RSG Dokumentêr - podcast cover

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

HARTBEESPOORTDAM, ’N EEU VAN VERWONDERING deur Elsje van Jaarsveld

Die Hartbeespoortdam vier vanjaar haar 100e bestaansjaar. Dis ’n merkwaardige mylpaal as mens in ag neem hoeveel terugslae die dam moes trotseer. Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort. Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesig. Waterhiasint wat soms tot 40% van die wateroppervlak beslaan, moet deurgans bestry word. Die Rhod...

Jan 26, 202325 min

ALZHEIMERS, ‘N LEWE SONDER ONTHOU deur Johan van Lill

Johan van Lill ondersoek die impak wat Alzheimers en demensie het op die mense om ons. Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly? Alzheimer is die bekendste vorm van demensie – ‘n neurologiese siekte met ‘n verlies aan algemene kognitiewe vermoëns in 'n voorheen helderdenkende persoon.

Jan 19, 202327 min

OP DIE AGTERPOOT deur Lizelle de Bruin

In die hartjie van die Boland op die perdeplaas, Mistico, is die enigste stoet Lippizaners in Afrika. Hierdie perde het ‘n baie ryk geskiedenis, en hulle is spesiaal geteel vir hulle ongewone krag. Hulle is reeds 75 jaar lank in Suid-Afrika. Die stoet word gebruik om jaarliks twaalf ruiters op te lei as deel van ‘n internskap. Meeste van die ruiters kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die Lipizzaner is 'n antieke ras wat uit die Romeinse tyd dateer, onder keiser Julius Caesar. In die 14de eeu het...

Jan 05, 202325 min

Kersfees 1914 deur Esté de Klerk

Op 24 Desember 1914, vyf maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitbreek tussen die Sentrale en Geallieerde magte, daal ‘n heilige stilte oor die slagveld op die Westelike front in Europa, neer. Dit sou later bekendstaan as die 1914 Kersfees Wapenstilstand: ‘n vredesooreenkoms tussen vyande wat nog nooit weer in die geskiedenis herhaal is nie. Uit hierdie gebeurtenis, put die musikant en skrywer, Coenie de Villiers inspirasie waarmee hy met ‘n nuwe lied, Kersfees 1914, hoop wil bring aan minderbev...

Dec 11, 202225 min

85 JAAR VAN MUSIEK deur Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs fokus op die plaaslike musiekbedryf sedert 1937 met die stigting van ‘n volwaardige radiodiens in Afrikaans. Hoor meer van langspeelplate, kassette en CD’s, verskeie kunstenaars en hulle treffers, die Musiek en Liriek-beweging en die Voëlvry-beweging wat daarna sou volg. Haidee fokus ook op die befondsingsmodel vir musiek, en hoe stroomdienste werk.

Sep 29, 202227 min

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 2 deur Johan van Lill

Johan van Lill kyk verder na die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Hy fokus op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.

Sep 22, 202227 min

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 1 deur Johan van Lill

Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.

Sep 15, 202226 min

LOKSTEM VAN 'N DIONUSUS deur Ina Strydom

Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf. Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.

Sep 08, 202227 min

DIE HANTAM NASIONALE BOTANIESE TUIN deur Johan Rademan

Daar is elf nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika wat deur SANBI bestuur word. Die Hantam Nasionale Botaniese Tuin is die grootste nasionale botaniese tuin in Suid-Afrika. Johan Rademan gesels daar met kenners oor die geofiete, fauna en flora op die Bokkeveldplato.

Sep 01, 202225 min

KILOMETERS VAN GESKIEDENIS deur Lizelle de Bruin

Oor dekades heen het die NG Kerk se kantoortannies dinge opgeteken en geliasseer, en iewers op ‘n punt na die Kerkarfgief in Stellenbosch gestuur. Lizelle de Bruin het by die argief gaan kyk wat alles daar bewaar word, en watter segmente van die samelewing daardie argiefmateriaal kan gebruik.

Aug 25, 202225 min

AAN DIE KLOK deur Martelize Brink

Suid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.

Aug 18, 202226 min

JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April

Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by historiese plekke soos die Jesusfort in Mombasa en die Mnarani-ruïnes. Jambo beteken hallo, en die geb...

Aug 11, 202224 min

KLIPPLAAT: SPOORWEGDORP TOT SPOOKDORP deur Jacques Arendt

Klipplaat is sowat 185 km van Gqeberha, 35 km van Jansenville en 75 km van Aberdeen af geleë. Die dorp het sy naam gekry as gevolg van die groot rotsklipplate in die omgewing. Met die koms van die spoorweg in 1879 het Klipplaat begin lewe. Die stasie het tot 1992 ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie en boerderygemeenskap gespeel, en was ‘n aansluiting vir treine vanaf Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth. Die konining van Engeland het Klipplaat in 1947 op ‘n wit trein besoek. Hoe gaan...

Aug 04, 202226 min

DISTRIK 6 NOU: KANALA OF TRAMAKASSIE? Deur Johan van Lill

Johan van Lill het ‘n paar jaar gelede ‘n dokumentêre reeks gemaak oor Distrik 6, soos vertel deur die herrinneringe van die oudinwoners. Intussen het van die inwoners teruggekeer na hulle geliefde grond. Hoe ervaar die mense wat teruggetrek het na die nuwe Distrik 6 dit om daar te bly? Wat is tans aan die gebeur in die gebied?

Jul 28, 202227 min

AS JY LOOP HET JY HOOP deur Lizelle de Bruin

Die Pelgrimstog van Hoop is 'n pelgrimsroete wat die oudste kerke van Suid-Afrika besoek. Die roete kan gevolg word van Stellenbosch of Robertson af en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in die land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersbos. Die roete volg ook die geskiedenis van die land, en loop deur ou sendingstasies soos Genadendal ...

Jul 21, 202225 min

DIENSPLIG deur Jody Hendricks

Vir drie dekades, vanaf 1966 tot die laat tagtigs, was militêre diensplig vir die meeste jong wit seuns in Suid-Afrika onafwendbaar. Hulle staan bekend as die dienspliggenerasie. Nou, dekades later, in die nuwe Suid-Afrika kyk baie van hulle met trots terug op hulle dienspligtydperk, vir sommige was dit ‘n jaar en vir ander twee jaar. Maar daar is ook van hulle wat dit nie wou doen nie, dit was ‘n nagmerrie en ‘n tyd waaroor hulle liewer nie wil praat nie. Jody Hendricks praat met drie mans oor ...

Jul 14, 202226 min

SUID AFRIKA, ‘N OUDIOTÊR VAN 1949 TOT 2021 deur Ettienne Ludick

Suid Afrika het ’n ryk geskiedenis sedert 1949 - goed en sleg. Ettienne Ludick het die afgelope 12 jaar of wat ’n klankargief opgebou wat van hierdie oomblikke uitlig. Daar is klank van dr. Verwoerd se moord met beskrywende ooggetuie-opnames, die Soweto-opstande, die oorgang na demokrasie, en sporthoogtepunte soos die wêreldbekeroorwinnings en die Hansie Cronjé-sage.

Jul 07, 202226 min

AGTER DIE MASKER - DEEL 2 deur Esté de Klerk

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die st...

Mar 31, 202230 min

AGTER DIE MASKER - DEEL 1 deur Esté de Klerk

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die st...

Mar 24, 202230 min

DIE BLOMMEVERKOPERS VAN ADDERLEYSTRAAT deur Haidee Muller

Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al hulle glorie, kleur en geur aantref. Hulle is ‘n bloedlyn van blommemense, en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as 'n eeu lank met blomme handel gedryf. Dit, nadat die Anglikaanse aartsdeken en weldoener, Thomas Lightfo...

Mar 17, 202226 min

DIE DUURSTE SPESERY OP AARDE deur Jacqui January

Saffraan, die duurste spesery op aarde, verkoop teen R200,000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning, en sowat ‘n 150,000 blomme is nodig om ‘n kilogram saffraan te produseer.

Mar 10, 202222 min

IN NOMINE PATRE deur Fritz Klaaste

Daar is ‘n drastiese afname in die aantal nonne in sekere dele van die wêreld. In Suider Afrika is it egter baie stabiel. Die rol van nonne in ons lewe word nie goed gepubliseer nie, en misinformasie dra by tot ‘n wanpersepsie oor dié besondere roeping. Fritz Klaaste het die wêreld en leefstyl van die non gaan bekyk.

Feb 24, 202228 min

50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink

Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof dr. Malene le Roux en verskeie ander rolspelers wat oor die jare betrokke was by die kunste in Kaapstad.

Feb 17, 202226 min

TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill

Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.

Feb 10, 202228 min

DIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize Brink

Duimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot die plaaslike wynbedryf gemaak het. Martelize Brink het twee maande voor sy dood, aan huis met hom oor...

Feb 03, 202226 min

DIE DIEP DONKER WEB deur Jody Hendricks

Almal weet wat die wêreldwyeweb (www) is, maar baie min mense weet van die ander dele van die internet, soos die diepweb en die gevaarlike donkerweb. Jody Hendricks stel ondersoek in na die verskeie dele van die internet, en hoe dit jou privaatheid en veiligheid kan bedreig.

Jan 27, 202228 min

BROERS - VAN GISTER TOT VANDAG deur Johan Rademan

Na Theuns Jordaan se dood het ‘n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm. Elkeen het ‘n storie. Johan Rademan kyk na die invloed van die ouerhuis en ‘n loopbaan oor drie dekades van drie broers - die Snyman-broers. Christo, Cobus en Stephan (Nick Stephens) het twee B. Mus-grade tussen hulle, en twee van hulle het in die Kanaries gesing. En wat het Zane Adams en die Bala-broers met die drie broers te doen?

Jan 20, 202225 min

CM VAN DEN HEEVER, ‘N MAN VAN SY TYD deur Ina Strydom

Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942 vir prosa vir die roman LAAT VRUGTE. Hy was die stigter van die Afrikaanse Skrywerskring, en eerste ...

Jan 13, 202228 min

NAMAKWALAND - ‘N FONTEIN VAN STORIES deur Johan van Lill

Johan van Lill vat die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan. Namakwalandse mense verstaan mekaar en ken mekaar uit aan die name wat hulle vir mekaar gee. Name met stories daaragter. Vir Namakwalanders is stories deel van gesels en kuier. Hulle het hulle eie manier om goed te vertel. Die stories is ryk aan uitdrukkings, wat net so beskr...

Jan 06, 202228 min
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android