As jy die Cremora advertensie, "it's not inside, it's on top" onthou gee dit dalk nou bietjie van jou ouderdom weg. 😉 Dankie tog dat dit nie so werk met die Heerlikheid ( Doxa ) van God ( Deo ) nie! God se Heerlikheid in ons is nie afhanklik van perfektheid nie maar is juis sigbaar in ons menslikheid. Ons menslike gebrokenheid is nie n briek/blok vir sy Heerlikheid nie.
Jun 29, 2025•41 min
Hoe help die Helige Gees ons om getuies te wees van Christus? Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Jun 22, 2025•40 min
Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Jun 15, 2025•36 min
Die Heilige Gees is die manier waardeur die Vader in ons woning maak. Dit is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.
Jun 08, 2025•32 min
Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd....
Jun 01, 2025•31 min
Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd....
May 25, 2025•39 min
Het jy al gekyk na die dinge wat in die wêreld om jou gebeur, of die goed wat mense doen en gewonder of liefde dan regtig wen? Die Sondag begin ons 'n nuwe reeks waar ons gaan delf in Kolossense 3:12–14 en die eerlike vraag vra: Wen liefde regtig? Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons h...
May 18, 2025•40 min
Die rol van die Heilige gees in ons lewens
May 11, 2025•36 min
Jy is ingesluit in God se Koninkryk!!! Glo jy dat dit waar is van en vir jou? Die belangrikste openbaring wat ons as kinders van God kan hê is om te verstaan dat ons deur Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis en Sy oorwining oor die dood, nou deel het aan 'n ewige lewe van oorwinning en genade in Jesus!
May 04, 2025•28 min
Ingesluit // Week 1 // Christus ons nuwe verwysing
Apr 27, 2025•40 min
Vier saam ons die belangrikste gebeurtenis van ons geloof, die opstanding van Jesus
Apr 20, 2025•30 min
In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Neels ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.
Apr 13, 2025•34 min
In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Jaques ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.
Apr 06, 2025•31 min
Ons kyk vandag nie net na n paar helde van die geloof in die Bybel nie, maar ontdek ook die roeping op ons eie lewens om draers van Sy heerlikheid te wees. Sodat ander se geloof sal baat uit ons storie uit.
Mar 30, 2025•34 min
Die Here het sekere uitsprake oor ons lewens gemaak, maar dit vat ons soms n tydjie om die volheid daarvan te ontdek en om ons lewens te belyn met die waarheid.
Mar 23, 2025•34 min
Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy dink aan die heerlikheid van God? Vir geslagte lank is Sy teenwoordigheid gesimboliseer deur vuur, wolk en die heilige ruimte van die tempel se Allerheiligste—verberg, ver, en slegs vir die hoëpriester gereserveer. Maar alles het verander toe Jesus aan die kruis gesterf het. Die dik gordyn wat die mensdom van God se teenwoordigheid geskei het, is van bo tot onder geskeur—’n goddelike uitnodiging wat verklaar dat ons nou met vrymoedigheid Sy teenwoordigheid k...
Mar 16, 2025•32 min
Wat is die prentjie in jou gedagtes, wanneer ek die woord Jesus sou sê? Die meeste van ons sal dink aan Hom, gebore in die krip, Hy het op aarde gewandel. Hy is gekruisig. Hy het uit die graf opgestaan. Opgevaar na die hemel. En ons wag op Sy wederkoms. Wel, dit is absoluut waar.Maar vandag wil ons u 'n ander perspektief bied. En ons wil dit uit die boek Hebreërs neem. Hierdie perspektief is dat Jesus Christus die Koning van heerlikheid is. Hy is oppermagtig en Hy is heerlik. Alles van hoe ons d...
Mar 09, 2025•37 min
Hoe verskillend sal mense se lewens wees waneer hulle besef die "Jesus Manier" is werklik beter. Hoe Verskillend sal jou lewe lyk as jy werklik die "Jesus manier" kies waneer jy voor keuses staan elke dag?
Mar 02, 2025•36 min
Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!
Feb 23, 2025•36 min
Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!
Feb 16, 2025•40 min
Hoe hanteer ons dit waneer gebede nie beantwoord word nie, of waneer dinge nie uitdraai volgens ons wil nie? Vandag deel Jaques met ons oor die belangrikheid van om Die Here se rol in ons lewens reg te verstaan.
Feb 09, 2025•35 min
As Christene is dit belangrik dat die Here eerste prioriteit in ons lewens het. Reflekteer ons lewens dit ten volle? Wat is die dinge wat soms veroorsaak dat God n agtersitplek inneem in ons lewens en hoe kan ons dit voorkom?
Feb 02, 2025•38 min
Ons sien in Hebreërs 12 dat God die een is wat ons aanmoedig, disiplineer en aanspreek. Hoe ontvang ons hierdie van die Here af en wat kan dit vir ons beteken?
Jan 26, 2025•30 min
Ons probeer verander, en probeer beter wees, maar slaag nie altyd nie en eindig dan op om juis te doen wat ons nie wou doen nie. Wat is die regte benadering tot verbetering, en hoe kan ons werklik n lewe leef wat eer bring tot die Here?
Jan 19, 2025•38 min
Ons probeer verander, en probeer beter wees, maar slaag nie altyd nie en eindig dan op om juis te doen wat ons nie wou doen nie. Wat is die regte benadering tot verbetering, en hoe kan ons werklik n lewe leef wat eer bring tot die Here?
Jan 12, 2025•33 min
Hoekom val meeste van ons voornemings plat en slaag ons nie in ons doelwitte om te verbeter nie? En hoe kan ons sukses verseker? Om te verseker dat ek en jy groei en onsself verbeter, moet ons hoop om beter te wees, maar meer as dit, moet ons die regte gewoontes kweek in ons lewens om ń lewe te leef wat eer bring tot die Here.
Jan 05, 2025•40 min
Ons kyk terug na rolspelers in die geboorte en koms van Jesus, en hoe hulle van hulself gegee het. Wat kan ons daaruit leer vandag?
Dec 26, 2024•43 min
Ons kyk na van die grootste name in die Bybel, wat ń weg voorberei het vir die koms van Jesus. Naamlik Johannes die doper, Maria, Jesaja en Jeremiah. En vra dan die vraeg, wat kan ons by hulle leer, om ń weg voor te berei vir die koningkryk van God.
Dec 22, 2024•39 min
Wat het Jesus op aarde kom doen? Die antwoord is hy het die Koninkryk van God kom aankondig, n nuwe manier van dink, doen en lewe. Wat alle Jesus volgelinge nou van deel is. Hoe sien ons dat die Koninkryk van God gevestig sal word op die aarde, soos dit in die hemel is?
Dec 16, 2024•36 min
Hoe verstaan ons "Redding" en hoekom is dit belangrik? Vandag kuier Jaques met ons oor die grondliggende verstaan van redding, asook die sakramente wat daarmee gepaard gaan, naamlik die doop van die gelowige en nagmaal.
Dec 08, 2024•40 min