Radioteater - podcast cover

Radioteater

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

AFKOELING deur Martyn le Roux

Die Vermaak-gesin is in 'n doodloopstraat. En dit is steeds snikheet in die Kaap. Amanda is in matriek, sy verwag 'n baba en is geskors. 'n Dwelmbaas is op die gesin se spoor en soek die boks met sy “ware”. Arme Danie se studies is opgeskort en hy sit sonder werk. En boonop het ma Linda en ouma hul laaste bietjie geld uitgedobbel. Om alles te kroon, het pa Fanus toe nie die bure se kefferbrak Elvis geskiet nie. Maar wat het van Fanus geword? En wat was daardie skoot wat in die waenhuis geklap he...

Jun 13, 201950 min0

ERFPORSIE deur Ronel Mostert

Lilian is 'n bobaas-sjef wat oorreed word om haar suksesvolle bistro te verruil vir 'n posisie by 'n gastehuis op 'n spoggerige wynplaas. Gou blyk dit 'n positiewe verandering te wees, as sy nuwe hoogtes bereik met haar verruklike geregte... Maar is alles so idillies as wat dit voorkom?

Jun 06, 201954 min0

KAREL SE OUPA deur Retief Scholtz

Negejarige Karel du Toit kan met sy oupa oor enige iets gesels. Oupa Karel beantwoord rustig sy kleinseun se vrae, behalwe een vraag wat hy nie weet hoe om te antwoord nie. Met gesprekke wat nie meer vermy kan word nie, en die realiteit wat ongenooid aan die voordeur klop, raak die aand vir almal betrokke een wat hulle nooit sal vergeet nie. Karel se oupa is ʼn stuk wat met deernis delf in die lewe van ʼn gesin. Dit steun op die gedagte dat ouers nie veronderstel is om hulle kinders te begrawe n...

May 30, 20191 hr 25 min0

OUMA OP HAAR BESEM deur Annika Swanepoel

Die liefde tussen twee jongmense kom te staan voor 'n toets van ouerdruk en vorige verhoudings. Wanneer Marinda, 'n duikinstrukteur, en Jay-Z, 'n sakeman wat eintlik wil skilder, se liefde in gedrang kom, deel Marinda se Ouma 'n belangrike les met Jay-Z se beherende ma. Sal dit genoeg wees om hulle liefde te red, en sal Jay-Z mans genoeg wees om te veg vir die een waarvoor hy lief is?

May 23, 20191 hr0

KLIPPE WAT VAL deur Philip Rademeyer

Abrie en Kannetjie het saam grootgeword op ‘n afgeleë plaas. Kannetjie se geestesgetremdheid en die feit dat Abrie die seun van plaaswerkers was, het nie gepla nie. Hulle was boesemvriende. Toe gebeur daar dinge, en Abrie is weg stad toe. Jare later, toe Kannetjie se ma op sterwe lê en niemand anders na hom kan omsien nie, keer Abrie terug plaas toe. Tydens die dinamika wat volg word universele menslike gedrag in hierdie aangrypende verhaal uitgebeeld.

May 16, 20191 hr 22 min0

WILHELM TELL deur Friedrich Schiller

Goewerneur Gessler se perderuiters jaag 'n boer tot in die meer, maar die Switserse baasskut Wilhelm Tell probeer die man red. Dit lei tot 'n onderonsie tussen hom en die goewerneur. Die boere, jagters en vissers is eenvoudige, godvresende mense wat glo dat elkeen sy menseregte uit die Hand van die Skepper ontvang. Geen keiser of koning kan hulle hul vryheid skenk nie. Tell word deur die goewerneur uitgedaag en gevra om 'n appel van sy seun se kop af te skiet. As Tell nie daarin slaag nie, sal s...

May 09, 20191 hr 6 min0

ANDERS GEVEER deur Sophia van Taak

'n Tienerseun met met Aspergersindroom begin 'n ongewone vriendskap met 'n moeilike ou man op 'n klein plattelandse dorpie waarheen hy en sy enkelma verhuis. Nadat hulle vir die hoeveelste keer van vooraf moet probeer om in te pas en 'n bestaan te maak, voel hulle algaande meer tuis en leer die seun alles oor vlugduiwe by die ou man. Die vriendskap neem egter 'n tragiese wending.

May 02, 20191 hr 7 min0

DIE SELLE deur Herman Cronjé

'n Welgestelde, spoggerige vrou kom te hore van 'n rewolusionêre prosedure waarvolgens die kloning van 'n mens vervolmaak is deur varke te transmuteer om uiteindelik die voorkoms en persoonlikheid van 'n gasheer-mens aan te neem. Sy is ongelukkig getroud met 'n bombastiese narsis, en besluit om die nuwe prosedure (sonder haar man se medewete) op die proef te stel...

Apr 18, 201957 min0

ONTRUIM deur Esta Steyn

Manus en Willemien is sewentig, en moet hulle groot huis opgee en afskaal. Om weg te gooi en op te pak nadat hulle hulle lewe lank versamel het, is nie maklik nie. Hulle het soveel goeie herinneringe, maar in die proses ontdek hulle ook 'n paar lelike geraamtes, en vlam ou verwyte weer op.

Apr 11, 201954 min0

LIEWE PYNAPPEL deur Anna Greenfield

Elsa is hoogswanger, en haar ginekoloog het voorgestel sy begin skryf vir "Pynappel" (Elsa se naam vir haar baba omdat sy nie die geslag wil weet voor die tyd nie) om haar gewaarwordinge en gevoelens in hierdie tyd met haar te deel. Die idee is om dan die briewe as e-posse te stuur na 'n rekening toe, en om eendag, as haar kind 18 is, vir hom of haar die wagwoord te gee sodat hy of sy die briewe kan lees. Elsa is amper 30 en enkellopend nadat die pa van haar kind die pad gevat het toe hy hoor sy...

Apr 04, 20191 hr 6 min0

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius

Mavis Kellerman, ʼn weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld, behalwe vir haar e-posse met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang 'n uitnodiging vir die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke jongkêrel met ʼn ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen, en bevind haarself aan die ontvangkant van ʼn vryery in haar herfsjare, wat afspeel oor ʼn reeks romantiese afsprake. ...

Dec 27, 201840 min0

'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers

Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis, wat die inspirasie vir die verhaal is. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief.

Dec 24, 201853 min0

ELKE POT deur Perdita van Dijk du Bois

Martie, 'n kunssinnige en verfynde vrou in haar vyftigs, is verbaas en effe onthuts dat haar jonger laatlam-suster vir haar probeer man soek. Wanneer sy uitvind dat haar sus kanker het, verander dit die prentjie. Tydens die dinamika wat volg, word universele menslike gedrag uitgebeeld in 'n teer verhaal van liefde en menslikheid in die aangesig van die dood.

Dec 20, 20181 hr 2 min0

GEBLIK deur Esther von Waltsleben

Die grootbaas van De-Lish besluit om sy franchise se sakebelange te beskerm, en stuur sy seun en jong ambisieuese werksvriend na Blikfontein om op die De-Lishrestaurant daar te spioeneer. Slim vang sy baas wanneer die twee jong jukkerige mannetjies met hulle eie agendas hulle vasloop teen die restauranteienaar en sy oorlede vrou se twee dogters. Die twee jaag die hormone behoorlik op, en Abel se tweede vrou laat ook nie op haar wag om dalk in die guns van die jong mans te beland nie.

Dec 13, 201847 min0

ROAD TRIP deur Corné Joubert

Twee vroue wat ry agter vryheid aan. Een pad wat lelik skeefloop.Jana en Stephanie, stadsmeisies en beste vriendinne, vat die pad die Karoolandskap in om hulle koppe skoon te kry en nuwe avonture te beleef. Die avontuur wat hulle inwag, is nie heeltemal die soort wat hulle in gedagte gehad het nie. Daar skuil meer om die volgende draai as net rustige plase met hubare boere.

Dec 06, 201859 min0

LIGTER AS DIE WIND deur André Kotzé

Dirk Ligter was 'n berugte skaapsteler uit die Hantam se wyk. Hy het van plaas tot plaas beweeg, soms fluks gewerk, al wat vroumens is, beïndruk, dikwels skaap gesteel, geslag en gebraai, maar nooit sommer homself laat vang deur die polisie nie… ten minste nie as hulle hom te perd probeer jaag het nie. Daarvoor het hy te vinnig gehardloop. Maar soms, net as hy wou, het hy hom laat vang, en self aangemeld vir sy straf vir die jongste skaapstelery. Mettertyd het skaapsteler skaapwagter geword, fil...

Nov 29, 20181 hr 8 min0

DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee

ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op 'n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, 'n kombuishulp op 'n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...

Nov 22, 201850 min0

NOG NET TWEE WEKE deur Helena Hugo

Esta is sewentien, en haar ouers se enigste kind. Sy is mooi, slim en talentvol. Haar toekoms blink, maar dan tuimel haar drome inmekaar. Moet sy haar ouers in haar vertroue neem of nie? Die uitkoms verg byna bo-menslike dapperheid en die grootste opoffering denkbaar.

Nov 15, 201849 min0

DIE VOËLHOK deur William Oosthuizen

'n Polisie ondersoekspan probeer die oorsaak van die dood van 'n bejaarde vrou bepaal, wie se lyk in 'n voëlhok in die agterplaas van haar huis gevind is. Wanneer wyle Edith Visagie se seun, Niel, uit Kanada aankom vir sy ma se begrafnis, blyk dit gou dat sy pa, Bertus Visagie, nie regtig jammer is sy vrou het hom ontval nie. Het hy haar hulpkrete daardie koue nag geïgnoreer, of was daar dalk iets meer sinister wat haar dood veroorsaak het?

Nov 08, 201857 min0

DIE FIETSTOER deur Joa Bekker

Wat het hulle besiel? Oom Jannes op 64 (Dirk Stoltz) en die bloedjong Chilli op 22 (Christopher van der Westhuizen) besluit om per fiets saam deur die Karoo oor Prins Albert na George te ry. Hulle gee hulleself net tien dae tyd om die rit te voltooi. Elkeen het sy eie motief oor waarom hy op die toer gaan. Kort voor lank blyk dit dat nie elkeen is wie hulle voorgee om te wees nie, en aan die einde van die toer wag daar 'n reuse verrassing op hulle...

Nov 01, 201859 min0

SOEK deur Madeleine Volschenk

Letsie verdwyn spoorloos uit 'n gastehuis op die Kaapse platteland. Wat het met haar gebeur? Die ander gaste leer mekaar en die eienaars beter ken terwyl hulle bespiegel oor haar en die land se veiligheid. Wanneer Hester Ruiters by 'n plattendse gastehuis kom kuier om te skryf aan haar eerste boek, verdwyn een van die ander gaste en kry sy baie idees vir haar nuwe boek. Is Letsie in gevaar? Het sy dalk iemand spesiaals ontmoet? Of is dit net nog 'n misdaadstatistiek vir Suid-Afrika?

Oct 25, 201853 min0

DIE TESTAMENT deut Rhona Peens

Oom Josef Rossouw sterf, en sy familie en werkers word na die prokureur se kantore genooi sodat die testament vir hulle gelees kan word. Daar is miljoene rand in die boedel, maar dan word oom Josef se lys voorwaardes gelees... Skielik klink die belofte van 'n stewige erfporsie eerder na 'n nagmerrie, en veral Herman en Katinka se dogter, Zenobia, begin kapsie maak. Oom Josef dirigeer die gebeure meesterlik uit die graf, want hy wil seker maak dat sy familie nie die geld sal gebruik om hulle lewe...

Oct 18, 201847 min0

LAAT HERFS deur Richard van der Westhuizen

Andrew Beyers se lewe het, soos die meeste mense s'n, nie heeltemal verloop soos wat hy graag sou wou hê nie. Dan ontmoet hy, heel toevallig, 'n sprankelende jong kunstenaar, en sy verander sy lewe ingrypend…

Oct 11, 201856 min0

ONTYDIGE TYDINGS deur Albert Short

Ontydige Tydings is 'n opvolg op 'n Voorlopige Begrafnis. Dis alweer begrafnistyd, maar die kis is swaar en die begraafplaas lê ver op 'n hoogte. Dan bedink iemand 'n plan. Dalk kan hulle die kis sommer met die lugballon soontoe vlieg? Dis veilig. Niks kan verkeerd gaan nie. Of kan dit?

Oct 04, 20181 hr 2 min0

WAAR IS TOMAS? deur Zoë Ras

Emma le Roux is 'n jong versorger wat na 'n bejaarde wewenaar, Giel Vermaak, moet omsien. Hulle verhouding is uit die staanspoor problematies. Tog kom Emma gou agter dat haar tyd saam met Giel haar lewe handomkeer gaan verander. Giel neem mettertyd vir Emma op verskeie avonture, wat haar dwing om haar verbeelding op speels dog kragtige maniere te gebruik. Emma leer dat 'n mens se verbeelding jou kan laat lag en huil, maar ook genees. En sy besef hoe belangrik die literatuur vir die mensdom in sy...

Jun 28, 201851 min0

DIE REINE WAARHEID deur Eleanor Lombard

Wanneer 'n poskantoorwerker in 'n klein dorpie 'n storie oor een van die inwoners oorvertel, kry die storie stertjies by en word dit al hoe meer sensasioneel soos dit versprei. In 'n verrassende wending sorg die slagoffer later vir komiese gevolge.

Jun 21, 201855 min0

KOLSKOOT VISAGIE deur Christopher Joynt

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Barend Visagie en sy seun, Willie. Dit speel in 1948 in die Swinburne-distrik af. Hoewel dit n fiktiewe storie is, is die drama is geskoei op die Suid-Afrikaanse volkslegende waarop C.M.van den Heever sy gedig, Waar ruwe rotse, gebasseer het.

Jun 14, 20181 hr 1 min0

DIE GANG deur Joe Kleinhans

Die dag nadat wewenaar Jakob Swart by die Tuisbes-tehuis intrek, word hy in 'n kantoor betrap waar hy, selfoon in die hand, in 'n kabinetlaai krap. Dis in dieselfde tyd waar daar 'n veldtog in die plaaslike koerante losbars oor die agteruitgang in die tehuis, met stawende foto's. Matrone Malan kan nie anders as om te dink dat Tuisbes met hulp van binne gesaboteer word nie. Jakob is en bly haar verdagte nommer een. En waar Matrone altyd in die gang hoor wat aan die gebeur is in die tehuis, swyg d...

Jun 07, 20181 hr 10 min0

SKINK VIR MY 'N WHISKY deur Deon Johnston

Die bestuurder van 'n supermarkgroep word koelbloedig deur 'n gemaskerde rower doodgeskiet, enkele dae voor sy tweede huweliksherdenking. Vir sy jong weduwee is die skok en verlies te groot, en sy pleeg selfmoord. Haar broer sweer om die skuldiges aan die pen te laat ry. Hy roep sy jarelange vriend en privaatspeurder se hulp in. Die vriend se lewe is egter in 'n warboel as gevolg van sy leefstyl, en die ondersoek neem 'n onverwagte wending...

May 30, 201851 min0

HITTEGOLF deur Martyn le Roux

Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee “amper groot” kinders. Die “koors” van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil hê dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is 'n absurde kruis met realisme in 'n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporêre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. 'n Lag met 'n traan daarby.

May 24, 20181 hr 4 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android