Op ‘n plattelandse dorp is daar ʼn diep geheim wat John Junior en Nessa gaan skok. Hulle ouers verkies om dit stil te hou, omdat dit regtig nie saak maak nie. John Junior, nes die res van die gemeenskap, is versot op vinnige motors. Junior kry ʼn geleentheid om by ‘n motorwerktuigkundige ‘n ambag te doen. By sy huis, sukkel hy om sy groot liefde uit die kloue van sy neef, ʼn groot bendeleier, te red. Wat dit moeilik maak, is dat sy ware liefde, Nessa, aan dwelms verslaaf raak, en hy alles in sy ver...
Jun 20, 2024•49 min
Tannie Kleintjie du Preez, die matriarg van die plaas Galilea, kry ’n onverwagse oorvalling by die hoenderhokke. Sy is met die helm gebore, en jaag almal op die plaas op hol want vandag, glo tannie Kleintjie, is dit die wegraping. Selfs die diere op die plaas is onrustig en kan dit aanvoel. Maar hoe maak mens gereed vir die wegraping? Sal dit werklik gebeur? Wie is gereed daarvoor, en wie nie? En hoe sal die persoonlike onderstrominge op die plaas die gebeure na ’n spits dryf? Met Joanie Combrin...
Jun 13, 2024•55 min
Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil wees, om lief te hê, om seer te kry. Dit is amper 'n afloer-ervaring, 'n kans om mense se verhale te hoor wat gewoonlik agter toe deure plaasvind. En hopelik vind die luisteraar hoop en empatie agter daardie deure. Die spelers is Anton Schmidt, Deon Coetzee, Heidi Mollentze, Erin Patience en Rico Immelman. Almero Welgemoed het oorspronklik...
Jun 06, 2024•52 min
Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in konflik met homself, en deur die verloop van die drama speel sy kontrasterende emosies teen mekaar af tot ‘n klimaks wat op die grootste tragedie uitloop. Sy verhouding met familie, naastes en vertrouelinge is deel van die reis waarop Hamlet moet gaan in ‘n poging om sy vader se dood te wreek. Die spelers is Chris van Niekerk, Annette Engelbrech...
May 30, 2024•54 min
Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly om rus te vind ná onlangse gebeure in die stad. ’n Moord in ’n woning naby die losieshuis is egter net die begin van ’n reeks ontstellende situasies. Spoke uit die verlede sal ook binnekort by Leandri kom aanklop – met mening… Die spelers is Nadia Valvekens, Rika Sennett, David Louw, Claudia Jones, Botha Enslin, Zane Meas en Elzabé Zietsman. Die regisseur is Christelle Webb-...
May 23, 2024•1 hr 4 min
Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie, Aardendal, aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word, en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hy ontmoet vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie, Kotie, en die predikant Genopen. Plaston is 'n wese in wie daar geen kwaad is nie, maar wat juis 'n diep begeerte het om mens te word, pyn en liefde te ervaar, en pr...
May 16, 2024•1 hr 6 min
JAKARTA MAMMA is ‘n hartroerende verhaal oor die krag van ‘n ma (in hierdie geval ‘n paar ma’s) se liefde. ʼn Swanger Suid-Afrikaner word in Indonesië gevang met ʼn tas vol dwelms, en tot tronkstraf gevonnis. Haar ma, familie en vriende probeer desperaat om ten minste haar baba terug te bring huis toe. Sal hulle dit regkry, en sal almal veilig tuis wees op Moedersdag? Die spelers is Joanie Combrink, June van Merch, Miché van Wyk en De Klerk Oelofse. Frieda van den Heever is die regisseur.
May 09, 2024•52 min
In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel. Die regie i...
May 02, 2024•56 min
Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie... Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie... Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen. Die reg...
Apr 25, 2024•52 min
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die inl...
Apr 18, 2024•54 min
Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die ander een s’n saai verwoesting. Die rolverdeling is is Philru van Achterberg, Botha Enslin, Christo Campion en Mandi Baard. VERRAAD het die tweede plek ...
Apr 11, 2024•46 min
‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery... Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Antowan Nothling, Shemane Harris, Solomon Cupido, Ria Smit en Eddie de Jager. Tweegesig is die wenner van die 2023 RSG ...
Apr 04, 2024•50 min
400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir die radio dur Nico Luwes. Die spelers is Duncan Johnson, Henriëtta (Gryfenberg) Plattner, Elzabé Zietsman, Claudia Jones, Kaz McFadden, Francois van Re...
Mar 29, 2024•50 min
Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergadering om die toekoms van die familieboerdery te bespreek.
Dec 25, 2023•51 min
Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding motief het om hom vankant te maak. Wie is die skuldige? Dit mag jou verras!
Dec 21, 2023•1 hr
Nols D’Amus, deur Hendie Grobbelaar, vertel die storie van Nols wat per ongeluk in 1999 in die Vallei van Tussen-In beland. Daar ontmoet hy ‘n paar interessante mense – maar hulle leef nog in 1989! Hy benut egter die geleentheid om ‘n paar transaksies vas te knoop met beloftes van groot winste iewers in die toekoms. En wanneer hy die Vallei verlaat, “spring hy weer oor die almanak” soos Santjie (Elzabe Zietsman) dit noem, en beland tot sy skok en ontnugtering in 2020.
Dec 14, 2023•1 hr 7 min
Alet ly aan ’n traumatiese toestand wat klaarblyklik onbewustelik van haar ma af op haar oorgedra is. Ten tyde van die ma se heengaan, is dit Alet se ouer suster, Jana, wat haarself met ’n belofte verbind tot die taak om uit te vind wat presies in hulle ma se lewe gebeur het wat hiertoe kon gelei het. Toe iemand eendag by hulle deur kom aanklop, kry die soektog momentum, maar onverwagse hindernisse kom terselfdertyd oor haar pad. Uiteindelik beland Jana by ’n punt waar sy ’n riskante besluit oor...
Dec 07, 2023•54 min
“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,” ‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter die winkelsentrum woon en hul daaglikse bestaan maak. Hulle word ondersteun deur die kerk met ‘n broodjie so nou en dan en die dominee wat af en toe kom inloer. Maar hierdie goedhartigheid van die dominee kom teen ‘n prys...
Nov 30, 2023•1 hr 1 min
Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind, haar talentvolle seun Johan, se kanker teruggekeer. Hierdie is ‘n storie van oudword, afskaal, twyfel, verlies en vergeet. Amanda Strydom en Hannes van Wyk, wat destyds die rolle vertolk het in die verhoogproduksie, kan in hierdie drama gehoor word. Die ander akteurs is Dawid Minnaar, Nadia Valvekens en Eddie de Jager.
Nov 23, 2023•1 hr 20 min
‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar boonop ‘n kragonderbreking is, begin die poppe dans. Die spelers is Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Anrich Herbst, Hannah Borthwick, Marion Holm, Adriaan Havenga en Ira Blanckenberg.
Nov 16, 2023•39 min
’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute akteur en stemkunstenaar, Karen Wessels, maak haar debuut as skrywer met hierdie werk, en sy speel ook die hoofrol teenoor die ewe ervare kunstenaar, Robbie Wessels. Die ander akteurs is Altus Theart, Johny Klein, Renske Jacobs en Marina Coetzee.
Nov 09, 2023•1 hr 8 min
Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense, wat ‘n geliefde verloor het. Maar oneerlikheid haal hulle in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees nie, en blom hulle romanse onder uiterste en dikwels tragiese omstandighede. Die akteurs is Izél Bezuidenhout, Luan Jacobs, Tobie Cronjé, Ria Smit, Su...
Nov 02, 2023•1 hr 1 min
‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n woord sê nie, verkeer in doodsgevaar! DIE STOMME MOSES is ‘n absurde komedie wat afspeel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899...
Oct 26, 2023•48 min
Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk.
Oct 19, 2023•30 min
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie... Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs.
Oct 12, 2023•58 min
Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie.
Oct 05, 2023•52 min
Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie, Bets du Preez se chaotiese administrasie en die vredemaker Marietjie(tjie) wat as die taalsuiweraar optree, is die kantoor ‘n tikkende tydbom. En dan wag hulle vir meneer van der Watt om aan te kondig wie die nuwe hoof van Laerskool Noord is... Die spelers is Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee en Albert Maritz.
Jun 29, 2023•1 hr 13 min
Die verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis Heilie se ma wat in ‘n motorongeluk dood is. Hulle word deur ongewone omstandighede gedwing om hulle verhouding in oënskou te neem. Die spelers is Rene Cloete en Ivan Abrahams. Die produksie word aangebied met die vergunning van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans.
Jun 22, 2023•39 min
Wat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n kompetisie wat om Paasfees gesentreer is, met ongelooflike pryse wat R10 000 kontant, ‘n trollie kruideniersware en 'n skaap insluit. En voor jy kan sê bliksemstraal, gons die hele dorpie oor die kompetisie... en dit maak ook die geldgod in sommiges wakker. Hulle sal selfs nie eers skroom om afpersing te gebruik om hulle hande op die prysgel...
Jun 15, 2023•59 min
Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels.
Jun 08, 2023•1 hr 8 min