Nóú pra’ jy - podcast cover

Nóú pra’ jy

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Chris Chameleon: Die wêreld brand en ek hoor ʼn gejuig

Deur Chris Chameleon Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.

Jun 24, 20257 min0

Prentjie-mooi Kasjmir deur konflik geteister

Deur Freek Robinson Daar moet ʼn tyd kom wat honderde toeriste, aand na aand, die skemer-taferele van die meer met sy boothotelle kan beleef – en ʼn glasie klink op vrede.

May 22, 20254 min0

Chris Chameleon: Die kompliment

Deur Chris Chameleon Die gesprek swaai dan in die rigting van die vreemde draaie wat die lewe loop om ʼn mens op te saal met die lot van jou omstandighede…

May 08, 20258 min0

Van Mandela na Trump

Deur Freek Robinson Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.

Apr 04, 20256 min0

Chris Chameleon: Die toets vir Afrikanerskap

Deur Chris Chameleon In sommige opsigte is Afrikanerskap soos Christenskap – dis iets wat jy bloot bely. As jy sê jy’s een is dit al genoeg om deur die samelewing getel te word as een.

Mar 28, 20256 min0

Mosambiek en die grondverskuiwing in Afrika-politiek

Deur Freek Robinson Met die geweld wat bedaar het, wil gerugte dit hê dat Venancio Mondlane bereid sou wees om saam met Frelimo in ʼn regering van nasionale eenheid te dien. Hopelik sal die geknelde land voortaan ʼn tyd van vrede en ontwikkeling beleef.

Jan 30, 20254 min0

Chris Chameleon: As alles verander, behalwe die nukke

Deur Chris Chameleon Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom na die bestemming van my wil kan swem nie, sleur die stroom my mee en besing ek die bestemming daar...

Jan 27, 20257 min0

Chris Chameleon: ʼn Kersfees vir tant Poppie

Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie.

Dec 11, 202411 min0

Chris Chameleon: Vir ewig joune

Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking te wees.

Nov 25, 20246 min0

Die absurditeit van oorlog

Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take onderwerp.

Nov 21, 20249 min0

Chris Chameleon: Wat maak dat ek 'n boek verder wil lees

Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.

Oct 30, 20245 min0

Kommer oor Trump

Deur Freek Robinson Dit is te verwagte dat konserwatiewe groeperinge vir Trump sal stem, maar die middelklas en beroepslui is bekommerd oor die vervlakking van die politieke diskoers.

Oct 16, 20246 min0

Chris Chameleon: Die vergestalting van my manlikheid

Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.

Sep 26, 20247 min0

In 'n staat van trauma

Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.

Sep 04, 20245 min0

Chris Chameleon: Kom ons MAGA vir goud!

Deur Chris Chameleon Ek wil my eerder hier bemoei met die meer tradisionele aspekte van die Olimpiese Spele en menslike uitnemendheid, asook die tanende belangstelling in atletiek. Die wêreld het MAGA (make athletics great again) nou nodiger as ooit.

Aug 29, 20249 min0

Vind die Mandela in jou

Deur Freek Robinson Minister McKenzie het met entoesiasme vertel hoe hy as bende-misdadiger tot “bekering” gekom het deur Nelson Mandela se boodskap van ubuntu en vergiffenis. So kan elkeen die Mandela in hulself vind en help bou aan ʼn verenigde nasie.

Aug 07, 20245 min0

Chris Chameleon: ʼn Wonderwerkie

Deur Chris Chameleon En so het dit gekom dat Gijs tydens sy drafsessie presies daar verby gedraf het, die beursie wat uit my sak geval het gesien, dit as myne herken het en... Wel, dankie God, en dankie Gijs.

Jul 23, 20245 min0

Wanneer die inbraak nie ‘erg’ genoeg is nie

Deur Freek Robinson Toe die polisie by ons huis aandoen, het hulle gou belangstelling verloor toe hulle hoor niemand is beseer nie en dat dit nie ʼn ernstige diefstal was nie.

Jul 10, 20246 min0

Die Rooi Gevaar

Deur Freek Robinson Vandag weet ons daar het niks gekom van die rooi gevaar of die totale aanslag nie. Op die ou einde is ons maar almal mense met dieselfde behoeftes en probleme, ongeag ideologie.

Jun 06, 20245 min0

Chris Chameleon: Muilband FM

Deur Chris Chameleon Daar het in die afgelope 30 jaar ʼn kultuur van selfsensuur langsamerhand die strop al nouer om die keel van wit omroepers getrek.

May 22, 20247 min0

Oor almal wat uitgesluit word

Deur Freek Robinson Een van die eerste hoë profiel mense wat kritiek teen die inisiatief uitgespreek het, was Christo van der Rheede – ʼn “bruinman” wat al diep spore in “Afrikaner”-instansies getrap het soos AgriSA en die Afrikaanse Handelsinstituut.

May 03, 20247 min0

Chris Chameleon: Die misdaad van pornografie

Deur Chris Chameleon As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.

Apr 25, 20247 min0

Chris Chameleon: Kuns vir wins

Deur Chris Chameleon Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.

Feb 26, 20247 min0

Dis nie so maklik om te oordeel nie

Deur Freek Robinson Veelvoudige rituele word toegepas internasionaal. Sommige heel onskuldig – soos sê nou maar ʼn universiteit se gradeplegtigheid tot die inisiasie van jong Xhosa-seuns wie se besnydenis dikwels lei tot die dood. Jy kan nie sommer sê wat is reg of verkeerd nie.

Feb 22, 20246 min0

Goeie en slegte verwikkelinge

Deur Freek Robinson In hierdie versoeningsmaand het van die allerverskriklikste voorvalle van rassisme plaasgevind. Tog was daar ook opbeurende nuus.

Dec 30, 20236 min0

Chris Chameleon: Die etiket van gebed

Deur Chris Chameleon Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te bid voor etes in restaurante.

Dec 04, 20236 min0

Uitheemse bome, inheemse studentelewe

Deur Louis Boshoff Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.

Nov 08, 20236 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android