Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...
Dec 31, 2015•44 min0
Om Chris Barnard te eer, saai RSG sy bekroonde drama Blindemol uit. In 2008 het hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiodrama daarmee ontvang. Barnard het die medium baie goed geken en verstaan en het die stemmingsvolle werk oor 'n blinde klavierstemmer, Dolf, geskep. Dolf is reeds oorlede. Nou kan hy die kleindorpenaars sien en met hulle in gesprek tree, veral met die vroue wat hom liefgehad het. Een van die aanhaalbare stukke dialoog in die teks is dalk nou...
Dec 29, 2015•44 min0
Die Kaapse Bergies, Miester Brand, Myra en Bekkies, besluit om 'n Kersspel op te voer vir 'n jong seun wat gom snuif.
Dec 25, 2015•43 min0
Die drama kyk na die lewe van 'n sestienjarige tweeling, Santie en Rika, wie se ouers oorlede is. Hulle beland by 'n tante en haar geweldadige dronklap minnaar. Santie neem die leiding neem aangesien Rika in die ongeluk waarin hulle ouers gesterf het, breinbeserings opgedoen het. Wanneer dit te ondraaglik raak by hulle tante, klop hulle by die buurvrou aan om hulp. Hulle lewe word egter net moeiliker, en Santie se oplossing daarvoor is 'n hartseer een.
Dec 17, 2015•53 min0
'n Violis kom uit die buiteland terug na Suid-Afrika en die dorpie waar hy sy geliefde verlaat het om 'n loopbaan in die buiteland te bou. Hier ontdek hy dat soveel veranderinge plaasgevind het, maar dat daar tog baie is wat herinnerings by hom oproep.
Dec 10, 2015•45 min0
'n Pragtige jong kelnerin bedien die man van haar drome by die restourant waar sy werk. Hulle raak aan die gesels en dit blyk gou dat sy 'n meisie met ambisie is. Sy wil verder studeer, reis en meer met haar lewe doen as om kelnerin te speel. Maar sy weet ook wanneer 'n droomman niks meer as net 'n droom sal bly nie. Min het sy egter kon raai dat haar toekoms reeds besig was om te verander... Die spelers is Joey Meissenheimer, Marlo Minnaar, Kim Heyns en Andre Samuels.
Dec 03, 2015•49 min0
Kaptein Eugene de Vries word een nag wakker gebel en opgekommandeer om 'n onverklaarbare geval in Duiwelskloofpas te ondersoek. Die verhaal wat ontvou is een van feite en fantasie waarin die volmaan die hoofrol speel. Die akteurs is Robbie Wessels, Marina Coetzee, Johny Klein, Karen Wessels, Rouel Beukes, Bradley Olivier en Sue Pyler.
Nov 26, 2015•1 hr 39 min0
Frans Kleinhans het 'n jong slawevrou, Rosiena, gelyfeien soos dit in 1706 aan Die Kaap van Storms bekendgestaan het. Buiten 'n ander slawemeisie, Dina, wat hy swanger gemaak het, dwing hy hom ook op aan Rosiena en nog 'n swangerskap lê op hande. Sy onvrugbare vrou Anna wil van hom skei, maar in ware geskrifte uit 1706 waarop die drama gegrond is, word daar aangehaal: “Moederskap is 'n feit; Vaderskap 'n kwessie van opinie…” Nou kom kerk, regter, toordokter en slawe ingedrang.
Nov 12, 2015•1 hr 26 min0
'n Verhaal gebaseer op ʼn ware gebeurtenis wat hom een koue nag meer as 30 jaar gelede in die destydse Suidwes-Afrika afspeel. ʼn Dienspligtige kry ʼn rygeleentheid na Keetmanshoop, maar die noodlot bepaal dat sy pad met die van ene Lone Ranger van Tsumeb kruis.
Nov 05, 2015•1 hr 7 min0
GEPIEKEL deur Schalk Scoombie
Oct 22, 2015•1 hr 20 min0
OORSEE deur Tertius Kapp
Oct 15, 2015•1 hr 17 min0
DIE BARON OP DIE BOME deur Italo Calvino
Oct 08, 2015•1 hr 24 min0
MOOI MARIA deur Pieter Fourie
Oct 01, 2015•45 min0
LOBOLA VIR DIE LEWE deur Andre P. Brink
Jun 25, 2015•1 hr 27 min0
AANTREKKINGSKRAG deur Deon Opperman
Jun 18, 2015•1 hr 5 min0
DIE DUIWEL en HARTSTOG deur Guy de Maupassant
Jun 11, 2015•48 min0
HIE' SIT DIE MANNE deur Leon Kruger
Jun 04, 2015•1 hr 4 min0
WAT SAL DIE MENSE SÊ deur Perdita Van Dijk Du Bois
May 28, 2015•1 hr 3 min0
DIE VROU UIT DIE SEE deur Henrik Ibsen
May 21, 2015•1 hr 11 min0
RABIE OP RADIO (Jan Rabie)
May 14, 2015•50 min0
ONTNUGTER deur Ingrid Penzhorn
May 07, 2015•55 min0
SONATE deur Martie Swanepoel
Apr 30, 2015•1 hr 5 min0
VER IN DIE OU KALAHARI deur Zesta Vorster
Apr 23, 2015•40 min0
SWANESANG deur Gerda Kriel
Apr 16, 2015•1 hr 4 min0
TEERLING 5: DIE BRUG deur PG du Plessis
Apr 09, 2015•34 min0
MASKERS deur Joey van Niekerk
Apr 02, 2015•55 min0
Terugreis deur Fred Carly
Apr 02, 2015•51 min0
Op Duskantdroogtefontein, in die laat vyftigs, is hubare jong mans net so skaars soos water. Vrouens is daar egter oorgenoeg. Wanneer dominee Gaffie Geringer as alleenloper sy intrek in die pastorie neem, moet hy keer of hy raak getroud met elke beskikbare jong meisie in die gemeente, en hulle moeders is maar te gewillig om te help!
Dec 11, 2014•1 hr 39 min
Hierdie klassieke, Hertzog-bekroonde drama speel af in 'n armoedige suidelike voorstad van Johannesburg. Jakes is die zef ou wat 'n ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die ma, wil egter niks hiervan weet nie. Sy wil wegkom uit die suburbs, met 'n ryk man trou en van geweet wees. Haar broer, Tjokkie, is die siener wat onder meer sien hoe 'n ander man as Jakes haar swanger maak. Natuurlik met rampspoedige gevolge...
Dec 04, 2014•1 hr 8 min0
Mart en Debbie is twee susters met 'n gespanne verhouding. Hulle ma ontken haar rol in die wanfunksie wat in die gesin bestaan.
Nov 27, 2014•42 min0