Danel, ‘n sielkundige, meen sy het ‘n goeie lewe en ‘n gelukkige huwelik. Maar dan kom sy een dag vroeg tuis en betrap haar man, Bertus, saam met ‘n ander vrou in hulle bed. Sy vlug na haar Pa toe. Hulle het mekaar vir bykans 10 jaar nie gesien nie, en Danel is nie daarvan bewus dat haar Pa siek is nie. Sy weet ook nie dat hy sy huishulp se kleinkind versorg nie. Danel en haar Pa moet die brûe na mekaar herstel, en in die proses leer sy ook dat vergifnis heling bring. Die spelers is Heidi Mollen...
Jun 02, 2022•1 hr 2 min
‘n Gesiene inwoner van ‘n plattelandse dorpie iewers in die Noord-Kaap verdwyn te midde van die gemeentesusters se beplanning van ‘n kerkbasaar, ter ondersteuning van die kontrei se verarmdes. Aan die spits van hierdie filantropiese poging is Mevrou Dominee, kranige boerseepkookster. Maar is sy inderdaad besig met die Hemelse Koninkryk se werk? Die rolverdeling is Susanne Beyers, Johann Nel, Frieda van den Heever, Dann-Jacques Mouton, Antoinette Kellerman, Kay Smith en Anrich Herbst. Cassi Lower...
May 26, 2022•57 min
'n Weduwee sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker. Dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyse by mekaar se lewe betrek. Dis ‘n verhaal oor die trauma van verlies, en heling deur medemenslikheid. Die spelers is Rika Sennett, Eloise Cupido, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Duncan Johnson en Renske Jacobs.
May 19, 2022•52 min
Hierdie argiefproduksie word uitgesaai ter viering van die Franse dramaturg, Moliére, se geboorte in 1622, vanjaar 400 jaar gelede. Molière was ‘n akteur, dramaturg en digter, en word beskou as een van die belangrikste skrywers in die Franse en wêreldletterkunde. Sy werk is in verskeie tale vertaal, insluitend Afrikaans, en word steeds in Frankryk opgevoer. Die spelers is Louis van Niekerk, Dana Niehaus, Christine Stevens, Miems de Bruyn, Franz Marx en Pieter Hauptfleisch. (Opgeneem in 1973)
May 12, 2022•44 min
Natasha kry onverwags toesig oor haar tienerseun, Tiaan. Nie sy of haar lewensmaat Bella is egter gereed vir die verantwoordelikheid nie. Die spelers is Nadia Valvekens, Cintaine Schutte, Eloff Snyman, Roelien Daneel, Dan-Jacques Mouton en Charl van Heyningen.
May 05, 2022•1 hr 8 min
‘n Man verdwyn soos ‘n groot speld terwyl hy oor 'n uitgestrekte vlakte reis. Die enigste mense wat op die vlakte bly, is twee ou tannies in ‘n afgeleefde huisie. Beide is in hulle 90’s. Maar hulle weet niks… of so sê hulle wanneer die polisie bel om hulle daaroor te vra. Die spelers is Elzabé Zietsman, Rina Nienaber, Charlie Bougeunon en Eloise Cupido. Albert Short het die tweede prys in RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie in 2021 gewen met hierdie drama.
Apr 28, 2022•52 min
Dit is 2052 en twee mense word na Mars gestuur om daar kos te verbou. Wanneer hulle egter tydens die sending wakker word, kom hulle met ‘n skok agter dat hulle na ‘n heel ander plek op pad is. Die spelers is Rolanda Marais, Jane de Wet, Charlton George, Wilhelm van der Walt en Anrich Herbst. Die drama het die derde prys gewen in RSG en SANLAM se Radiodramaskryfkompetisie in 2021.
Apr 21, 2022•59 min
Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar. Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.
Apr 15, 2022•45 min
'n Wildsplaas... 'n Familieplaas... 'n Erfplaas... Dis waar die verhaal afspeel. En, soos dit maar dikwels met familie gaan, is daar onderlinge jaloesie en afguns. Daar is ook struwelinge tussen suster en broer. En 'n moeilike ma, die matriarg, wat almal na haar pype wil laat dans. 'n Nuwe leeuwyfie word afgelewer op die plaas. Haar naam is Bititi. Die leeu word gebruik om moeilikheid te maak vir sekere familielede... Met katastrofiese gevolge. Die spelers is Rina Nienaber, Anton Dekker, Anton S...
Apr 14, 2022•45 min
‘n Hartroerende verhaal wat die storie van die onwaarskynlike ontmoeting tussen Ria (‘n angstige, afhanklike vrou in haar tagtigs) en William (n deurwag by ‘n winkelsentrum) vertel. ‘n Diep band wat agtergrond en kultuur oorgrens, word binne ure gevorm. Die soort band wat net in die dal van doodskaduwee gesmee word. ‘n Eietydse Barmhartige Samaritaan speel hom af in en om ‘n hysbak in ‘n besige winkelsentrum met priesters en leviete wat haastig en onnadenkend verby beweeg, en een mens wat bly. E...
Apr 07, 2022•1 hr 3 min
Die lollery begin wanneer dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word. Hy kuier op die plaas van Sarel du Plessis en sy dogter Lettie. Sarel wil die onderwerp van die oorsprong van die wildsboud vermy, en probeer elke keer die gesprek in ‘n ander rigting stuur. Want die jagseisoen is toe – en Sarel weet hy is in die moeilikheid as iemand uitvind hy het ‘n bok geskiet. Dan begin die buurman, Abel Potgieter, ook vrae vra. Daar is meer geheime as wat ...
Dec 30, 2021•52 min
Drie skaapwagters pas skape op in die Roggeveld, iewers tussen Calvinia en Sutherland, enkele dae voor Kersfees. Dis in die jare vyftig. Dis baie droog. Abram, Japie en Izak se hoop dat hulle vir Kersfees huis toe kan gaan, vervaag want Herklaas, Izak se Pa, sê hulle moet in die veld bly om te voorkom dat die skape vrek weens droogte en gebrek aan weiding. In die aanloop tot Kersfees sien Japie saans ‘n lig wat al helderder word. Eers bly hy stil, maar vertel later vir die ander daarvan en hulle...
Dec 25, 2021•51 min
Twee akademici, een by 'n universiteit en een by 'n privaatinstansie, wedywer om die eerste te wees om 'n suksesvolle tydmasjien te bou. Die spelers is Jakkie Groenewald, James Borthwick, Lochner de Kok, Karin Retief, Christo Compion, Luan Jacobs en Lelia Etsebeth.
Dec 23, 2021•53 min
Die verhouding tussen ma’s en dogters is uniek, en soos die jare aanstap verander die verhouding deurentyd. Dogters word groot. Ma’s ontdek ‘n lewe onafhanklik van hulle kinders. Dit is ‘n kuns om die verhouding suksesvol te bestuur, en genade as ma’s en dogters deur al die jare vriende kan bly. DIT KLINK NA DONDERWEER is ‘n lighartige familie-komedie wat dalk net ‘n klein bietjie hoop kan bring. Dit was ‘n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die spelers is Susanne Bey...
Dec 16, 2021•48 min
In sommige huise word troeteldiere soos kinders behandel – en die dierekinders smokkel maklik met hulle eienaars se koppe. Die troetelhoenderhaan, Hennie, veroorsaak konsternasie. Sy eienaar, Saartjie Serfontein, beland in die hospitaal, en ‘n vriendin moet Hennie oppas. Sy bly egter in ‘n kompleks met streng reëls. ‘n Knorrige skrywer verkla haar by die voorsitter van die kompleks. En dan begin die vonke spat. Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Ria Smit, Rina Nienaber en Simon Bruinders.
Dec 09, 2021•59 min
‘n Sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer bou die kissie, en haar beste vriendin staan haar by. Ma Hanna bekommer haar oor haar dogter – sy kom depressief voor, die kommunikasie tussen hulle het verswak en die kind se skoolwerk gaan agteruit. Sy probeer vergeefs uitvind wat dit is wat haar dogter so kwel. Die spelers is Elanza Swart, Wilhelm van der Walt, Erica Wessels, Kayla van der Merwe, Eugenie Wiggins, Chloe van Rooyen en Cole Wessels.
Dec 02, 2021•53 min
Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer Hugo Naudé, die dodelik aantreklike eienaar van die plaas, op haar afkom. Hy is woedend wanneer hy verneem dat sy in diens geneem is as in-huis fisioterapeut deur sy eiewys sussie, Mijke, wat die gebruik van haar bene verloor het weens ‘n motorongeluk op dié einste verraderlike pad. Die spelers is Amalia Uys in haar radiodramadebuut, Jacques ...
Nov 25, 2021•1 hr 2 min
Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou. Die spelers s June van Merch, Zenobia Kloppers, Charlton George, Frieda van den Heever, Anrich Herbst, André Samuels en Pieter van...
Nov 18, 2021•1 hr 7 min
Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte, sodat sy dit uiteindelik in haar boek kan verwoord. Om haar te help om feite van fiksie te skei, “ontbied” Hilde haar eertydse minnaar en muse, Paul Naudé, vir die laaste keer. Só word sy gekonfronteer met pynlike sleutelgebeure ...
Nov 11, 2021•54 min
Amanda Nel en Karoli Vermeulen ontmoet mekaar op 'n parkbankie op 'n wolklose dag. Amanda is op dié spesifieke dag al vir twee jaar 'n weduwee. Sy het nog nie haar verlies verwerk of daarmee leer saamleef nie. Nie net die verlies van haar eggenoot nie, maar ook in 'n sekere sin dié van haar jeug... want is weduwees dan nie veronderstel om oud te wees nie? Karoli, daarenteen, is die verpersoonliking van jeugdige, byna naïewe lewensenergie. Sy stel opreg belang in Amanda en haar "donkerte", soos K...
Nov 04, 2021•45 min
Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof gereeld waargeneem het, het ‘n radiodrama geskryf oor haar wedervaringe in die ateljee wanneer sy so alleen daar sit. Wat die drama spesiaal maak, is Karlien se obsessie met een spesifieke luisteraar wat telkens SMS’e stuur. En sy reaksie op wat sy sê. Die spelers is Bettie Kemp, Janine Opperman, Anton Schmidt en Sulette Minnaar.
Oct 28, 2021•58 min
Die drana speel af in ‘n green room waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog, tydens repetisies om iets te drink, te gesels, deur woordrepetisies te gaan en mekaar se lief en leed te deel. Hierdie magiese ruimte word slim benut deur die skrywer, tydens ‘n verhoogrepetisie van Daar woon mense, een van Athol Fugard se nie-politiese dramas. Die rolle van Don en Millie word gespeel deur die akteurs Barry (Cobus Rossouw) en Isabelle (Antoinette Kellerman). Dié ...
Oct 21, 2021•1 hr 6 min0
Waarskuwing: Die volwasse tema en van die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Dokter Willem Oberholzer se lewensverhaal lees nie soos die deursnee mens s’n nie. Om die waarheid te sê, min mense het begrip vir die dilemma waarmee hy vir meer as drie dekades moes saamleef. Ná sy aftrede bevind dié vooraanstaande sielkundige hom eensklaps op die rand van die samelewing, want ook mense wat hy intiem geken het, het nie begrip daarvoor nie. Selfs sy enigste kind wil niks met hom te do...
Oct 14, 2021•1 hr 10 min0
Waarskuwing: Geweld en kru taal. Marina en haar seun, Gerbrand, is slagoffers van gesinsgeweld. Marina vertel haar lewensverhaal aan haar vriendin Katryn, en herleef so die gebeure wat tot hulle huidige omstandighede gelei het. Die spelers is Elma Potgieter, Rika Sennett en Anton Schmidt.
Oct 07, 2021•1 hr 2 min0
Jongmanne, wat opsoek is na hulle identiteit en plek in die samelewing, se herhaalde kwaaijongstreke word al hoe meer gewaagd, en lei uiteindelik tot moord. 'n Talentvolle siniese joernalis stem teensinnig in om agter die kap van die byl te kom, en sy probeer help om die moordenaars aan die kaak te stel. Die spelers is Karen Wessels, André Stolz, Rina Nienaber, Johny Klein, Kaz McFadden en Denver Vraagom.
Jun 17, 2021•54 min0
Hester se man se laaste versoek was dat sy as gestrooi moet word op sy geliefde plaas in die Noord-Kaap, waar hulle lank terug gewoon het. Die droogte het hulle gedwing om die plaas te verlaat, met hartseer gevolge. Hester word op die rit vergesel deur haar dogter, kleinseun en ‘n wyse Nama-vrou wat vroeër op die plaas gewerk het. Dit word ‘n reis vol verrassings. Die spelers is Susanne Beyers, Frieda van de Heever, Johann Nel, June van Merch en Wilhelm van der Walt.
Jun 10, 2021•1 hr 5 min0
Die inwoners van Aftreeoord Vredendal is terug, en hierdie keer met meer opwinding. Let wel… dis ‘n aftreeoord en níé ‘n ouetehuis nie, want daarvoor is hierdie klomp gans te jonk. Wel, dalk nie almal nie… In Doller as kop-af het Freek gedink dat ‘n opblaaspop net die ding is om dinge bietjie op te kikker. Hierdie keer sorg hy vir baie meer opwinding… ‘n kaalfoto… vir ‘n kalender… om geld in te samel. En asof dit nie genoeg is nie, kom krap Daisy ook dinge vir vriend Hardus om… Die spelers is Be...
Jun 03, 2021•1 hr 3 min0
Een maal per jaar hou hy stil met dik rookwolke wat stoom... die spooktrein. Twee dolverliefde spookjagters besluit om die trein daardie aand op ’n syspoor op Bronkhortspruit in te wag... want hy kom net op daardie spesifieke aand. Dan hou die trein stil... die deur gaan oop... Wat hierna gebeur kon die twee verliefdes nie in hul wildste drome verwag nie... Cindy Swanepoel, Louis van Niekerk, Sulette Thompson en Casper Lourens kuier tussen die spoke.
May 27, 2021•52 min0
‘n Langdradige lykbesorger, ‘n Pretoriase paaldanseres en ‘n skottel sousboontjiebredie is maar ‘n paar van die dinge wat ‘n weduwee beproef met die ter aardebestelling van haar ontslape eggenoot... In die rolverdeling is Antoinette Kellerman, Zenobia Kloppers, Margit Meyer-Rodenbeck, Roeline Daneel, Petrus du Preez en Gerard Rudolf.
May 20, 2021•1 hr 16 min0
Die drama speel oor drie tydperke af. Kom verlustig jou in ‘n eeu se omswerwinge van Eugene Marais se geliefde en alombekende gedig, Winternag. Eers die oordadige vertolking in 1938, dan die realistiese, naturalistiese 2021, en uiteindelik die gefabriseerde rekenaarstemme in 2138. Drie akteurs, Rolanda Marais, Jacques Bessenger en Deon Lotz vertolk die rolle van 10 akteurs in drie tydvakke. Nie net word vaardighede uit die boonste rakke ten toongestel nie, maar word die spelers direk gekonfronte...
May 13, 2021•1 hr 9 min0