'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? Hierdie radiodrama is 'n verwerking van die teaterteks wat by die 2023 kykNET Fiëstas bekroon is met die toekennings vir Beste Nuutgeskepte Teks en Beste Opkomende Kunstenaar. Die spelers is René Cloete en Adriaan Havenga.
Jun 01, 2023•57 min
Ná afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz in haar klaskamer. Die twee sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf. Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus op wat die twee op die hart het nie. Want sy wat Juffrou Calitz is, is dalk swanger... en die hoof is dalk die pa... Die spelers is Mandi Baard, Izel ...
May 25, 2023•50 min
Thérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa en daarna Hardus om saam te draf en selfs aan georganiseerde padwedlope deel te neem. Maar die wáre rede vir haar skielike besluit is glad nie wat Thérèse se gesin verwag het nie... Die akteurs is Susan Erasmus, Rudolph Torlage, Micke Hannay, Henko de Goede, Helmi White, Anita Torlage, Barry Tolmay en Annemarie van Dyk. EN SORG TOG MOOI VIR...
May 18, 2023•1 hr 2 min
Voorman is die leier van die klein gemeenskap tussen die wingerde en vrugteboorde. Daar leef hy enTant Kwaai en Oumama saam met die jongklomp Ratseknaap, Soetlief en Koggeljan te midde van daaglikse vreugdes, probleme en teleurstellings. Maar hulle gemeenskap word bedreig deur ontwikkelings op verskeie vlakke. Die akteurs is Deon Lotz, Marlo Minnaar, Liz Archer, Joanie Combrinck en Riaan Visman. Die drama word uitgesaai ter viering van die skrywer se 80e verjaarsdag.
May 11, 2023•41 min
Dis die verhaal van drie mans wat saam op die grens was - Vingers, Soete en Bul – en wat van hulle geword het. ‘n Plan wat hulle almal moes ryk maak, het verreikende gevolge… Met Deon Lotz, Anton Dekker, Denver Vraagom en die 12-jarige Malea Avis wat haar radiodebuut maak. HOUVAS is die wenner van die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
May 04, 2023•58 min
Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot sangkompetisie gewen en is hipergewild. Nou doen Danie alles in sy vermoë om nét soos George te lyk en selfs op te tree. Hy begeer dieselfde graad van bekendheid en sukses. Hy sal egter gou agterkom hoe bedrieglik die vermaaklikheidswêreld is, en dat daar groot gevaar agter al die glans kan skuil. Die akteurs is Adriaan Havenga, Pietie Beyers...
Apr 27, 2023•1 hr 1 min
Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is die vlek op ‘n mens se siel. Die spelers is Mandi Baard, Shemane Harris, Karin Retief, Anton Dekker, Sulette Thompson, Rina Nienaber en Sue Pyler-Slabbert. Die drama het die derde plek verower in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
Apr 20, 2023•1 hr 1 min
Mot, oftewel Mathilda, het 'n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd 'n buffer wees tussen Mot en haar huislike omstandighede nie. Dan ontdek Mot 'n geroeste koekblik met sleutels en 'n adres in. Sy en Liam besluit om te gaan uitvind wie se adres dit is... en hulle maak 'n ontdekking wat albei se lewens verander. Met Hanna Borthwick as Mot en Wessel Pretorius as Liam. Ander stemme wat gehoor word, is die van Ira Blanckenberg, Lee-Ann v...
Apr 13, 2023•53 min
'n Herlewingsdrama vir almal wat smag na vernuwing. Hoop beskaam nie. Beleef in Paastyd hoe ons Verlosser ons kleinmenslike traumas met wonderwerke heeltemal omkeer. Die akteurs is Richard van der Westhuizen, Sulette Thompson, Christo Compion en Karen Wessels. Die regisseur is Helena Hugo.
Apr 07, 2023•56 min
Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Wat is hier aan die gang? Met Lelia Etsebeth, Kaz McFadden. Renske Jacobs en Stefan Vermaak. Die regisseur is Leon van Nierop. Wenner van die Merieteto...
Apr 06, 2023•51 min
Vir die radio vertaal en verwerk deur Aart de Villiers en Don Lamprecht. Dit is Oukersaand. Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die feesvieringe rondom Kersfees sien nie. Hy wil skaars vir Karel Kroukamp, sy klerk, toestemming gee om tyd saam met sy gesin deur te bring. Maar dan ontvang hy ‘n paar besoekers in sy slaap wat hom laat besef wat die invloed van sy knorrigheid op ander is. Die spelers is André Rossouw, Ivan Abrahams, Christo Gerlach, Theresa Cloete, Randall de...
Dec 25, 2022•52 min
Jerome Fortuin, die nuut aangestelde voorman op die deftige en welgestelde Mildred Malan se kleinhoewe, maak vroegoggend ‘n rare vonds wat hy versigtig versteek. Hy probeer vir homself ‘n nuwe lewe skep ná traumatiese kinderjare in ‘n kindersorgsentrum en ‘n onverdiende botsing met die gereg. Tydens ‘n storm een nag, ontdek Mildred die versteekte verrassing, en hy smeek haar om sy geheim te bewaar. Sy willig teësinnig in en ‘n ongewone vriendskap ontwikkel tussen hulle. Soos die waarheid ontvou ...
Dec 22, 2022•1 hr 6 min
‘n Familiegeheim word onthul, wat Giel se lewe op sy kop draai. Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar wanneer sy doodgaan begin hy opnuut wonder oor die pa wat hy nooit geken het nie. ‘n Vreemde man nader Giel op die dag van sy Ma se begrafnis, maar Giel kan nie na die man luister nie. Hy het immers sy enigste ouer verloor. Daar is familielede wat vir Giel ondersteun, maar sommige weet meer oor die verlede as ander. En die man by die begrafnis,...
Dec 15, 2022•47 min
Daar is baie stories oor Dirk Ligter, ‘n legende van die Tankwa Karoo. Wat waar is en wat nie, is nie altyd duidelik nie. Twee skrywers tree met mekaar in gesprek oor hulle onderskeie weergawes van Dirk Ligter en sy lewe. Die spelers is Nic de Jager, Waldimar Schultz, Dean Balie, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius, Riaan Visman, Marion Holm en Frieda van den Heever.
Dec 08, 2022•1 hr 15 min
Katie en Annie is twee afgetredenes wat die wêreld vanaf hulle balkonne beskou. Oorkant hulle is Die Seekat, ‘n gewilde kuierplek. Die lawaai wat daarvandaan kom, dryf die twee ou dames egter tot raserny en hulle besluit om ‘n plan te maak… Die spelers is Rina Nienaber, Shemane Harris, Simon Bruinders, Philru van Achterberg, Izel Bezuidenhout en Johny Klein.
Dec 01, 2022•39 min
Hoe beland ‘n mens op straat en word ‘n boemelaar? Veral as jy ‘n professionele, gegradueerde mens is met ‘n gesin. Einstein is so ‘n mens. Hy en sy vriend Skerf woon in ‘n park onder ‘n boom. En dan, een middag daag daar ‘n joernalis en haar vriend op. Sy soek ‘n storie. En Einstein soek antwoorde. Die spelers is Sue Pyler-Slabbert, Donovan Pietersen, Pietie Beyers, Johny Klein, Karen Wessels en Eloise Cupido.
Nov 24, 2022•1 hr 4 min
Waarskuwing: Sekere tonele en taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Die kunssinnige Janina is saam met haar boesemvriend, Anton, in matriek. Een middag vra hy haar om vir hom ’n prentjie van hulle streng onderwyseres, Mevrou Steyn, te teken. Anton is gaande oor die karikatuur waarmee sy vorendag kom, en wil dit graag as ’n aandenking hou. Maar Janina sou nooit kon raai wat Anton met haar stukkie tekenkuns beplan nie. Nog minder kan Anton 17 jaar later voorsien wat op hom wag wanne...
Nov 17, 2022•48 min
Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink. Maar eerstens is dit ‘n misdaadverhaal: Wie het die moord gepleeg? Die spelers is June van Merch, Johan Nel, Hanna Borthwick, Melt Sieberhagen, André Weideman en Kay Smith.
Nov 10, 2022•1 hr 9 min
Die drama vertel die verhaal van drie oujongnooiens wat op ‘n afgeleë plaas woon. Dan kom ‘n jonger familielid by hulle aansterk. Sy teenwoordigheid krap ou wonde oop oor ‘n ander jongman wat baie jare gelede ook by hulle aangesterk het nadat hy in die oorlog gewond is. Die tweemalige Hertzogpryswenner, Henriëtte Grové, sou vanjaar 100 jaar oud wees. Die drama word as huldiging uitgesaai. Hierdie opname van Die Glasdeur is in 1957 uitgesaai. Die spelers is Anna Neethling-Pohl, Aletta Gericke, Ju...
Nov 03, 2022•1 hr 1 min
RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman) en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Af...
Oct 27, 2022•1 hr 2 min
‘n Luitenant-kolonel in die polisie kom voor ‘n keuse te staan. Of hy gaan voort met sy gewone lewe op ‘n doodgewone salaris, gelukkig getroud met ‘n vrou en baba-dogtertjie, of hy gee hom oor aan die verleidings van ‘n gevaarlike spul booswigte wat hom wil dwing om ‘n kollega te verraai. Hierdie drama is op ‘n ware verhaal gebaseer. Die spelers is Anton Dekker, Charlie Bouguenon, André Stolz, Stefan Vermaak en Elma Potgieter.
Oct 20, 2022•1 hr
Toe Wilhelm Pauw eers laat in sy lewe uitvind hy het 'n dogter, begin hy na haar soek. Omdat hy desperaat is, is sy metode onortodoks. Daar is net twee mense wat hom kan help met sy soektog - Sophia Marais, 'n verbitterde, ongelukkige vrou, vervreemd van haar dogter, met 'n geheim wat haar gewete opkeil - en Gwen Lotter, 'n vrolike, boheemse vrou wat ook met 'n geheim saamlewe. Die twee is beste vriendinne. Gwen kan nie verstaan hoekom Sophia so behep is met dominee Thinus Smit, 'n skynheilige r...
Oct 13, 2022•1 hr 12 min
‘n Man stop by die hotel in ‘n klein dorpie in Namakwaland, en betaal kontant vir ‘n kamer vir vyf aande. Hy is hier met ‘n doel. In die warm, stowwerige windverwaaide wêreld ontmoet ons die garage-eienaar met sy werkswinkel, waar allerhande dinge reggemaak word, die windmaker dwelmhandelaar en sy pêl wat misbruik maak van die jongmense se ledigheid, die behulpsame hotelbestuurder, en die vriendelike Rosie wat by die hotel werk, maar tot baie meer in staat is. Wanneer hy vyf aande later stil-sti...
Oct 06, 2022•59 min
[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oornag agt kleintjies gekry. Dit, terwyl dr. Marais ’n besige dag in die teater het en nie kans het om aandag aan enige diere, behalwe noodgevalle, te gee...
Jun 30, 2022•21 min
[Naaswenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Herman is ’n onvergenoegde, middeljarige sakeman wat ná meer as drie dekades nie die bevordering kry wat hy meen hom toekom nie. Iemand van die straat af, ’n meneer Jacobs, word as sy bestuurder aangestel. Wat Herman nog erger laat voel, is dat hy bloot ’n e-pos gestuur het om die man geluk te wens met sy aanstelling. Intussen is die veel jonger Donovan en Bianca Jacobs op pad terug huis toe ná ’n misvers...
Jun 30, 2022•19 min
Katrien is ’n 27-jarige aktuaris wat baie bekommerd is oor haar ouers, Basie en Ella, twee sout-van-die-aarde plaasmense wat na Italië gereis het, maar toe skielik verdwyn het. Uiteindelik spoor Katrien hulle per telefoon op waar hulle baie opgewonde vir haar vertel hoe heerlik hulle kuier by Lorenzo se ouers, Luigi en Sofia, in Palermo, Sisilië. Lorenzo is ’n jong man wat Katrien op die internet ontmoet het, wat baie graag by haar in Suid-Afrika wou kom kuier. Basie en Ella het toe heimlik besl...
Jun 23, 2022•22 min
Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte het om weer iemand spesiaal te ontmoet. Hulle erken dat hulle ouers baie hardkoppig is en nie ’n ontmoeting met iemand ter wille sou wees nie. Só spreek Frans en Anita toe af om te maak asof hulle op mekaar verlief geraak het, om op dié manier hulle ouers aan mekaar voorgestel te kry. Min weet hulle dat hulle ouers mekaar op skool reeds ge...
Jun 23, 2022•24 min
Die verhaal handel oor die lewe van Poppie Nongena. Dit vertel hoe sy as ma rondgeskuif is weens die politieke stelsel van die tyd, en die besluite wat sy ter wille van haar kinders se opvoeding moes neem. Dit beeld haar innerlike stryd uit oor die besluite wat sy telkens moes neem. Elsa Joubert se gelyknamige roman het in 1978 verskyn. Dit is verskeie keer bekroon, en in meer as 13 tale vertaal. Ses jaar ná die verskyning van die roman, is die boek deur deur Sandra Kotze vir die verhoog verwerk...
Jun 16, 2022•55 min
Twee ou mense wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer. Aanvaarding en ontkenning word aanvanklik ‘n speelbal tussen die twee, maar dan gebeur dít wat geen mens nog kon systap nie… Die akteurs is Elma Potgieter en Frans Swart.
Jun 09, 2022•31 min
Hierdie lighartige komedie was deel van die RSG/Nati Kwartkomedie-skryfkompetisie. Hope misverstande, vooroordele en mistasting loop uit ‘n verrassende ontknoping. Die akteurs is Sandra Prinsloo, Frans Swart, Marissa Claasen en Philru van Achterberg.
Jun 09, 2022•14 min