RSG Dokumentêr - podcast cover

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

SÓ KLINK DISTRIK SES deur Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs diep stories op van vergete musiekskatte uit Distrik Ses, die kleurryke gebied in Kaapstad se middestad in die jare 60. Dit plaas die kollig op musiekstories van talentvolle musieklegendes uit dié multikulturele woonbuurt, sommiges wat in weerwil van hulle talent, nooit genoeg blootstelling gekry het nie.

Feb 22, 202428 min

DIE PADKAART VAN JOU DROME deur Flip Loots

Alle mense droom, maar nie almal onthou hulle drome nie. Wat is drome? Hoekom laat party jou glimlag, en ander word nagmerries? Het drome betekenis? Wat gebeur wanneer jy droom? Hou drome verband met wat ek elke dag beleef? Het dit ook godsdienstige betekenis? Flip Loots het by kundiges soos prof. Kobus Maree, prof. Marius Nel en Esté Geldenhuys gaan kers opsteek.

Feb 15, 202425 min

GOD DIE DIGTER, ‘N HULDIGING VAN TT CLOETE deur Ina Strydom

Tien jaar gelede, enkele dae voor die bekroonde digter en akademikus, TT Cloete, se 90e verjaarsdag, het hy met Ina Strydom gepraat oor sy lewe en werk; oor sy digterskap en ouderdom, en oor genade. Dié heruitsending van die profieldokumentêr is as huldiging van dié merkwaardige mens, wat vanjaar 100 jaar oud sou wees.

Feb 08, 202428 min

AS 'N MAN KNAK deur Elsje van Jaarsveld

Elsje van Jaarsveld ondersoek die verskynsel van uitbranding, wat al hoe meer voorkom. Profesionele persone, van sielkundiges tot mode-ontwerpers, deel hulle ervarings, wat wys dat hierdie probleem nie beperk is tot 'n spesifieke beroepsgroep nie, maar eerder 'n universele uitdaging is op verskeie lewensterreine. Daar is ook insigte van akademici en kundiges, wat 'n wetenskaplike perspektief bied.

Feb 01, 202427 min

MARINEMISDAAD deur Martelize Brink

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige dat visvang en van die hoofbydraers is. Wie neem die voortou om die oplossing te vind?

Jan 18, 202426 min

KONTANT OP DIE KANT deur Renaldo Schwarp

Vanaand val die soeklig op Side Hustles (oftewel kantjoppies). In ‘Kontant op die kantlyn’ ‘n dokumenter deur Renaldo Schwarp, bekyk media persoonlikheid en RSG omroeper hierdie besigheidsvorm van nader. ‘Side Hustles’ is soveel meer as net ekstra inkomste verdien, dit is ‘n manier hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf.

Jan 11, 202428 min

290 JAAR IN DIE SANDPUT deur Marize de Klerk

Kuier saam met gesoute joernalis, Marize de Klerk, op die jukskeibaan en vind uit hoe jukskei oor die afgelope bykans 3 eeue van uitspanspeletjie tot internasionaal erkende sportkode ontwikkel het en beoefen en geniet word.

Jan 04, 202427 min

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 3 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?

Sep 28, 202350 min

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 2 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?

Sep 21, 202347 min

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 1 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?

Sep 14, 202350 min

DIVA, IN DIE WARE SIN VAN DIE WOORD deur Ina Strydom

Die sopraan, Emma Renzi, was die eerste Suid-Afrikaner wat in die La Scala Operahuis in Milaan gesing het. En om in dié heiligdom van opera suksesvol te wees, vereis baie harde werk en toewyding. Sy het op 8 April vanjaar 97 jaar oud geword.

Sep 07, 202327 min

TIK OP DIE PLATTELAND deur Martelize Brink

Goedkoop, maklik om te vervaardig, hoogsverslawend, destruktief. Tik-, of metamfetamien-afhanklikheid, verwoes Suid-Afrika se klein dorpies. Die persepsie dat dwelms meer misbruik word in Sodom en Gomorra, die groot stede van die wêreld, is ‘n mite.

Aug 31, 202328 min

‘N MOSAÏEK VAN EENDERS EN ANDERS WEES deur Lizelle de Bruin

‘n Filosofiese ondersoek na mense se eenders en anders wees, en hoe dit op verskillende vlakke van die wetenskap, taal, politiek en kuns uitspeel. In 'n wêreld waar ons toenemend met mekaar verbind word, is dit belangrik om die fundamentele vraag van menslike gelykheid en die gedeelde ervarings wat ons saambind, te ondersoek. Dis ‘n simfonie van gedagtes wat sy ontstaan het by ’n kunswerk, en wye draaie geloop het in die lewe van mense wat saam gedink het oor of ons eenders of anders is.

Aug 24, 202327 min

LANK LEWE DIE LANGSPEELPLAAT deur Haidee Muller-Isaacs

Die eerste langspeelalbums is in 1948 in die VSA uitgereik. Daar was twee formate, die 10-duim en 12-duim. Die eerste plaaslike langspeelplate is in 1954 in Suid-Afrika uitgereik. Min mense weet dat Maud Damons, ‘n boorling van Distrik Ses, die eerste Bruin vrouesanger was van wie daar ‘n album gemaak is, genaamd The Magic Of Maud. Jy kan meer uitvind oor die gespreksalbum van dr. Chris Barnard, The Human Heart Transplantation, wat op die mark verskyn het om sy geskiedkundige eerste hartoorplant...

Aug 17, 202327 min

LUCY IS WEG deur Esté de Klerk

Daar is ‘n dikwels ‘n besondere verhouding tussen die mens en troeteldiere, wat soms nie in woorde omskryf kan word nie: ‘n diep liefde, geborgenheid en konneksie wat op sielsvlak plaasvind. Diere het ‘n ingebore intuïsie, is opreg, lojaal en gee liefde sonder voorwaarde. Wanneer ons troeteldiere oud of siek raak, staan ons dikwels magteloos, veral wanneer hulle lewenskwaliteit taan en ons ‘n besluit moet neem oor wanneer dit tyd is om te groet. Dis seer, en die trauma vergelyk dikwels met die v...

Aug 10, 202327 min

ESIAS BOSCH: 100 JAAR SE VUURKUNS UIT AFRIKA deur Johan Rademan

Johan Rademan kyk na die baanbrekerswerk en invloed van die pionier-keramiekkunstenaar, Esias Bosch, wat in Witrivier in sy ateljee, Die Randjie, gewoon en gewerk het. Johan gesels met sy drie kinders, Esra, Andre Eva en Anton. Die 97-jarige tydgenoot van Esias Bosch, dr. Pierre Volschenk, is vandag nog net so vurig oor klei. Hedendaagse figure in die kunshistoriese kleibedryf, soos Hennie Meyer, dr. Ronnie Watt en Esther Esmyol gesels saam oor Esias Bosch se ryk nalatenskap.

Aug 03, 202327 min

BEURTKRAG: ‘N DONKER SUID-AFRIKA deur Esté de Klerk

2023 is by verre Suid-Afrika se slegste beurtkragjaar ooit. In die afgelope 16 jaar, vandat beurtkrag die eerste keer in 2007 toegepas is, steier Eskom van die een krisis na die volgende. Dít terwyl die regering ‘n mandaat het om voldoende opwekkingskapasiteit aan die land te voorsien. Maar, waar en wanneer en hoekom het die regering gefaal om uitvoering te gee aan hierdie plig? Wat is die moontlike oplossings?

Jul 27, 202327 min

DIE ROYALSKOU: EINDE VAN ’N ERA deur Derrich Gardner

Derrich Gardner kyk terug na die begindae van die skou, hoe die naam "Royal" deur Engeland se Koning Edward VII in 'n dekreet aan hulle toegeken is, die drie oorloë wat die skou beleef het, Covid, konserte, en die toekoms nadat die gronde in Pietermaritzburg verkoop is.

Jul 20, 202326 min

RANDFIGURE: VERBLIND DEUR BEKENDHEID deur Johan van Lill

Johan van Lill kyk na die mense se fassinasie met omstrede- en randfigure. Kenners bespreek ons neiging om mense te aanbid wat in die openbare oog staan, of dit nou politici, akteurs, musikante of enige ander bekende is. Hoekom het ons 'n drang om na hierdie mense op te kyk en hulle as rolmodelle te sien, selfs al ken ons hulle nie persoonlik nie en weet ons nie altyd alles oor hulle lewe nie.

Jul 13, 202326 min

SOAPVOX - HENRY MYLNE EN VRIENDE deur Sue Pyler-Slabbert

Woon 'n rondetafelgesprek by met akteurs soos Gavin van den Berg, Karin Retief, Hugo Taljaard, Vinette Ebrahim, Christo Davids, Denver Vraagom en Kaz McFadden. Jy het hulle leer ken in Ballade vir 'n Enkeling, Egoli en 7de Laan. Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne. Daarbenewens is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die planke was, Beauty Queen, Huis Toe, Die Baba met die Badwater, Die Vrou uit die See en soveel meer. O...

Jul 06, 202329 min

WORSIE HET 'N WORS GEWORD deur Sue Pyler-Slabbert

Hy het komedie in Suid-Afrika vervolmaak. Hy het die sitkom aan Suid-Afrikaners in hulle taal bekendgestel. Willie Esterhuizen is 'n genie in komiese tydsberekening. Karakters soos Molly, Boeboe, Frikkadel, Poena, Spanner, Ouboet, Antie Poppie en vele meer het lewe gekry deur sy skryfwerk. Willie en sy broer, Pieter, maak 'n gedugte span waar Willie optree as akteur en skrywer en Pieter sorg vir die regie. 'n Paar akteurs deel hulle herinneringe. Willie deel sy storie, en sy broer Pieter praat m...

Mar 30, 202326 min

GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 2 deur Esté de Klerk

Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die tweede deel kyk sy onder meer na etiese, morele en godsdienstienstige besware teen genadadedood, hoe dit internasionaal toegepas word, en groepe wat meen dat die wettiging daarvan in S...

Mar 30, 202327 min

GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 1 deur Esté de Klerk

Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die eerste deel kyk sy onder meer na wat die Grondwet en regstelsel onderskryf, en watter sake reeds deur die howe aangehoor is. Sy vertel ook die verhaal van Johann Beukes wat in 2015 sy ...

Mar 23, 202327 min

KANSELLASIEKULTUUR: DIE PUNTJIE VAN DIE YSBERG deur Johan Rademan

Vier proffesore - Willie Burger van Tuks, Pieter Duvenhage van Akademia, Joan Hambidge van Ikeys en Johann Rossouw van Kovsies - sit om die tafel saam met driemalige Akademiepryswenner Johan Rademan om te kyk na twee kante van die munt oor die moderne verskynsel van skrapping, uitwissing en kansellering van mense in die samelewing. Hulle besin oor die jongste vorm van sensuur, ‘n uitvloeisel van menswees, wat reeds oor eeue aankom.

Mar 16, 202328 min

WAAR NOOT EN WOORD BYMEKAARKOM deur Ina Strydom

‘n Profieldokumentêr oor Tobie Cronjé wat vanjaar 75 word. Dié geliefde akteur en regisseur se werk is welbekend, sy besondere komiese vermoëns, sy gewildste karakters en sy werk in die teater, op televisie en in rolprente. Die dokumentêr fokus op die mens ágter die akteur: sy liefde vir musiek; sy belangstelling in Zen Boeddhisme; sy siening oor tegnologie en teater, kreatiwiteit en uitdagings.

Mar 09, 202326 min

TEGNOLOGIE EN DIE IMPAK OP DIE MENS deur Jody Hendricks

Wat moet die balans tussen mens en tegnolgie wees? Navorsing wys dat indien dit nie reg bestuur word nie, kan kunsmatige intelligensie mense se werk oorneem. Jody Hendricks praat met verskeie kenners oor die gevare en geleenthede wat tegnologie vir ons inhou.

Mar 02, 202326 min

PLOOIE VAN DIE HART deur Johann Pieterse en Veronique van Heyningen

Jonna Heynken, 'n siggestremde vrou van Finland vertel hoe haar lewe verander is deur 'n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur. Dis 'n storie wat jou hartsnare sal roer en jou weer sal herinner dat selfs die lelike ook goedheid kan bevat. Kyk deur die oë van 'n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid, 'n kanniedood lewensfilosofie het.

Feb 23, 202326 min

DISKOERS: VAN SOKRATES TOT SOSIALE MEDIA deur Johan van Lill

Johan van Lill praat met kenners oor hoe goed ons onderleg is in die formulering van argumente en standpunte. Weet ons hoegenaamd hoe om te redeneer oor ’n saak? Om lekker oor ’n saak te kan redeneer, is deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. En elkeen wat sosiale media gebruik, voel hulle het die reg om hulle mening oor enige aangeleentheid uit te spreek.

Feb 16, 202327 min

GROOTWORD SONDER 'N PA deur Jody Hendricks

Statistieke SA het in 2019 statistiek uitgereik wat wys dat meer as 60% van kinders wat in daardie jaar gebore is, geen besonderhede van die pa bevat het nie. TV-aanbieder Ivor Swartz, wat sonder ‘n pa grootgeword het, beskryf dit as ‘n tikkende tydbom. Jody Hendricks het met verskeie kenners en mense wat sonder ‘n pa grootgeword het, gepraat.

Feb 02, 202324 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android