DIE KIND deur Janine van der Linde
'n Jong ma van die Kaapse Vlakte rou steeds oor haar seun wat op sy sewende verjaardag spoorloos verdwyn het. Sy bly glo dat hy sal terugkom en dat hy nie dood is, soos almal glo nie.

'n Jong ma van die Kaapse Vlakte rou steeds oor haar seun wat op sy sewende verjaardag spoorloos verdwyn het. Sy bly glo dat hy sal terugkom en dat hy nie dood is, soos almal glo nie.
Die herbergier van Betlehem wat vir Maria en Josef skuilplek gegee het en saam met sy gesin die geboorte van Jesus meegemaak het, woon in Jerusalem by sy oudste seun toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling, maar ook met konflik in der midde as hulle jongste seun saam met die tempelwag optrek om Jesus gevange te neem.
'n Bejaarde Afrikaanse plaasboer en sy swart jeugvriend, 'n oudplaaswerker, bevind hulle saam in dieselfde ouetehuis. Op die vooraand van die kerkbasaar besluit die boer om 'n paar lekkernye te gaps om langs die rivier te gaan braai. Met brood en wyn wag hulle vir die hout om kole te word, maar die gesprek neem 'n wye draai terug tot in die verlede, met verreikende gevolge vir albei. Dit is 'n sensitiewe drama wat met groot deurdagtheid en menslikheid geskryf is.
'n Verbitterde en onstabiele polisiekaptein wat 20 jaar laas bevorder is, beland by 'n professionele sielkundige met 'n praktyk êrens in Johannesburg. In die spreekkamer word daar dramatiese onthullings gemaak, en skielik neem die storie 'n heel ander wending...
Cor Gericke en sy vrou, Lynn, (dis 'n tweede huweliksituasie) besluit om op hulle eie vakansie te gaan hou. In werklikheid het albei van hulle skelm verhoudings en wil vakansie hou by hulle huis. 'n Soort wittebrood in die kleine. Lynn en haar liefde, Theo Barlow, is eerste daar. Tweede wat opdaag is Ria Rupert, Cor se vriendin, en nou begin die spreekwoordelike poppe 'n dansie uitvoer waaraan almal nie graag deelneem nie.
Twee oumense wag tevergeefs vir hulle seun wat ná die Tweede Wêreldoorlog as vermis aangegee is. In hulle hartseer raak hulle vervreemd van vriende en familie, maar elke Kersfees word die Kersboom hoopvol versier en in die voorkamer uitgestal vir die groot hereniging.
'n Seun met Down-sindroom word op 'n Vrystaatse plaas deur sy ouma en oupa grootgemaak. Elke jaar verbeel hy hom dat sy pa, wat hy nog nooit ontmoet het nie, met Kersfees daar sal opdaag. Die spesifieke Kersfees hou hy vol dat sy pa ook saam met hom 'n sneeuman sal bou. Wanneer daar dan wel 'n man sy opwagting op die plaas maak, word die grootouers met verlies en pynlike herinneringe gekonfronteer. Die drama handel onder andere oor vooroordele, veral weens onkunde en dan ook oor vergifnis.
'n Groep plaaswerkers kry die ontstellende nuus dat daar net een graf oop is in hulle begraafplaas. Hulle sal self moet besluit watter een van hulle die gesogte rusplek verdien. Elkeen wil met waardigheid die tydige met die ewige verwissel, maar om jou eie stukkie 'grond' te bekom, moet daar dalk eers 'n paar ou koeie uit die sloot gegrawe word... Tydens die dinamika wat volg, word universele menslike gedrag uitgebeeld met die tong in die kies en 'n heerlike kinkel in die kabel.
Wat maak van 'n mens 'n moordenaar, selfs 'n reeksmoordenaar? En is dit hoegenaamd voorspelbaar dat iemand moord sal pleeg? Of kan iemand wat gewoon voorkom, en 'n gewone lewe ly, moord pleeg sonder dat iemand ná aan die persoon dit voorsien of verwag? Hoe goed ken ons werklik ons geliefdes?
ʼn Agtienjarige Portugese seun met ʼn lam voet word in Mosambiek groot tydens die burgeroorlog in die middel jare sewentig. Sy pa is verskeur tussen die rebelle en die regeringsmagte. Wanneer sy pa verdwyn, ontmoet hy ʼn wit Afrikaanse meisie wat ʼn busramp oorleef het. Saam takel hulle die Mosambiekse bosse met al sy gevare aan. Dan hom hulle op ʼn gewonde olifant af wat die jong João (Merlin Balie) moet probeer gesond maak. Elena (Ansu Visser) reis saam met hom na veiligheid. Sal hulle dit lewend m...
“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo haar omstandighede uit te styg. Nie almal in haar familie ondersteun haar egter nie. En dan is daar haar albatros...
Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net 'n klein gunsie vir iemand te doen, soos om 'n foto (of ses) te neem? Maak nader kennis met die psige en die stresvolle lewe van 'n kelner.
Vir drie dae moet Lucas en Klara noodgedwonge in 'n omgewing vol paradyslike skoonheid, maar terselfdertyd lewensgevaarlike omstandighede, probeer oorleef. In die tyd dat hulle wag op 'n moontlike reddingspoging, gestroop van enige denkbare gerief of kos, kom die verskille in hulle persoonlikhede, asook elkeen se sterk en swak punte, dramaties na vore. Hulle bevraagteken hulle verhouding en wonder of daar vir hulle 'n toekoms saam is. Die tradisionele geslagsrolle word omgekeer, en hulle leer hu...
Met sy jongste radioteater probeer Pirow Bekker 'n verband lê tussen die tikmasjien en die waterboormasjien. Albei soek na water – die boormasjien regstreeks, die tikmasjien onregstreeks met die skep van lewe deur die woord. Water is immers lewe. Die liefde speel 'n prominente rol, veral die ontluikende liefde tussen twee jongmense. Maar die liefdesdraad kan ook verknoop raak en die boor- en tikmasjiene in wapens verander. 'n Veelfasettige drama waar die poëtiese inslag oorheers: 'n ode aan wate...
Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by hom spook. Net voor sy finale belydenis speel die werklikheid hier reg voor hom af...
Langs Coetzenburg het nie net 'n waterstroom gevloei nie, maar #SteveBiko is tragies dood in '76, en die #lawstudente en #dramastudente het #gerebel. Van hulle het onder #StilleWaters die #Duiwels laat ronddraai. 'n Storie van #Spioene vir en teen. #Veiligheidspolisie wat bedrywig was en #Liefde omgeskakel het in #Verraad en #Verwyt.
Karen is 'n aktrise en geniet die wêreld van voetligte en applous. Haar man, Johan, bevind hom in die sfeer van die landbou en die wetenskap. Totdat hulle besef dat hulle huwelik nie meer is wat dit was nie. In die middel is hulle talentvolle veertienjarige dogter, Annelie. Hoe moet sy sin maak van die skielike nuus dat haar ouers se paadjies gaan skei? Intussen word Karen gekonfronteer met die keuses wat sy voorheen in haar lewe gemaak het. In 'n slim spel tussen die hede, verlede en toekoms en...
Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie 'n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud, of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin”, bestaande uit 'n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang, in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En wat kruip oor die kussing? Midde hierdie konsternasie probeer Malie en haar twee dogters, Santjie en ...
Kanna is die grootmaakkind van Makiet, 'n arm bruin vrou uit die werkersklas. Kanna se aanneem-ouers sien sy potensiaal raak en moedig hom aan om 'n opvoeding te kry en te ontsnap van die onderdrukking in Suid-Afrika en Distrik Ses.Hy presteer bo verwagting, maar in die buiteland. Vir Makiet, sy vriende en sy familie word sy terugkeer 'n simbool van hoop. Die drama wentel rondom hierdie afwagting van Makiet dat Kanna eendag sal huistoe kom. Uiteindelik kom hy huis toe – maar net vir Makiet se be...
Luan Loots hou daarvan om ander mense se weggooigoed by pandjieswinkels te koop. Hy beplan om alles te verkoop wanneer hy aftree, om vir hom en sy vrou te sorg vir hulle oudag. Dan kom hy op iets af wat hy dalk liewers op die winkelrak moes gelos het, want vandat hierdie ding in sy huis staan, gebeur daar vreemde goed... soms sommer helder oordag!
Uit die pen van Wilken Calitz kry ons 'n verhaal van 'n sukkelende jong opkomende sanger, Johnny (Andre Terblanche), wat eers teologie studeer het en agv sy seksuele voorkeure in konflik met die kerk se gay-beleid kom. Sy lewensmaat, James (Marlow Minnaar) word gediagnoseer met kanker en dit is waar die papaja die waaier tref, want hulle het dringend geld nodig vir die chemo-behandeling. Hiervoor is Johnny bereid om buite die boks te dink en sy eie dood te vervals om post mortem tantieme uit 'n ...
'n Dominerende skoolhoof ontvang 'n dringende SMS van haar onderdanige broer, wat as 'n laboratoriumassistent werk, om hom by 'n sekere adres in 'n krotbuurt te ontmoet. Uit die staanspoor is alles nie pluis nie, veral nie wanneer hy 'n video-opname van 'n nuusberig oor 'n reeksmoordenaar aan haar voorspeel nie...
Elri is Bertus en Rentia se enigste kind, en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie, en vir Rentia is dit moeilik om te aanvaar dat hulle huwelik op die rotse is…
Lucas en Klara is pas getroud. Lucas het die romantiese droom om sy bruid 'n ongerepte deel van Afrika te wys. Hy beplan hulle wittebroodsbestemming as 'n verrassing vir haar, wel wetende dat sy nie 'n natuurmens is nie, en dat sy eintlik hou van gerieflike vakansies in “beskaafde” plekke. Iets onverwags gebeur en hulle bevraagteken hulle verhouding. Hulle leer ken hulleself en mekaar, dalk vir die eerste keer. Dit is 'n nag wat sal bepaal of hulle wittebrood ook die einde van hulle huwelik is, ...
Lafras is 'n Jan Alleman wat vasgevang is in 'n burokratiese stelsel. Hy is 'n dromer en begin mettertyd lugkastele bou om van die sleurwerk te ontsnap. By die werk word hy gespot en hy sluit uiteindelik by 'n groep ondergrondse rebelle aan. Hy vervaardig vir hulle plofstof en smokkel wapens vir 'n rewolusie wat kom. Wanneer Lafras op sy fiets ry of selfs die badkamer besoek, marsjeer hy saam met die rebelle en staar hy die vyand in die gesig. Hy ontmoet later vir die swanger Petra, wat hy op sy...
Jane Eyre is 'n weeskind, maar ook 'n goewernante, wat later in Thornfield vir die jong Franse meisie, Adele, private klasse aanbied. Hier raak sy op meneer Rochester verlief. Die veel ouer Rochester vra haar om te trou, maar hulle troudag ontaard in 'n nagmerrie wanneer 'n gas aanvoer dat Rochester steeds met 'n ander vrou getroud is... Sal Jane en meneer Rochester ooit skuiling in mekaar se arms vind?
Muriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree?
Kas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hul seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang.
Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings.
'n Vereensaamde vrou in 'n ouetehuis en 'n jong, eksentrieke student, wat nie aanklank vind by haar medestudente nie, bevriend mekaar toevallig en beïnvloed en begeester mekaar se lewe.