Set Niemand is 'n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met 'n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. 'n Russiese gimnas word breindood verklaar en siedaar, Set se kop word op die gimnas se lyf oorgeplant deur 'n span Suid-Afrikaanse geneeshere in Moskou in die Kremlin. Aanvaar die kop en die lyf mekaar? Hoe reageer die medici daarop? En wat van eie belang? Is dit moontlik en volhoubaar?
May 17, 2018•47 min0
Noora Helmer kan as 'n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is 'n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af gevul met geluk. Maar op Oukersaand klop 'n skuldeiser aan Noora se deur en eis sy pond vleis. Dit bring haar nie net in konfrontasie met haar man nie, maar ook met haarself. Sy besef dat sy tot dusver net almal se speelding was. 'n Skadelose poppie. Tog is dit nou tyd om groot te word...
May 10, 2018•1 hr 24 min0
'n Man skryf 'n brief aan sy naasbestaandes om te vra dat hulle hom hierdie keer met die nodige respek sal begrawe. Waarom word hierdie man twee keer begrawe, en wat het fout gegaan tydens die eerste begrafnis?
May 03, 2018•1 hr 1 min0
Drie gesoute rowers – of is dit dalk eerder veteraantronkvoëls – beplan hulle eerste rooftog in twee jaar ná hulle laaste besoek aan die staatshotel. 'n Naïewe jongman, kraakvars van die plaas af, word aangestel om 'n swaarvragmotor in die rooftog te bestuur. Aanvanklik word die jongman met groot agterdog bejeën, maar uiteindelik moet hulle erken dat hulle 'n goeie belegging in die plaasjapie gemaak het. Of hulle die keer daarin sal slaag om met die grootste buit in hulle rowersloopbane die gasv...
Apr 26, 2018•49 min0
Die verhaal belig die wrede situasie waarin die mense van die Kaapse vlakte hulleself bevind, die angs waarmee 'n moeder terugkeer van die werk af as sy haar kind tuis moes los, en haar stryd met die gevolge van 'n doodgewone Saterdaguitstappie. Hierdie drama is met die tweede prys in RSG en SANLAM se radiodramaskryfkompetisie van 2017 bekroon.
Apr 19, 2018•56 min0
'n Talentvolle haikoedigter en kopieskrywer wat sukkel met depressiewe gedagtes, besluit sy het genoeg gehad van die lewe. Sy hou egter nie rekening met haar nuwe buurman en sy sagte hart nie. Wanneer Lena Dreyer leer om die lewe te aanvaar vir wat dit is, vind sy haarself weer op die pad van hoop en nuwe vriendskappe. Die lewe het egter ander planne met haar...
Apr 12, 2018•1 hr0
Daniel en Klara bly in dieselfde woonstelblok waar 'n eksentrieke hawelose ou vrou gereeld met haar winkeltrollie vol nuttelose stofgaarders kom smous. Sy blyk egter oor veel meer te beskik as net haar trollie vol negosieware. Haar ryk lewenservaring het 'n blywende en ingrypende invloed op die twee jongmense, wie se lewens skynbaar nie volgens plan verloop nie.
Apr 05, 2018•57 min0
Speel die Bybelse oorsprong van die Paasgebeure nog die rol wat dit behoort te speel, of word dit vertroebel deur heidense simbole en fantasieë oor die Paashaas en sy ware? Quintin Roy is 'n jong akteur wat sy bes doen om sjokolade te verkoop en kinders gelukkig te maak. Maar dan kom hy te staan teen ouddominee Broderick en die waarheid…
Mar 29, 2018•40 min0
Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net 'n klein gunsie vir iemand te doen, soos om 'n foto (of ses) te neem? Maak nader kennis met die psige en die stresvolle lewe van 'n kelner.
Dec 28, 2017•41 min0
Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings.
Dec 24, 2017•59 min0
In 'n deeltitel-woonstelkompleks in Seepunt vind die inwoners uit dat die deelnemingskwota nie volgens die deeltitelwet toegepas word nie. Omdat 35% van die gebou uit winkels bestaan. en die residensiële en kommersiële komponente dus verskillende belange het, is daar gedurig konflik tussen die inwoners.
Dec 21, 2017•51 min0
Andrea is een van 'n tweeling wat altyd aan die korste ent trek. Haar liefde vir haar suster maak dat sy gereeld toegee, aanvaar, die ander wang draai en keer op keer vergewe. Maar waar trek sy die streep en wanneer is genoeg, genoeg? Nadat die lewe en haar tweelingsuster haar weer eens teleurstel, gaan kruip sy by 'n vriendin weg om haar wonde te lek. Sal sy die lewe, die mense naaste aan haar en die liefde weer 'n kans gee? Lê die antwoord in die hoeveelheid kere wat jy val, of die hoeveelheid...
Dec 14, 2017•52 min0
Baasspeurder Sakkie Joubert het al 'n hele paar reeksmoordenaars aangekeer. Dis sy spesialiteitsgebied. maar die laaste een, die een wat hy ten alle koste wil vastrek voor hy aftree, bly hom ontwyk. Dit word 'n dodelike kat-en-muis-speletjie tussen die jagter en die gejagte.
Dec 07, 2017•1 hr0
ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op 'n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, 'n kombuishulp op 'n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...
Nov 23, 2017•50 min0
'n Jong seun wie se ouers in die tronk is, besluit om die pad te vat omdat hy reken dis beter om op straat te woon as om heeltyd deur sy ouer broer afgeknou te word. Hy word deur bendelede geteiken, en ondervind 'n paar dinge waarop hy nie gereken het nie. Hy word deur 'n inisiasie geneem, wat hom laat terugverlang na sy veilige huis by sy ouma.
Nov 16, 2017•55 min0
Wanneer iemand jou van jou kosbaarste besitting ontneem, per ongeluk of deur nalatigheid, en dit verander die res van jou lewe: wat doen jy? Vergewe jy of laat jy toe dat die boosheid in jou oorneem deur jou te wreek? Indien jy wraak kies, kan vergelding ooit regverdig word? Wat sou jy kies?
Nov 09, 2017•48 min0
'n Oud-Spoorwegwerker, Frank, en 'n jong kroegman, Tim, neem jou saam in 'n hartroerende ontbloting van hulle siele in 'n kroeg waar brandewyn nie brieke het nie. Frank, wat afgetree is, vier sy skrikkelverjaarsdag, maar daar is min vreugde in die aand. Hy, sy pa en sy pa se pa was almal Spories wat uit die arm deel van die dorp gekom het. Frank se idiomatiese taalgebruik sorg vir komiese momente en lei ook tot verskeie voorvalle wanneer die generasiegaping aanvanklik 'n kloof vorm tussen Frank ...
Nov 02, 2017•1 hr 29 min0
Liefde is ongetwyfeld een van die heel belangrikste dinge in enige mens se lewe. Wat van liefde met die eerste oogopslag? En is ouderdomsverskil werklik belangrik? Die drama speel af in 1881 op 'n skip. Dit is 'n intrige tussen 'n beeldskone, onervare jong meisie en die veel ouer skeepskaptein.
Oct 26, 2017•48 min0
Dit is die verhaal van 'n groep vroue van die plaas Bitterfontein, wat oorgelewer is aan die behoeftes van die werkgewers. Die skrywer hanteer die probleme waarin so 'n geslote gemeenskap, wat afhanklik is van mekaar, met groot insig en geen sentiment nie.
Oct 19, 2017•55 min0
Die 88-jarige Johan gesels met sy versorger, Dalene, en mymer: “Ek het altyd gedink die lewe is 'n wonder, en die dood 'n misterie. Nou dink ek dis andersom. Die lewe is 'n misterie, die dood 'n wonder. En hier is ek nog…” Ons leer ken ons Johan as kind, later student en jong man, en nou as bejaarde wat so tussendeur sy lewe en liefdes 'n sinvolle legkaart van al sy mymeringe probeer maak.
Oct 12, 2017•40 min0
Petra en haar ma Ragel woon op die afgeleë plaas Waaisand in die dorre streke van Namibië naby Sossusvlei. Petra se pa het weggeloop toe sy nog 'n baba was, en sy koester steeds 'n wrok teen hom oor hierdie verraad. Sy verwag dat hy tog eendag sal terugkeer, soos 'n misdadiger terugkeer na die toneel van die misdaad. Twintig jaar later kom 'n sekere Herman by die plaas aan, op soek na 'n potjie robyne waarvan die triekster-figuur, die swerwer Sysie, hom vertel het. Petra lê hom voor en skiet hom...
Jun 29, 2017•57 min0
“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo haar omstandighede uit te styg. Nie almal in haar familie ondersteun haar egter nie. En dan is daar haar albatros...
Jun 22, 2017•1 hr 18 min0
Die aspekte wat 'n blinde gemeenskap ervaar en mee worstel, is dikwels soos die van die sogenaamde normale gemeenskap, maar daar is kwessies en vrae wat hulle kwel en diep ontstig waaraan die siendes selde dink. Kwessies soos hoe droom iemand wat blind gebore is? Hoe voel die verskillende kleure? Wie blameer jy vir jou blindheid? Die drama is 'n enkele toneel waarin vyf blindes gesels oor hulle ervarings, vrese, verwyte en drome. Elke karakter ontbloot sy of haar eie donkerste hoek.
Jun 15, 2017•1 hr 10 min0
Grootouma Annabel vier haar honderdste verjaarsdag in 'n ouetehuis. Haar agterkleinkind Anton sou sy verlowing aan die meisie van sy drome op hierdie gedenkwaardige dag aankondig, maar familiebande verhoed hulle. Altans, so vermoed hulle...
Jun 08, 2017•52 min0
Engela is raadop omdat haar man, Willem, al sy tyd agter 'n geslote deur deurbring. Sy is aanvanklik onwillig om hom daaroor aan te vat, maar met aanmoediging en raad van 'n lewensafrigter, en ook van haar geliefde tante, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar. Wat sy uitvind verander haar en haar man se verhouding vir altyd.
Jun 01, 2017•56 min0
'n Groepie vriende onderneem 'n toer op die spore van die destydse Grensoorlog. In Katima Mulilo, 'n dorp in die westelike deel van die Caprivistrook in Namibië en eertydse Suid-Afrikaanse weermagbasis tydens die Grensoorlog, raak hulle egter gestrand toe die ou oor-die-muur viertrekvoertuig se enjin finaal die gees gee. Terwyl hulle wag op die motorwerktuigkundige, kom 'n paar interessante onthullings aan die lig wat, sou dit algemeen bekend word, die dinamika van hierdie vriendekring permanent...
May 25, 2017•49 min0
'n Jong vrou, wat meestal by haar tante groot geword het, moet die verlies van haar ouers verwerk. Tot haar verbasing is sy die erfgenaam van 'n geliefde Bosveld vakansie-oord, en dis hier waar sy te doene kry met die werklikheid van die stropery van renosterhorings en ook haar gevoelens vir haar kêrel in oënskou moet neem. Die drama is 'n liefdesverhaal wat afspeel in die Bosveld, waar die wreedheid van die stropery van renosterhorings 'n werklikheid is.
May 18, 2017•41 min0
'n Bekkige boervrou probeer allerhande plannetjies om 'n arm verstote gesin weer in die gemeenskap te integreer. Selfs die nuwe dominee is nie te heilig om by haar planne ingesleep te word nie, want dit lyk asof net 'n wonderwerk sal help. Sal sy slaag? Sal die gemeenskap bereid wees om die vreeslike verlede te begrawe en te vergewe? En indien wel, waarvandaan sal die wonderwerk kom?
May 11, 2017•41 min0
Padkaarte is 'n samestelling van drama, poësie en prosa, spesiaal vir die radio opgevoer deur sewe van die agt finaliste van die Nasionale Toneelspelkompetisie van 2016. Dit is 'n nuwe konsep om jong talent aan RSG se luisteraars bekend stel.Die jong akteurs is Tomley van Vuuren, Wian Taljaard, Cantona James, Mia van der Merwe, Rene Cloete, Jana van der Merwe en Jeani Heyns. Hulle reis onder andere deur Adam Small se “Krismis van Map Jacobs”, Odette Schoeman se roman “Swartskaap”, Elisabeth Eybe...
May 04, 2017•35 min0
Suid-Afrikaanse huursoldate word in die Kongo gevange geneem ná 'n mislukte operasie. Hulle word onder haglike omstandighede in 'n gevangenis in Pointe-Noire, in die suide van die land, aangehou. Uiteindelik, na twee jaar, slaag die laaste twee oorlewende soldate om te ontsnap. Net een oorleef om hulle storie te vertel.
Apr 26, 2017•1 hr 10 min0