Radioteater - podcast cover

Radioteater

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

ROTS VAN VERSKRIKKING, saamgestel uit die werk van Eugène Marais

Die bekroonde regisseur Ilsé van Hemert se verhoogproduksie, Uit die bloute, het in die jare 90 landwyd opslae gemaak. Hierdie werk, saamgestel uit die skryfkuns van die digter en joernalis Eugène Marais het so diep in kunstefeesgangers se harte gekruip dat dit later herleef het met ’n heel nuwe rolverdeling. Luister nou na hierdie sonderlinge produksie met Anna-Mart van der Merwe, Gys de Villiers en André Odendaal. Hierdie radioverwerking bevat ook die musiek, toonsettings en verwerkings van Ma...

May 06, 202159 min0

MAKKIE ONTHOU deur Adelle van Wyk

Die drama is die wenner van die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Makkie Ghall word deur die polisie ondervra nadat ‘n lyk in haar werkgewer se swembad ontdek is. Vyftien jaar later maak ‘n vreemdeling onverwags sy verskyning, en kort daarna begin Makkie vreemd optree. Die waarheid kom mettertyd uit wanneer ‘n jong vriend en haar susterskind Makkie se storie begin ontrafel. Die spelers is June van Merch, Simoné Benjamin, Dann- Jacques Mouton, André Weideman en Marcel van Heerden.

Apr 29, 20211 hr 2 min0

STERREREËN deur Hendie Grobbelaar

Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. 'n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee is met vakansie. Dis 'n gulde geleentheid vir sy pêlle om die huis op horings te neem. Waarop hy egter nie gereken het nie is 'n beeldskone, eksentrieke meisie se bekoring met die misterie vir die buitenste ruim. Dit lei daartoe dat hy 'n klap van die heelal kry, en selfs met 'n pratende kat sit... of is dit alles die uitwerking van eksper...

Apr 22, 202148 min0

MORGENSTER deur Philip Nolte

Dit is 2040 en Suid-Afrika is onherkenbaar. ‘n Dispotie. Die post-pandemie regering het ekonomieë verander en kontroleer die land met ‘n diktatorshand. Provinsies is geskrap. Mure is rondom metropole gebou om die rykes en die armes te skei. Aardverwarming het veroorsaak dat somer verdwyn het, en dat winter die wêreld deur die jaar omhels. In die armsalige uitstedige uitbreiding, Morgenster, is die inwoners desperaat en moedeloos in die gehawende omstandighede van hulle bestaan. So ook die middel...

Apr 15, 20211 hr 12 min0

HULLE NOEM HOM MAMBA deur Adriaan Havenga

Wenner van die prys vir Beste Jong Skrywer in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Elbie is ‘n kranige skrywer wat hoop om haar eerste boek te publiseer. Vanaand se afspraak met ‘n uitgewer kan haar en haar seun se lewe heeltemal verander. Alles moet reg verloop. Sy moet net gou winkel toe ry om bestanddele vir ‘n dis te koop – op die donker kronkellende paadjie tussen die dorp en haar kleinhoewe. Die tema van vrees en die verlammende effek daarvan op ons lewens word verken. Die...

Apr 08, 202150 min0

DIE KLEED deur Joey van Niekerk

Die drama handel oor ‘n gesin se ervarings voor en gedurende die Joodse Pasga, en hulle persoonlike geloofstryd en -insig. In die sterbelaaide rolverdeling kan die stemme gehoor word van Anton Dekker, Ria Smit, Lochner de Kock, Paul Lückhoff, Johny Klein, Elma Potgieter en Pietie Beyers.

Apr 02, 202159 min0

PAP EN KAVIAAR deur Isabel Martinson

Die drama is die wenner van die merieteprys in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die Bennets, Koba en Loek, gaan ontmoet hulle aanstaande skoonmense in die stad, Leana en Marius Fitzwilliam. Stella, hulle dogter, is van plan om met Gerber Fitzwilliam te trou. Tydens die besoek spat die vonke, want Leana en Marius is nie een wat hulle voorgee om te wees nie. Die moedswillige Loek Bennet kom te staan voor die grootste selfverwyt van sy lewe… Die spelers is Elma Potgieter, Karen...

Apr 01, 202156 min0

DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen

Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom ‘n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor dié waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy ‘n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. ‘n Vrolike, vermaaklike drama propvol kinkels. Die sterbelaaide rolverdeling in hierdie argiefdrama bestaan uit Louis v...

Dec 31, 20201 hr 6 min0

BRING VIR CARLI deur Janie Lighthelm

Tehan Kriel is ‘n geniale student wat oor die tou trap in sy eerste jaar op kampus. Tien jaar later lyk die lewe heeltemal anders vir hom. Hy is 'n doktor. Hy en sy vrou het drie kinders. Om die uitdagings van die lewe te hanteer, neem hy sy ontvlugting in die luister na musiek, maar sal dit genoeg wees om hom staande te hou? Die spelers is Melt Sieberhagen as dr. Sebastehan (Tehan) Kriel, Rolanda Marais as sy vrou Loura, asook Susanne Beyers, Deon Lotz en Karli Heine.

Dec 24, 20201 hr 3 min0

HALLELUJA AMEN deur Ilne Fourie

Dit is ‘n baie belangrike dag vir Broer Gawerjal Grootwoord. Die nuwe dominee op die dorp, ds. Hendrik Hermanus Haasbroek, word vandag verwelkom, en Broer Gawerjal het besluit om dit op ‘n gepaste wyse in te wy met lofgesang en hallelujas. Die kerkkoor het ‘n noodvergadering waar daar besluit gaan word wat hulle moet sing om die nuwe dominee te laat tuis voel. Daar is egter een probleem – die kerkkoor kan glad nie sing nie… Boonop is daar slegs drie lede, en sedert hulle ontstaan het geen nuwe l...

Dec 17, 202056 min0

DIE MASJIENTJIE deur Joe Kleinhans

Beatrice Nortje is ‘n werklose boekhouer en enkelouer van ‘n twintigjarige verstandelik gestremde seun, Damien. Haar posisie raak al hoe meer benard as dit duidelik word dat Damien ernstig siek is. Waar sal uitkoms vandaan kom? Van Pastoor Glen Jansen, kerkleier op Lasarusfontein? Of van oorlede Scott McFadden se raaiselagtige masjientjie? "Geloof en werke... wat beteken die een sonder die ander" is die vraag wat sy gedwing word om haarself te vra. Gerwen Weinheimer maak haar buiging voor die mi...

Dec 10, 20201 hr 10 min0

DIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis

Wanneer laas het jy ‘n goëlstorie gehoor? Die eerste mimidrama is ‘n Russiese periodestuk wat in 1852 in ‘n dorpie buite Moskou afspeel. Die Kaptein en sy vrou beeld ‘n plattelandse bestaan uit waar goëlery gebruik word om ‘n gesin uit hulle huis te verdryf. Eers word militêre mag gebruik om dit te bestry, en dan word wywater aangewend wanneer die Roomse Priester, Vader Victor, die vertrekke wil reinig. Die tweede minidrama verskuif die toneel na die Oos-Kaapse platteland in 1920. Die Spook van ...

Dec 03, 20201 hr 9 min0

BOETIE ONTMOET 'N ALIEN deur Johann Smith

Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die gesin worstel met allerlei probleme wat nie eers die internet kan oplos nie. En dan is die ouers erg bekommerd oor hulle kinders se geestelike en emosionele welstand. Op ‘n dag is daar ‘n klop aan die deur. Daar staan ‘n vreemde, bleek man, en hy praat ‘n rare taal in ‘n vreemde elektroniese stem sonder dat sy mond beweeg! Het hy oplossings ...

Nov 26, 202052 min0

LIEFDE IS 'N ROOS deur Tennessee Williams

Serafina Delle Rose is ‘n Italiaanse Amerikaner en ‘n passievolle, wispelturige, middeljarige vrou wat hard probeer om haar dogter volgens die Katolieke geloof groot te maak. Hulle woon in Mississippi, maar ná die afsterwe van haar man, besluit sy om haarself af te sonder. Sy verwag Dat haar dogter ook die luike dig moet sluit en nie enige verhoudings moet aanknoop nie. Maar dan ontlok ‘n man met ‘n tatoeëermerk ‘n rits herinneringe. Anna-Mart vertolk die rol van Serafina, met Frieda van den Hee...

Nov 19, 20201 hr 12 min0

'N TWEEDE KANS deur Ronel Mostert

'n Liefdesverhaal wat aanklank sal vind by diegene wat in die liefde ontnugter is, maar wat dan, sonder dat hulle dit verwag, 'n tweede kans op geluk kry. Leah se grootste begeerte word werklikheid - sy is swanger. Haar vreugde is egter van korte duur wanneer die pa van haar kind en haar werkgewer saamspan om haar te ondermyn. Haar ma, Wilna, se steun is van onskatbare waarde. Die spelers is Karen Wessels, Rina Nienaber, Paul Lückhoff, David Louw, Eloise Cupido, Heidi Mollentze en Donovan Pieter...

Nov 12, 20201 hr0

JOHANNA SE ELVIS deur Hendie Grobbelaar

Johanna Apolis is ‘n voorslag as dit kom by die uithaal van blinklywe. Dis haar ambisie om gereken te word onder die vistermanne deur die heel grootste vis van almal te vang. Sou dit haar beskore wees? En teen watter prys? Jy hoor Simoné Benjamin as Johanna. Dann-Jacques Mouton van Noem my Skollie-faam maak sy buiging voor die radiomikrofoon as haar sagmoedige man, Gert. Zenobia Kloppers speel Mattie. Denver Vraagom is Jan Baartman. En jy hoor die stem van Neels Coetzee as Oumeneer. Johanna se E...

Nov 05, 202053 min0

NAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde

Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit omdat hy net sy ma, Gloria Smith, se woord kan neem vir wat met sy pa gebeur het, of het dit iets te doen met die beertjie-musiekboks wat hy sukkel om oop te kry. Weet Gloria meer as wat sy voorgee? Die spelers is Dawid Minnaar, Henrietta Gryffenberg, Luan Jacobs, Ansu Visser en Elzabé Zietsman.

Oct 29, 20201 hr 5 min0

HUISHOU deur Philip Rademeyer

Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ‘n huis opbou en vol maak, en dink ook hulle het ‘n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou). Die jonger vrou, Hester, is ‘n loskop wandelaar. Sy ontvang ‘n oproep wat haar dwing om na haar ouerhuis terug te keer. Die naweek op haar plattelandse tuisdorp dompel haar in ‘n iden...

Oct 22, 20201 hr 17 min0

DIE PRYS deur Joey van Niekerk

Susan Pretorius, tuisteskepper en ywerige lid van die VLU, wen ’n koekbakkompetisie met ’n droomprys – een wat sy en veral haar man, Hermaans, nie verwag het nie. Toe ontdek hulle dat sy dit eintlik glad nie verdien nie. Hulle besef oneerlikheid is nie die moeite werd nie, al is die prys ook hoe aanloklik! Maar wat nou gemaak? Die spelers is Rika Sennett, Martin Jansen, Ronel Korb en Lochner de Kock.

Oct 15, 202057 min0

MOF EN SY MENSE deur C.J. Langenhoven

Frikkie van Zyl en sy aangenome suster, Poppie, woon op 'n plaas in die Klein Karoo tydens die Spaanse griepepidemie van 1918. Frikkie tree op as versorger op buurplase, en met sy terugkeer bring hy 'n klein hondjie as geskenk vir die gestremde Poppie saam. Ten spyte van al die teenspoed wat oor hulle pad kom, vind hulle troos in mekaar en in die hondjie se teenwoordigheid. Die spelers is Wessel Pretorius, Karli Heine, Susanne Beyers, Carel Nel, Pierre Nelson, Charl van Heyningen en Dean Balie.

Oct 08, 20201 hr 12 min0

BLOEDMAAN deur Martyn le Roux

Bloedmaan is is die opvolg van die veelbekroonde BLOEDLYN (2015). Die storie neem ons na die hartjie van die Tankwa-Karoo. ʼn Groot skroef is los in die Sutherland-omgewing. Dit lyk of ʼn reeksmoordenaar daar bedrywig is. Een van die moorde volg egter nie die patroon nie, en lyk baie soos ʼn herhaling van die 'wolfmoorde' wat destyds in die Boland gepleeg is - ʼn onaangename herinnering wat die polisie en baie ander eerder sou wou vergeet of in ʼn bottel iewers in ʼn kroeg sou wou verdrink… Die rolle ...

Oct 01, 20201 hr 30 min0

‘N TRAGIESE KÊREL, TEEN WIL EN DANK deur Anton Tjechof

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, ondersoek die pyne van armsalige huishouer en eggenoot, Iwan Iwvanowietsj. Hy is stuurgoed, nie slegs vir sy eie vrou en pantoffelregering nie, maar sommer die hele dorp se vrouens as hy 'n slag stad toe kom. Nico Luwes, wat die stuk verwerk het vir die radio, speel Iwan, terwyl die rol van sy stadsvriend, Alexey met die simpatieke oor, vertolk word deur Johann Nel. Hierdie RSG produksie is moontlik gemaak deur 'n bor...

Oct 01, 202027 min0

OU WYNTOON EN DIE WEERLOSE KREATUUR deur Anton Tjechof

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur 'n kykie in die geesteslandskap van 'n jiglyer. Kistoenof, die bankbestuurder, het hom die vorige aand vergryp aan te veel rooiwyn, en dra nou die gevolge van sy vergryping. Sy lyding word haas ondraaglik wanneer 'n 'weerlose' kliënt met onredelike eise haar opwagting by die bank maak. Die 'weerlose kreatuur' word deur Esther von Waltsleben gespeel. Pochatkin, die jo...

Sep 24, 202033 min0

DIE AASVOËL deur Elton Louw

’n Man sit rustig en rugby kyk, wanneer ’n jong inbreker hom onkant betrap. Die twee mans wil mekaar aan die keel gryp, maar besef dat hulle baie meer in gemeen het as wat hulle ooit sou kon raai… Die storie gaan oor menslikheid en kyk na van die sosiale kwessies aan wat baie mense daagliks in die gesig staar, naamlik werkloosheid en armoede. Wat as die lewe jou so druk dat ‘n misdaad soos inbraak die enigste opsie is? Die storie verduidelik ook wat dalk kan gebeur as mens op die verkeerde tyd o...

Aug 29, 202047 min0

BLOMME VIR DIE WINTER deur NP van Wyk Louw

Blomme vir die winter speel af in Parys, Frankryk, en is 'n verhaal oor onbeantwoorde liefde. 'n Man koop blomme vir 'n vrou wat hy eendag per toeval raakgeloop het, maar soos water, glip sy keer op keer deur sy vingers. Hoe bewys hy aan haar dat hy werklik vir haar omgee en vir haar lief is? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Bettie Kemp, Leona Rich en Francois Stemmet. Die regisseur is Robert Young. Young het in Julie 2020 sy tagtigste verjaardag gevier.

Aug 20, 202049 min0

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van 'n vryery in haar herfsjare. Hierdie is 'n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels a...

Jul 25, 202040 min0

KRAG deur Lee Doubell

Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is 'n noodlynoperateur wat sedert die begin van die derde inperkingstyd besonder hard werk. Tussendeur al die oproepe waaraan sy gewoond is, kom daar een laatmiddag 'n oproep deur van 'n bejaarde vrou wat 'n noodgeval beleef. Sy't probleme met haar krag, en Hester moet uiteindelik protokol laat vaar om die tannie te help... Die rolle word vertolk deu...

Jul 02, 20201 hr 3 min0

ELLA SE PERDE deur Charles J. Fourie

Die bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk, en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. 'n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

Jun 25, 20201 hr0

DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux

'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens 'n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar 'n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar 'n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met 'n beduidende verstandelike gestremdheid sekere vermoëns ver bo gemiddeld toon. Een van die bekendste...

Jun 18, 20201 hr 25 min0

DIE LYK deur Karin du Toit

'n Aksiebelaaide donker komedie oor 'n graf, 'n kis en 'n lyk... Trudie word jare lank fisies en emosioneel deur haar man aangerand. Een aand, tydens 'n hewige argument, gebeur daar iets wat vir Trudie en haar volwasse seun, Francois, opsaal met 'n “massiewe probleem.” Die rolle word vertolk deur Elzabe Zietsman, Cobus Venter, Ria Smit, Eloïse Cupido, Hannes Müller, David Louw en Mari Molefe van Heerden. Karin Du Toit is 'n oogkundige van Vanderbijlpark, en hierdie is haar debuutradiodrama. DIE ...

Jun 11, 20201 hr 5 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android