ABRAHAM IZAK PEROLD: DIE VADER VAN PINOTAGE deur Johan Rademan
Mar 25, 2021•27 min0
Episode description
Abraham Perold is op 20 Oktober 1880 op Kromvlei, Dal Josafat in die Paarl gebore. Hy was ‘n wetenskaplike en wynvisionêr wat met besondere insig die wynbedryf in Suid-Afrika uitgebou en gevestig het as ‘n mededingende wêreldgehalte produk. Hy het die kruising, Pinotage, gemaak wat die enigste egte Suid-Afrikaanse kultivar is. Vandag is dit die bedryf se troefkaart, en word dit as rooigoud bestempel.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
