Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand. Toe die kaptein, sy vrou Gesina, en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, n die laat 1700’s daar aangekom het, was daar niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ’n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het – net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word. Die verhaal strek oo...
Jun 26, 2025•1 hr 8 min
Lupin, ʼn gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn, die antiheld van Sel 6, om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ‘n bendelid en dwelmsmous, nie ’n moordenaar nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap. Maar, gevangenes kan tot twee jaar af kry as hulle ‘n ontsnapping rapporteer. Sal Lupin daarin slaag om te ontsnap, of sal Roux sy ...
Jun 19, 2025•1 hr
As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê. Maar regverdig die doel altyd die middele? As enkelouer het hy altyd sy seuns eerste geplaas, maar dié twee het hulle eie agendas. Hoe gemaak as jou gesag skielik bevraagteken word, jou naastes jou verraai, en dit lyk asof jy nie eers op jou eie geheue kan staatmaak nie? Hierdie vrae maal in Franklyn se kop... Die spelers is André Samuels, Hein Poole, Angelo Bergh, Ingri...
Jun 12, 2025•1 hr 7 min
Die drama speel af in ‘n psigiatriese saal van ‘n hospitaal, waar ‘n klompie dienspligtiges tydens die apartheidsjare hulle bevind. Die jong mans se ervaring van die grensoorlog en die posttraumatiese stres wat dit tot gevolg gehad het, word belig. Sommiges was recces, 32 bataljon geharde soldate, en sommiges wou graag grens toe gaan, maar is medies ongeskik verklaar. Die drama bevat volwasse inhoud en taalgebruik wat sensitiewe luisteraars kan ontstel. Die spelers is Viljee Maritz, Wessel Preto...
Jun 05, 2025•49 min
Thea en haar suster Anna se verhouding is problematies. Thea verstaan nie hoekom Anna oorbeskermend teenoor haar optree nie, en sy kom in opstand daarteen. Sy glo Anna het haar te jonk in ‘n huwelik ingedwing. Thea ervaar trauma en sy beland in ‘n senukliniek. Om haar te help herstel, neem Anna haar Ciprus toe vir ‘n vakansie. Daar ontmoet sy iemand wat uiteindelik verstaan hoe sy voel. Sy sien ook wat volgens die Griekse mitologie die geboorteplek van Afrodite, godin van skoonheid en liefde, is...
May 29, 2025•53 min
Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak. Sy het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis, Schalk Schoombie, gedeel. Schalk het dit in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk, en toe as radiodrama. Die verwoestende gebeure word deur verskeie karakters se oë uitgebeeld. Die spelers is Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais, Melt Sieberhagen, Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula V...
May 22, 2025•59 min
Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer is te hoor in hierdie raaiselagtige drama. Leon van ...
May 15, 2025•53 min
Dit is die jaar 1913. Iewers tussen Griekwastad en Campbell boer Johannes Eland en sy broerse met skaap en bees. Sy vrou, Katrina, is ’n nasaat van die groot Adam Kok I. Hulle sestienjarige dogter, Fytjie, is verlief op Tariq Mentoor, ’n man van minstens tien jaar haar senior, wat vir ’n diamantdelwer aan die oewer van die Garieprivier in die omgewing van Douglas werk. Wanneer Johannes haar verbied om enige kontak met die man te hê, verdwyn sy skielik een nag. Sonder geld, maar met die vaste gel...
May 08, 2025•1 hr 16 min
Verbeel jou jy is in 2050 waar kunsmatige intelligensie tot jou voordeel... of nadeel kan strek. Dawid le Roux is ‘n rekenaarprogrammeerder. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Hy word egter gekonfronteer met die kunsmatige wêreld wat hy vir homself skep. Verkies jy eerder ʼn kantoor vol mense en ’n lewensmaat, of beheerde eensaamheid? ‘n Wêreld van tegnologie het voordele, maar ook uitdagings. Die stryd tussen mens en masjien is nog lank nie verby nie. Die...
May 01, 2025•1 hr 9 min
Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi. Leniesgif is egter die woonplek van ʼn paar spoke, soos Benjamin tot sy ontsteltenis ontdek. Lenie Kruger, haar stiefdogter Hanna, die bekkige Franse matroos Thomas en die pratende hond Goebbels het elkee...
Apr 24, 2025•1 hr 7 min
Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn oor lewensversekering navraag gedoen het. Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaard oproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee...
Apr 17, 2025•1 hr 1 min
Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak, en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na vore te kom. Die regisseur is Johny Klein, en die spelers is Rika Sennet, Tobie Cronjé en Luan Jacobs...
Apr 10, 2025•1 hr 2 min
Shawn Day is die wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, in die Jong Skrywer-kategorie. ‘n Joernalis ondersoek die verdwyning van ‘n professor in kriptosoölogie nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is ‘n magdom vrae wat die joernalis nie kan beantwoord nie, en die enigste oplossing is om saam met een van sy kollegas Karoo toe te reis om die antwoorde te gaan soek. In hierdie dorre omgewing moet hy dan eindeloos soek vir die misterie wat sy le...
Apr 03, 2025•1 hr
Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.
Dec 26, 2024•1 hr 17 min
Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. In die ou dae voordat daar van horlosies gebruik gemaak is, was die gebruik dat die wagte op die mure om die stad, die stand van die sterre snags dophou om só die tyd te bepaal. Die skaapwagter, Mefibos...
Dec 25, 2024•51 min
Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André Terblanche, Susanne Beyers, Albert Maritz en Conradie van Heerden. Joanie Combrink het die regie behartig.
Dec 19, 2024•52 min
Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar gedurig in die rede val. Tog verstaan sy dat die dood van haar broer, nie so maklik vir haar mammie was om te verwerk nie. Die spelers is is Zenobia Kloppers, René Cloete, Simoné Benjamin-Carolissen, Sharfa du...
Dec 12, 2024•55 min
Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’n geheimsinnige jong man. Dadelik is dit asof hulle mekaar ‘n leeftyd al ken. In die verwarring van golwe, seewater en wind raak dit al hoe moeiliker om helder te dink. Wanneer reuse golwe oor die dek ...
Dec 05, 2024•13 min
Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.
Dec 05, 2024•39 min
Mevrou Dominee hunker, soos op menige ander Maandagoggende, na Sondag se oorskot-nagmaalwyn. In dominee se afwesigheid, pleit Gabriël by haar om nie in die versoeking gelei te word nie. Hy maak homself tuis op die pastorie se kombuiskaste, vanwaar hy alles beskou wat mevrou aanvang. Hy aanskou ook haar tweestryd: sy sukkel om die gemeentelede tevrede te hou, ten koste van haarself. Onse Mevroutjie, soos die klein dorpie se mense graag na haar verwys, se rug knak onder die las van verwagtinge, en...
Nov 28, 2024•56 min
Abraham Cloete sukkel voort op sy plaas in die Sandveld ná sy vrou se dood. Sy dogter kom help hom na haar terugkeer uit Kaapstad, waar sy gekwalifiseer het as verpleegster. Dit is ‘n laat Saterdagmiddag, Junie 1940, en ‘n storm is aan die broei oor die Weskus. Ryk Swanepoel die polisiesersant kom verby met stories oor ‘n Duitse duikboot wat in die omgewing gesien is. Die storm beweeg in, en almal moet help om die diere van die rivier se bank af in te bring. Daar sien hulle die nagskuit met die ...
Nov 21, 2024•52 min
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die mantel as ewige vriend van jou skouers wil aftrek, en jouself wil oopmaak as iemand se wederhelfte w...
Nov 14, 2024•1 hr
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring. Wanneer sy aan die einde van die drama ’n wiegeliedjie vir haar ongebore baba sing...
Nov 07, 2024•1 hr 32 min
Theunis Kriegler en sy dogter Willa woon op ‘n plaas, en boer met skape. Hulle leef afgesonderd, en kry nie dikwels besoekers nie. Daar daag een nag tydens ‘n storm ‘n vreemdeling op. Die vreemdeling, wat vir Theunis ontstellend bekend lyk, word ingenooi, met verreikende gevolge. Die akteurs is Tobie Cronjé, Juanita de Villiers en Donovan Pietersen. Ina Strydom is die regisseur.
Oct 31, 2024•1 hr 1 min
’n Verhouding word 'n troebel terrein wanneer ’n paartjie nie meer openlik met mekaar gesels nie. Ná baie jare saam voel haar lewensmaat skielik vir Mari soos ’n vreemdeling. Wat het geword van die partydier-Dirk, die prettige ou vir wie sy destyds geval het? Toegegee, hulle het albei sedertdien groot geword, middeljarig geword… Maar sy gedrag is die laaste tyd só eienaardig dat Mari vir sy sielkundige gesondheid begin vrees. Hy is so afsydig en sy weet nie eens meer aldag waar hy heen gaan nie....
Oct 24, 2024•57 min
Christo Kirsten en sy vriend, Buks Botha, vier hulle 50ste verjaarsdag in die Kgalagadi met ‘n sewe-dag toer. Hulle jarelange vriendin, die ryk weduwee Delia Dirksen, rëel alles en word deel van die verjaarsdagvieringe. Buks en Amy Botha is onbewus van wat op hulle een donker nag in die Bosobogolo-kamp wag. Wat is gevaarliker in die afgeleë Kgalagadi? ‘n Jarelange wrok tussen vriende, of ‘n uitgehongerde luiperd? Die spelers is Francois Stemmet, Jacques Gombault, Lizz Meiring, Marina Coetzee en ...
Oct 17, 2024•55 min
Toe Mira se man, David, dood is, onttrek sy haar. Sy hou op werk, vermy haar beste vriendin, Katrien, antwoord nie haar foon nie, en sy gaan nêrens heen nie. Katrien gee egter nie moed op nie. Sy ondersteun haar vriendin, en die twee deel herinneringe uit hulle verlede. Hulle dink onder andere terug aan 'n besoek aan Alicante, in Spanje, waar hulle vakansie gehou het, en waar Mira vir David ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Mira en David het saam 'n tuinboubesigheid bedryf, e...
Oct 10, 2024•54 min
Ons toneel speel af in die Johannesburg van die 1930's, rondom 'n tafeltjie in ’n kafee waar 'n joernalis en sy fotograaf-vriendin sit. Die joernalis het 'n ontmoeting met 'n bedelaar gehad, wat 'n groot indruk op hom gemaak het. Na aanleiding sy vertelling aan sy vriendin, ontgin die twee hoofkarakters gedagtes op die vraag of ons, as mense, uiteindelik tog maar ongelyk is, en slegs 'n broederskap handhaaf met die mense van dieselfde stand. Die spelers is Carel Nel, Cintaine Schutte, Richard va...
Oct 03, 2024•36 min
Oom Hansie is trots op sy kennis en ervaring as jagter, selfs al word hy deur die jonger geslag onderskat. Sy liefde vir die ou tradisies bots met die moderne wêreld rondom hom, en hy probeer sy plek daarin behou. Oom Hansie simboliseer die einde van 'n era, maar vasgevang in sy eie tradisie en trots. Die spelers is Cobus Venter, Christelle Webb-Joubert, Francois Stemmet, Rian Terblanche, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer. Juanita de Villiers is die regisseur. Vir die radio verwer...
Oct 03, 2024•30 min
Die Pauw-tweeling (Jacques Bessinger en DeKlerk Oelofse) erf ’n plaas. Die padstal-duo (Richard van der Westhuizen en Anrich Herbst) vorm ‘n teenpool van blootstellings met die tweeling wat nie weet waar die klok se klepel hang nie. Rolanda Marais is die prokureur van die stad, wat die plaas toeken aan die metro-tweeling. Miché van Wyk is die barmhartige samaritaan op die platteland, met ‘n ondeundheid in haar. Die regisseur is Johan Rademan.
Jun 27, 2024•45 min