die wynlandgoed, Fairview, genader oor 'n geleentheid om 'n suurlemoenboerdery op 'n stukkie grond op die landgoed te begin. In die tyd was hy 'n vrugtesmous wat tweedeklasvrugte gekoop, verpak en aan markte verkoop het. Vandag strek sy Fruitfield Farming se suurlemoenboorde oor 11,9 hektaar, waaruit sowat 280 ton vrugte geoes word. Sowat 80% van Wayne se suurlemoene wor...
Jan 03, 2019•23 min0
Volgens die 2014-kankerregister word daar elke jaar as 100,000 mense in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer. Die kans is dus goed dat jy dalk iemand ken wat kanker het. Waardeur gaan jou geliefde wat die stryd met kanker voer? Hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak?
Sep 27, 2018•25 min0
Dit is bekend dat die Egiptenare en die Babiloniërs reeds met behulp van sonwysers nie alleen tyd bereken het nie, maar ook die gang van die seisoene kon bepaal. In Suid-Afrika is daar ook verskeie historiese sonwysers, onder andere in die Kasteel, die Slawelosie en die Kompanjiestuin waar daar ongelukkig as gevolg van vandalisme, 'n replika van die oorspronklike opgerig moes word. Chris Swanepoel vertel hoe sonwysers werk, en vandag nog deur entoesiaste vervaardig word.
Sep 20, 2018•26 min0
Mark Purnelle is met outisme en disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat, en die stigma van gestremdhede het baie deure vir hom toegemaak. Hy werk al 30 jaar lank by 'n ingenieurswerkswinkel, en ry elke oggend met sy fiets werk toe. Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Drie jaar gelede het hy besluit hy wil studeer. In weerwil van al die uitdagings van disleksie, slaag hy elke eksamen met onderskeiding. Hy is 'n ware inspirasie, en wil ander mense met gestremdhed...
Sep 13, 2018•22 min0
Die naam Felicia Lesch is sinoniem met die ontwikkeling van musiek en talent. Leer ken hierdie besondere vrou, wat deur al haar studente as 'n ma-figuur gesien word, van naderby. Vir haar gaan dit oor meer as net musiek – dit gaan oor die mens.
Sep 06, 2018•28 min0
Julian Theron word beskou as die top Springbokteler in die land en waarskynlik op die planeet. Prof. Piet Eloff van Hoe verklaar jy dit?-faam het as onderwyser by Paul Roos Gimnasium besef dat Julian, wat deur party mense as dom beskou is, eintlik briljant is. Hy is met disleksie gediagnoseer en moes daarom werk om die hoogste prestasies te behaal. In 'n stadium het hy die top 10 posisies op die Safari Club International se lys van tophoringlengte springbokke behaal. Sy veld-en-dier kennis is we...
Aug 30, 2018•26 min0
Op 80 jaar is Estelle Bester liewer vir Soweto en sy mense as ooit. Haar verhouding met die township strek ver terug. Sy word deur sommige toergidse beskou as die moeder van soweto wat toerisme betref. Orals waar sy gaan, herken die mense haar en knoop hulle geselsies met haar aan. Maar waar het dit begin? Hoe het 'n middeljarige wit vrou in die middel jare 80 in Soweto beland? Christelle van Tonder stap saam met haar deur die strate van Soweto en leer meer oor hierdie unieke township.
Aug 23, 2018•29 min0
Talle Suid-Afrikaners lei 'n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat 'n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoor.
Aug 16, 2018•25 min0
Suster Chrisna du Plessis het 16 jaar gelede iemand buite 'n kliniek gesien op die grond lê, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar 'n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is 'n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, 'n tuiste vir gestremdes, 'n skool vir gestremde kinders, en bied palliatiewe dienste aan pasiënte in die laaste ...
Aug 08, 2018•25 min0
John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na die bekroonde skrywer se lewe en werk.
Aug 02, 2018•28 min0
Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, 'n living maak. Sy het gehoor van die eina's van die gemeenskap, maar daar is ook 'n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se pad met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer. Hy het ho...
Jul 19, 2018•26 min0
Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op die geldwaens gewerk, tot hy verplig was om na 'n ander department te skuif as gevolg van posttraunti...
Jul 12, 2018•31 min0
Noem dit stampkarre, ovaalbaanwedrenmotors, stock cars of net wat jy wil, maar sorg dat jy minstens een keer in jou lewe gaan kyk hoe jaag die mense in hulle omgeboude motors teen mekaar. Presisie en tydsberekening , met die lepel diep ingetrap, is alles. Mariska Spoormaker het die opwindende motorsport in Port Elizabeth gaan kyk, en uitgevind dat die Pink Rods, 'n spesiale kategorie vir vroue, ook daar laat wielewaai.
Jul 05, 2018•27 min0
Seëlversamelaars vertel waar die gogga hulle gebyt het, watter tipe seëls hulle versamel, wat 'n seël waardevol maak, en hoe seëls georden en geberg moet word.
Mar 29, 2018•25 min0
Bendeaktiwiteite het leerders en personeel in die verlede genoop om plat te val sodat hulle nie slagoffers van geweld in die gemeenskap word nie. Blomvlei Laerskool in Hanover Park is 'n bioom van koestering van kinders in die omgewing om hulle beste lewe te lei en die valstrikke in die gemeenskap vry te spring.
Mar 22, 2018•25 min0
Die viool is fyn besnaard, maar tog hardebaard. Die strykinstrument word eeue lank beskou as die maatstaf waarteen alle ander instrumente gemeet word, al is daar geen oortuigende bewyse hiervoor nie. Vioolmakler Evehardus Esterhuizen vertel van die gesofistikeerde kuns van vioolmaak wat reeds eeue gelede deur die ou meesters vervolmaak is.
Mar 15, 2018•25 min0
Ina Strydom kyk na die taalkundige en skrywer se navorsing oor variasietaalkunde en skryf in 'n ander taalvariëteit, die geskiedenis as storiebron, en Afrikaans.
Mar 08, 2018•26 min0