HUISHOU deur Philip Rademeyer - podcast episode cover

HUISHOU deur Philip Rademeyer

Oct 22, 20201 hr 17 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ‘n huis opbou en vol maak, en dink ook hulle het ‘n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou). Die jonger vrou, Hester, is ‘n loskop wandelaar. Sy ontvang ‘n oproep wat haar dwing om na haar ouerhuis terug te keer. Die naweek op haar plattelandse tuisdorp dompel haar in ‘n identiteitskrisis, en sy begin wonder oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos beide vroue vasklou aan hulle beginsels en verbete baklei om deur die ander gehóór te word, word hulle verhouding en liefde op die spel geplaas. ‘n Drama oor verhoudings, die soeke na die “ek” in die “ons”, en mense wat verby mekaar praat. Nadia Valvekens vertolk die rol van Dirkie en Cintaine Schutte dié van Hester.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android