Radioteater - podcast cover

Radioteater

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

AS 'N KIND KOM KUIER deur Zelda Bezuidenhout

Die bejaarde Elna Smit-Smith is ernstig siek. Haar kinders is te besig om haar dikwels te besoek, en haar versorger, Vanessa, word 'n hegte vriendin. Hulle word een aand verras deur 'n onwelkome gas, en terwyl Vanessa haar bedenkinge het, begin Elna die jong man uitvra oor sy lewe. In weerwil van Vanessa se aanvanklike vooroordele, word hy 'n gereelde besoeker en 'n belangrike deel van Elna se lewe.

Jun 04, 20201 hr 7 min0

KOUE KAIINGS deur Lee Doubell

'n Spookstorie met 'n verskil… Vyf jong mans is in die laat jare 70 op pad na Upington om vir hulle nasionale diensplig aan te meld. Hulle is almal kleurvolle uiteenlopende karakters wat nie besef wat vir hulle voorlê nie. Die intrige is meesleurend, amper filmies, en dit is 'n verhaal gevul met humor en nostalgie.

May 28, 202055 min0

DIE HUISBESOEK deur Wilmi Wheeler

Celia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, 'n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.

May 21, 202054 min0

MY MENSE deur Dot Serfontein

“Uit die keur van Serfontein se werke neem Antoinette Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf die dramaturg Nico Luwes.

May 14, 202047 min0

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

Een van die gevierde dramaturg PG du Plessis se ses kort Teerling-dramas wat voor 'n gehoor tydens die KKNK op Oudtshoorn opgeneem en uitgesaai is. Met Stian Bam en Tinarie van Wyk Loots.

May 07, 202029 min0

WOLF-WOLF HOE LAAT IS DIT? deur Hennie Aucamp

Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op 'n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het die stuk vir die radio verwerk en 'n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir 'n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd. Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: A...

May 07, 202026 min0

VERGIFNIS deur Charles J. Fourie

Muriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree? Muriel lei 'n protesoptog van Touwsrivier na die Parlement in Kaapstad. Die jong man wat haar in haar huis beroof het, het ingestem om haar i...

Apr 30, 202059 min0

GENADE deur Marita van der Vyver

Kas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hulle seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang. June van Merch kan as Door Stuurman gehoor word met Charlton George as Kas. Marvin-Lee Beukes vertolk die rol van Vic. Genade is met die tweed...

Apr 23, 20201 hr 6 min0

SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie

Betree die gedagtewêreld van die kelner om vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Die vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die mure uit te dryf!

Apr 16, 202041 min0

DIE LEË GRAF deur Helena Hugo

In die Paastyd herleef ons opnuut die kruisdood van Jesus, maar ook sy opstanding. Vir Nikodemus gaan dit gepaard met 'n geloofstryd. Kan hy sy posisie in die Sanhedrin prysgee om Jesus openlik te bely, of skuil hy vir die res van sy lewe onder die dekmantel van die nag? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Francois Stemmet, Ria Smit, Pietie Beyers en Charlie Bougeunon. Helena Hugo het die regie behartig.

Apr 10, 202054 min

DIE GOUE KRING deur Uys Krige

Hierdie argiefdrama is 'n liriese en poëtiese drama oor die geliefdes Ferdinand en Isabella wat graag wil trou, maar dan daag 'n aantreklike jong man op. Hy is op soek na Moeder Mart, maar weier om te sê hoekom. Die aktrise Hannah Botha vertolk die rol van Violetta. Botha was onder andere bekend om haar rolle in die TV-reekse Nommer Asseblief, Agter elke man en Egoli. Die Goue Kring handel oor die kringloop van die lewe en dood en is geskoei op 'n legende uit die Portugese literatuur. Die temas ...

Apr 09, 20201 hr 19 min0

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangkant van 'n vryery in haar herfsjare. Hierdie is 'n gewilde argiefdrama, wat in Afrikaans en Engels a...

Mar 26, 202040 min0

FAAN SE TREIN deur Pieter Fourie

Faan woon saam met sy pa en hulle huishoudster, Truia, in 'n klein Karoodorpie waar hy heeltemal begogel word deur treine. Faan word erg deur die skoolseuns gespot en soms raak hy self die spoor effe byster. Sy pa en die dominee dreig hom. As hy hom nie gedra nie, sal hy weggestuur word… Dis 'n aangrypende drama wat aan die rolprent, Forrest Gump, herinner.

Dec 25, 201946 min0

DIE KRISMISBOKKIE deur Audrey Blignaut

Die verhaal speel af in Bredasdorp gedurende die vyftigerjare. Christopher is 'n hipersensitiewe natuurkind wat moeilik aanpas op die dorp. Hy dreig telkens om weg te loop plaas toe, tot sy pa eendag by die huis aankom met 'n geskenk vir hom – 'n klein blou duikertjie, wat Christopher se lewe handomkeer verander, tot groot verligting van die res van die gesin. Maar die lewe gee en die lewe neem.... En Kersfees draai heel anders uit as wat enigeen kon voorspel het.

Dec 24, 201922 min0

DIE ENGELTJIE WAT AGTERBEBLY HET deur Piet Cillié

Trinkie en Sussie hou saam met hulle ouers somervakansie by Willie se Baai. Op die vooraand van Kersfees neul hulle oudergewoonte vir 'n Kersverhaal, want Pappie se stories is, anders as die wat mens in boeke kry, altyd amper die waarheid... Gou sit hulle vasgenael deur die storie van die engeltjie wat aarde toe gekom het om saam met die engelekoor te sing by die geboorte van die Jesuskind, en toe, ewe stout, agtergebly het, om vir twee duisend en 'n bietjie jare die aardbol te omswerf!

Dec 24, 201921 min0

MAN OP DIE MAAN deur Helena Mellet

Op 'n plaas op die Kaapse platteland boer Charl en sy dogter Carli met 'n klomp beeste. Die ander dogter, Bella, is die eienaar van 'n galery op Stellenbosch. Sy kom kuier vir 'n naweek op die familieplaas. Mina, die plaashuis se huishoudster, en Bella deel 'n geheim oor die “man op die maan” – een wat hulle met niemand deel nie, tot iets gebeur wat almal tot in hulle fondamente skok. Intussen het Carli 'n ogie op die nuwe veearts op die dorp, en gaan kuier dalk te gereeld om “raad te kry” vir h...

Dec 19, 20191 hr 11 min0

KULKIEKIES deur Deon Johnston

Hannes is glad nie beïndruk met sy ma se alewige foto's van hom op haar Facebookbladsy nie. Om die waarheid te sê, hy pes dit! Een aand is daar huismoles by die bure, en Hannes verfilm die hele petalje met sy selfoon en plaas dit op sy eie sosiale media. Waar trek mens die streep met foto's en video's van jou kinders (en jou bure) op sosiale media? Wanneer word menseregte aangetas, of jou reg op privaatheid? Dikwels kan onskuldige handelinge lei tot groot tragedies.

Dec 12, 20191 hr 11 min0

DIE TJELLO deur Michiel Potgieter

'n Begaafde tjellis verbreek sy kontrak met die Sinfónica de Galicia in Spanje, vlug na sy ouers se plaas en kruip in sy kamer weg. Niks of niemand kan hom uit sy depressie lig nie, maar toe ontdek hy 'n antieke tjello op die solder van sy oupa se huis en vind sy ander helfte.

Dec 05, 20191 hr 4 min0

KORPORAAL LEMMER EN DIE ROWERS deur Bun en Heléne Booyens

Jy ontvang jou oproepinstruksies om as voyeur saam met die rowers in te val wat aanmeld in die weermagkaserne. 'n Briljante teks deur die pa en dogter Booyenskombinasie wat jou met deernis, nostalgie en soms afgryse sal vervul. Die sluier op lewe in die sewentiger- en tagtigerjare van nasionale dienspligtiges word gelig op 'n manier wat weergaloos is. Elke karakter wat geskep is vir hierdie verbeelde wereld word voortreflik uitgevoer deur 'n stewige span akteurs soos Gerard Rudolf, Anrich Herbst...

Nov 28, 20191 hr 16 min0

DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen

Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom 'n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor die waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in, en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy 'n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. 'n Vrolike, vermaaklike drama propvol kinkels.

Nov 21, 20191 hr 6 min0

KOELKOP deur Leon van Nierop

'n Gesin word gedwing om vir 'n naweek in 'n afgeleë plaashuis deur te bring. Daar is geen internet- of selfoonontvangs nie. En die sosiale-media-verslaafde seun, Chase, kry onttrekkingsimptome en begin ineenstort. Dit gebeur kort nadat sy beste vriend selfdood gepleeg het nadat hy te lank aan die internet verslaaf was en skielik daarsonder moes leef. Nou moet 'n gesin 'n naweek oorleef, waarin hulle liefde vir mekaar tot die uiterste getoets sal word met 'n seun wat paniekaanvalle begin kry. Hu...

Nov 14, 20191 hr0

GROOTPAD NA KLEINKOP deur Lee Doubell

Grootpad na Kleinkop is 'n intieme dog onthutsende radiodrama oor 'n getroude paar, Gawie en Susan, wat 'n plaasaanval beleef. Die bejaarde paar word oorrompel en in die kattebak van hulle motor geboender. In hierdie beknopte ruimte na wie-weet-waar word hulle met hulle eie verhoudings en sterflikheid gekonfronteer. Al is dit 'n traumatiese belewenis, bied Doubell se verhaal ook helende salf. Beleef saam met hulle hierdie senutergende ervaring, asook die vrees, magteloosheid en geloof en hoop in...

Nov 07, 20191 hr 2 min0

STILLE WATERS deur Anton Treurnich

Anna van Rooy sterf op 'n klein dorpie in die Karoo. Dit dompel nie juis die mense van die dorpie in rou nie. Sy was immers nie 'n gewilde inwoner nie, en het skynbaar oral waar sy gaan vyande gemaak. Dis wanneer die bewyse daarop dui dat sy nie dood is aan natuurlike oorsake nie, dat die inwoners van die dorpie in rep en roer is. Almal word skielik verdagtes, want elkeen het 'n verskuilde rede gehad om Anna te wou wegmaak. Frederick, die dominee, het geen geheim gemaak daarvan dat Anna hom gren...

Oct 31, 201954 min0

DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux

'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens 'n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar 'n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar 'n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met 'n beduidende verstandelike gestremdheid sekere vermoëns ver bo gemiddeld toon. Een van die bekendste...

Oct 24, 20191 hr 25 min0

DROSTERS deur Herschelle Benjamin

Michelle is alweer besig om te dros, of in haar eie woorde: “ek staak skool...” Haar maats Ruben, Sammy-Jo, Nicolaas en Pietie word egter vir die eerste keer, en uit die bloute na haar huis genooi vir 'n partytjie. Hier ontdek hulle 'n heel ander Michelle en 'n “geheim” wat 'n reuse-impak op hulle lewe het. Die spelers is Greteli Fincham as Michelle, Graeme Watson as Ruben, Adri Waterboer as Sammy-Jo, Angelo Bergh as Nicolaas en Francois van der Merwe as Pietie. Die stuk is 'n opdragwerk deur He...

Oct 17, 201926 min0

DIE PRYS VAN GLO-STOF deur Retief Scholtz

Hierdie darma bied aan hoërskoolleerders die unieke geleentheid om hulle talente voor die mikrofoon te wys. RSG, ATKV en die Nasionale Toneelspelkompetisie bied met trots 'n tienerstorie aan waarin individualisme, koppigheid, voortvarendheid en dryfkrag lei tot 'n baldadige avontuur. Vier deelnemers aan die Toneelspelkompetisie speel die rolle van drie uiteenlopende kinders en 'n elf wat in 'n bos verdwaal, en dan desperaat na 'n slaapplek soek met die hulp van 'n kaart. Maar hoe gemaak as die s...

Oct 17, 201931 min0

OP DIE PAD NA ACAPULCO deur Chris Barnard

Simon en sy vrou, Mia, swerf deur 'n oorloggeteisterde land op pad na Acapulco, 'n simbool van die paradys of utopie. Die paradys bly onbereikbaar en hulle bly uitgelewer aan die geweld, maar die hoop hou hulle tog aan die gang. Die tragiese radiodrama word 'n skrikwekkende voorstelling van hoe magteloos mens teen oorlog en geweld is, waar die vlug weg daarvan nie help nie, maar teengeweld ook nie. Op die pad na Acapulco word in 1974 ingeskryf vir die hoog aangeskrewe internasionale Italia-prys,...

Oct 10, 20191 hr0

DIE VROU OP DIE SKUIT deur Elise Muller

'n Gesin neem hulle jong onskuldige huishulp, Bessie, saam met vakansie na Duinebaai. Sy sien vir die eerste keer die see, ry vir die eerste keer op 'n boot en ontmoet 'n jong boer en visserman, wat haar lewe onherroeplik verander. Die gesin keer na agt jaar weer terug na Duinebaai, en spoor vir Bessie weer op. Tot hulle verbasing moet hulle hoor dat haar lewe, noodgedwonge, 'n heel ander wending moes neem.

Oct 03, 201949 min0

BESOEK VAN DIE GRENSBREKER deur Manie Groenewald

Die radiodrama is 'n verhaal oor drie susters, hulle onsekerhede en hulle diepste geheime. Die rolle word vertolk deur Elma Potgieter, Karen Wessels en Heidi Mollentze. Na hulle ma se dood kry 'n besoek van 'n man wat nie is wat hy voorgee nie. Dit verander hulle lewens ingrypend, en stel hulle in staat om hulle drome te verwesenlik.

Jun 27, 20191 hr0

GERT GARRIES - ‘N BAAISIEKEL BLUES deur Pieter Fourie

Gert Garries wat in opdrag van RSG Drama deur Eben Cruywagen van verhoogteks na ‘n radioteater getransponeer is, bring amper ‘n derde dimensie na vore uit die oorspronklike Leroux-stof wat herbewerk is deur Fourie en dan nog ‘n bietjie genre-bemesting gegee word deur Cruywagen via sy aanpassing vir die radiomedium, sodat ‘n vrugbare uitvloeisel tot wasdom kom as radioteater. Die verteller/regisseur, vertolk deur Chris van Niekerk, lei juis die drama in met die volgende dialoog: “Ek is die regiss...

Jun 20, 20191 hr 23 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android