In Taco Kamstra se werf is daar ‘n kerktoring en kerkklok, wat uittroon bo sy vliegtuig in sy voorplaas! ‘n 1919 Model T-Ford, wat nog met ‘n slinger aangedraai word, en vele ander voertuie, begroet die mense wat verby sy huis/museum in Pretoria ry of besoek aflê. Taco moes leer om die miniatuur Sentinel-stoomenjin te stook en te dryf – en in die proses het hy sy broer se woonwa beskadig! Hy het 27 veteraanmotors, waarvan die oudste ‘n 1910 High Wheeler (Elektriese perdekoets) is. Die musiek van...
Jul 03, 2025•27 min
Persone wat trauma beleef is bang en onseker, en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar traumaberaders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt, en die traumachirurg. Tharien Oosthuizen het tyd spandeer met Rian Steenkamp, ‘n traumaberader by Netcare Milpark in Johannesburg, en met drie mense wat deur trauma geraak is.
Mar 27, 2025•49 min
Die afgelope 96 jaar word Tafelberg se kabelkar ingespan om mense en goedere op en af te laat ry. Johan Rademan het in die skadu van ou Tafelberg gaan kuier.
Mar 20, 2025•25 min
Ettienne Ludick vat die pad Gansbaai toe, waar hy delf in die ryk geskiedenis van 'n lewende legende. Van sy dae op skool toe 'n sielkundige vir hom gesê het musiek is nie vir hom beskore is, tot sy jongste album, Sirkels, met 'n 49 jaar lange reis tussen in. Anton Goosen vertel sy storie nes 'n liedjieboer kan.
Mar 06, 2025•30 min
Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)
Feb 27, 2025•26 min
Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy sout water in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops-seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word. Jacques Arendt neem jou op ’n reis na hierdie unieke plek, waar tradisie, natuur, en gemeenskap hand aan hand gaan. Seesout het al vir eeue 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Swartkops. Die inheemse bewoners was die eerste mens...
Feb 20, 2025•22 min
Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis ‘n roete tussen geskiedenis, mensestories, opinies en ligte oomblikke, wat weer herleef word. Die argief is nie net ‘n plek waar ou opnames g...
Feb 13, 2025•26 min
Mariëtta Kruger se uitsaailoopbaan strek oor meer as vier dekades, en sy is ewe bekend op radio as op televisie. Sy is bekend vir haar keurige taalgebruik, haar werksetiek en uiterste professionaliteit, en haar kundigheid.
Jan 30, 2025•25 min
Haidee het afgesit na Jamestown, ook bekend as Webersvallei, 'n hegte gemeenskap met 'n ryk erfenis. Daar het sy die mooiste stories gehoor van ‘n gemeenskap wat passievol is oor dié dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch. Vandag nog deel hulle in mekaar se lief en leed.
Jan 23, 2025•29 min
Volgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize Brink besoek ‘n skuiling vir die brilpikkewyn; bespreek die druk waaronder die spesie tans probeer oorleef met verskeie wetenskaplikes; en vra die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing watter...
Jan 16, 2025•25 min
Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.
Jan 09, 2025•25 min
Die Bergklub van Suid-Afrika is een van die oudste bergklubs in die wêreld, met 6 000 lede wat passievol is oor die natuur, bewaring, berge, stap, klim, rotsklim, die buitelewe en gewaagde vryklim. Hulle soek- en reddingspanne is die mense wat dwarsoor die land verantwoordelik is vir soek- en reddingsoperasies in die die berge, veld en afgeleë plekke. Deel van elke lid se taak is om die bergklub se gebied te patrolleer vir oortreders, soos stappers of klimmers wat onwettig kamp. Bykans elke nawe...
Jan 02, 2025•27 min
Die !Xu en Khwe het in vrede en harmonie geleef in die suide van Angola en die noorde van Namibië. Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die jare 70. Met die onttrekking van Portugese troepe uit Angola, is hulle ‘n nuwe bataljon van SA Weermag, 31 Bataljon, opgeneem. In die periode voor Namibiese onafhanklikheidswording, het hulle ‘n kopseer geword, totdat die Verenigde Nasies se gesant, Martti Ahtisaari, ingestem...
Sep 26, 2024•58 min
Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oor die jare met Zephany in verbinding gebly. In hierdie dokumentêr praat hy met haar, asook met Rache...
Sep 19, 2024•24 min
Carla Mackenzie kyk na die kleurvolle geskiedenis van wyle Jerry Watt en die internasionaal bekende The Rockets. Dié groep van vyf mans het op die Kaapse Vlakte begin, maar het later jare die verhoog gedeel met internasionale musiektalent soos Usher, Luther Vandross en selfs die Spice Girls! Vir die eerste keer sedert 1971 het die groep sonder Jerry Watt die verhoog betree. Jerry Watt se kleinkind volg in sy oupa se voetspore, en sorg dat die musiek aanhou speel. In hierdie dokumentêr gesels Jer...
Sep 12, 2024•24 min
In Desember 2023 was daar 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Martelize Brink gee perspektief met verwysing na die internasionale konteks van vlugtelinge. Die fokus is op internasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en die mense wat moes vlug. Hoe hervestig vlugtelinge hulleself, soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruikstale kan praat nie? (Die program bevat onstellende inhoud, en is nie geskik vir kinders of sensitiewe luisteraars nie. Met dank ...
Sep 05, 2024•26 min
Die akteurspaar, Carel Trichardt en Petru Wessels, is ses dekades in die bedryf – en net so lank getroud. Hulle vertel van hoogtepunte in hulle loopbane, rn praat oor kompetisie, toewyding en ouderdom, en die belangrikheid van stories. Hulle vertel ook hoe ‘n mens só lank getroud bly.
Aug 29, 2024•25 min
Patrick Shabangu is 'n jong swart man wat Afrikaans groot geword het. Maar sy storie is nie so eenvoudig nie. Patrick se biologiese ouers het vir die Van der Bijl-gesin as huishulp en tuinjong gewerk toe Patrick se ma in 1987 swanger word met hom. In 1994 sou Patrick as sesjarige die eerste swart kind in Elarduspark Laerskool wees. Patrick vertel van sy lewe as 'n swart Afrikaner en hoe hy as gevolg van hoe mense hom sien, deur 'n identiteitskrisis gegaan het na skool.
Aug 22, 2024•25 min
Die meeste ouers het hulle kinders se beste belange op die hart. Deel hiervan is die kind se toekoms. Waarheen is hulle op pad, watter geleenthede kan jy hulle bied? Soms kry jy die kans om jou kind met behulp van ‘n beurs na ‘n beter skool te stuur. Of om ‘n talentvolle kind ‘n helpende hand uit hulle omstandighede aan te bied. Help dit werklik op die lange duur?
Aug 15, 2024•27 min
In St. Helenabaai, 'n skilderagtige vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika, is daar 'n groep vroue wat naby die hawe sit en visnette regmaak. Lizelle de Bruin het ‘n dag by hulle spandeer om meer oor die bedryf te leer. Jou eie skêr, ‘n mes, ‘n lang dik naald, groen, rooi en oranje plastiekgaring en ‘n vaardigheid wat oor jare vasgelê is, is die gereedskap van die visnetvroue, wat in wind en weer op hulle pos is om te verseker dat groot vangste veilig in die boot gepomp kan word. Lizelle h...
Aug 08, 2024•25 min
Wie ken nie padwoede nie? Wanneer ‘n voertuig voor jou inswaai of skielik rem, is dit moeilik om nie handgebare te maak en selfs te skel nie. Flip Loots praat hierooe met kliniese sielkundige, dr. Philip Janse van Rensburg, ‘n verteenwoordiger van Arrive Alive, advokaat Johan Jonck, asook ‘n paar padverbruikers.
Aug 01, 2024•27 min
Haidee Muller-Isaacs neem jou op 'n nostalgiese reis na die oorsprong van die Jukebox, lank voor musiekstroomdienste beskikbaar was. Waar kom hierdie blêrkaste vandaan, en hoekom het Suid-Afrika die invoer daarvan in 1949 verbied? Daar is deesdae weer 'n oplewing van belangstelling in ouer blêrkaste onder versamelaars en entoesiaste.
Jul 25, 2024•24 min
Die vinnige vooruitgang van kunsmatige intelligensie is besig om die manier waarop ons werk, te hervorm. Elsje van Jaarsveld delf in hierdie fassinerende verskuiwing, deur te verken hoe alledaagse mense kunsmatige intelligensie in hulle werk en besighede integreer om produktiwiteit en doeltreffendheid te verhoog. Vir besighede bied die integrasie van KI ‘n uiters suksesvolle geleentheid om koste te bespaar. Maar wat sal die gevolge wees indien ‘n individu dit nie aanvaar en omarm nie? Wat hou di...
Jul 18, 2024•25 min
Damprook het ‘n enorme probleem onder kinders jonger as 18 in Suid-Afrika geword. Wat dit moeilik maak vir opvoeders, is dat anders as rook, damprook nie onmiddelik geruik kan word nie. Ettienne Ludick kyk na die voorkoms van damprook, die gevare en watter rol groepsdruk speel. ‘n Ma en dogter deel hulle ondervinding nadat dit aan die lig gekom het dat die kind damprook.
Jul 11, 2024•25 min
Derrich Gardner "gesels" met Al Debbo. Die SAUK se argief het 'n paar ou onderhoude bewaar, en Derrich het Al se stem gebruik om sy vrae te beantwoord. Hulle was nooit saam in die ateljee nie. Dis 'n kort reis deur die lewe van 'n geliefde legende wat Suid-Afrikaners laat skaterlag het. Tydens sy musiekloopbaan het hy ‘n groot aantal langspeelplate en solus sewes uitgereik, asook twee CD’s. As akteur was hy immergewild, en 'n wenner op die lagverhoog en silwerskerm. Hy is op 13 Julie 2011 in Blo...
Jul 04, 2024•26 min
Dr. Allan Boesak het ‘n groot rol in die bevrydingsstryd gespeel - in die kerk, politiek en op gemeenskapsvlak. Hy het ook internasionaal bekendheid verwerf. Hy praat oor sy reis en rol as kerkman en aktivis.
Mar 28, 2024•27 min
Suid-Afrika het op 2 Februarie 1990 onherroeplik verander met aankondiging deur die destydse president FW De Klerk dat Nelson Mandela ná 27 jaar uit die tronk vrylaat sal word, en dat politieke organisasies soos die ANC, PAC en AZAPO nie meer verban is nie. Onderhandelinge tussen die NP, ANC en ander politieke partye het kort daarna begin oor die pad vorentoe vir ‘n nuwe Suid Afrika. Roelf Meyer kyk terug na die proses om Suid-Afrika van ‘n apartheidstaat na ‘n demokrasie te neem, en hoe hoe nab...
Mar 21, 2024•27 min
Sedert Fokofpolisiekar hulle verskyning in 2003 gemaak het, het hulle die Afrikaanse musiekbedryf in 'n ander rigting gedwing. Terwyl konserwatiewes warm onder die kraag was, het duisende ondersteuners die groep gevolg, honger vir 'n verandering in Afrikaans en sy musiek. Fokofpolisiekar vier in 2024 hulle mondigwording… 21 jaar van nié die norm wees nie. Ettienne Ludick het met die lede gesels oor hulle reis van langer as twee dekades - die goed, die sleg, die weer begin, en die enorme impak va...
Mar 14, 2024•25 min
Op Oujaarsaand in 2018 breek ‘n verwoestende brand op Wuppertal in die Cederberge uit. Skaars twee jaar later oorstroom die Tra-trarivier die Morawiese sendingdorpie. Johan Rademan het die RSG-mikrofoon tot in die hartjie van die 1830-dorpie geneem, en met gemeenskapsleier Barend Salamo as gids, gekyk hoe sake nou staan. Hulle het ook van die 16 buiteposte besoek tussen asemrowende rotsgesteentes. Tussen rooibos en askoek in jou Wuppertal-vellies sal jy jubel en juig en rieldans wanneer jy die W...
Mar 07, 2024•26 min
Koorsang is byna so oud soos die mensdom self, en deur die eeue heen betower dit gehore en begeester sangers. Die geheim van koorsang lê in die vermoë om die verskillende sangers in harmonie te laat sing. Die kuns om dié stemsoorte en individue met verskillende agtergronde en uit verskillende kulture te laat saamsmelt tot ’n eenheid, is die kuns van die alchemis: die dirigent. Twee koorleiers wat by uitstek dié vermoë het, is die stigter van die Libertas-koor, prof. Johan de Villiers, en Renette...
Feb 29, 2024•26 min