Radioteater - podcast cover

Radioteater

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

DIE MAN MET DIE 13 KINDERS deur Harry Kalmer

Jos (39) en Mathilde (33) het mekaar in Griekeland ontmoet. Hoe het dit gebeur dat hulle 13 kinders het? Hoe is hulle lewens daardeur geraak? Die drama is nie vir sensitiewe luisteraars nie, en sekere dele mag aanstoot gee.

Nov 20, 20141 hr 7 min0

'N LANG, LANG NAG deur Riana Scheepers

Die verhaal is losweg gebasseer op die mite van Sheherazade, wat baie behendig die dood gefnuik het deur die Sultan te betower met die mooiste verhale en mites vir 'n duisend en een nagte. Hy het al sy ander vroue na een huweliksnag onthoof. Gedigte van G.A. Watermeyer en Elmarie van Schalkwyk vorm deel van die aangrypende verhaal.

Nov 06, 201457 min0

2092: GOD VAN KLANK deur Wilken Calitz

Alle vorme van kuns is 40 jaar gelede verbied en die kunstenaars wat steeds hulle kuns probeer beoefen het, is terreggestel. Een pianis het 'n klavier vir 40 jaar in 'n grot weggesteek. Wat gebeur as iemand se hartstog sterker as sy oorlewingsdrang is? Die hoofspelers is Chris van Niekerk en Wilna Snyman. Ander spelers is Pedro Kruger en Albert Pretorius.

Oct 30, 201451 min0

DIE PYN deur Pauline Smith

'n Bejaarde kinderlose egpaar hou 50 jaar lank hulle armoedige boerdery aan die gang en woon en werk in liefde en tevredenheid saam, tot die vrou ernstig siek word en haar pyn hulle lewe binnedring en oorneem. 'n Kort verblyf in die hospitaal is vir hulle 'n ontnugtering as hulle vir die eerste keer geskei word en die pyn 'n nuwe dimensie kry.

Oct 23, 20141 hr0

SPLINTERGLAS deur Richard van der Westhuizen

Sedert haar ouers se egskeiding weier die jong Lynelle om weer klavier te speel. Sy en haar ma trek na die platteland, waar haar ma daarop aandring dat sy les neem by 'n afgetrede komponis. Met sy ondersteuning en leiding kry Lynelle dit mettertyd reg om 'n groot trauma te verwerk.

Oct 16, 201459 min0

DIE ONGELOOFLIKE REIS VAN MAX EN LOLA deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en nie op die mond geval nie. Hulle onwaarskynlike vriendskap strek oor dekades en het begin in 'n tyd toe sulke verhoudings verbode was, maar hulle liefde vir fliek en vir mekaar, het alles oorwin. Nou het die ouderdom hulle bekruip en dink hulle terug oor die jare.

Oct 09, 201457 min0

STERIEL deur Gideon van Eeden

Die titel van die drama is beskrywend van die gebied en die mense wat daar woon, enersyds, en die lewensgevaarlike en lewensbelangrike werk wat deur paramedici verrig word, andersyds. Nie alleen is dit noodsaaklikheid dat die binneruim van die ambulans steriel gehou moet word nie, ook die karakters lewer kommentaar op die sterieliteit van die gemeenskap en hulle persoonlike lewens.

Oct 02, 201457 min0

HOOR JY MY? deur Jean Cocteau

'n Middeljarige vrou (Rika Sennett) bel haar geliefde van die afgelope vyf jaar. Hy het intussen iemand anders ontmoet en trou die volgende dag met die nuwe vrou. In die telefoniese gesprek met haar eks probeer die vrou om weer sy liefde terug te wen, maar word verstrengel in haar eie desperaatheid en web van leuens. Die telefoongesprek is pure frustrasie wanneer dit kort-kort onderbreek word en die vrou se emosionele verval al hoe meer aan die lig kom...

Jun 19, 201452 min0

KLIPPEKLOOF deur Cecilia du Toit

Marius Venter moet die klipformasies in die omgewing van die plaas Klippekloof ondersoek. Petrus en Kotie Versteen is baie gasvry en hy voel dadelik tuis... totdat hy in die nag wakker word van 'n perd wat runnik, gevolg deur 'n geweldige slag. By nadere ondersoek vind hy egter absoluut niks nie...Hierdie drama met Richard van der Westhuizen, Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Elize Cawood en Anton Dekker is nie vir sissies nie. Sorg maar dat jy nie alleen daarna luister nie...

Jun 12, 20141 hr 7 min0

SONSTORM deur Schalk Schoombie

Niek en Miekie woon in 'n slimgebou. Alles is geoutomatiseer en geoptimaliseer – van veiligheid en sekuriteit tot voeding en klimaatbeheer. Onbemande tuie patrolleer die stad terwyl kameras en mikrofone oral opgestel is om misdaad hok te slaan. Selfs binne-in wooneenhede geld streng beheermaatreëls. Een van Miekie se frustrasies is dat daar 'n enorme versameling afstandbehere is wat alles, van die lugversorging tot die beligting en die deure beheer. Uiteindelik ontdek hulle dat daar nog meer beh...

Jun 05, 201454 min0

SONSTORM deur Schalk Schoombie

Niek en Miekie woon in 'n slimgebou. Alles is geoutomatiseer en geoptimaliseer – van veiligheid en sekuriteit tot voeding en klimaatbeheer. Onbemande tuie patrolleer die stad terwyl kameras en mikrofone oral opgestel is om misdaad hok te slaan. Selfs binne-in wooneenhede geld streng beheermaatreëls. Een van Miekie se frustrasies is dat daar 'n enorme versameling afstandbehere is wat alles, van die lugversorging tot die beligting en die deure beheer. Uiteindelik ontdek hulle dat daar nog meer beh...

Jun 05, 201454 min0

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis

Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsab...

May 29, 20142 hr 6 min0

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis

Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsab...

May 29, 20141 hr 19 min0

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis

Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om 'n ou wrok teenoor Hanna aan te spreek. Die rol van Maluna word vertolk deur Amanda Strydom en Elsab...

May 29, 20142 hr 4 min0

AS DIE DONKER DIE SON INSLUK deur Marion Erskin

Dis die verhaal van 'n klein plattelandse gemeenskap met die gewone struwelinge en 'n lang geskiedenis van haat en nyd. Hulle leef dekades met hulle eie wroeginge en geheime wat hul menswees verteer. Dan kom 'n natuurramp wat hulle dwing om mekaar te aanvaar en te omarm.

May 15, 20141 hr 3 min0

AAN STILLE WATERS: VROUTJIE WEET ALWEER BETER deur CJ Langenhoven

Die drama is saamgestel uit Langenhoven se rubrieke wat hy van 1921 tot 1932 vir Die Burger geskryf het. Die moderne Afrikaans waarmee hy toe al gewerk het, is opmerklik. Die program is by die Klein Libertasteater in die Kaap opgeneem. Jannnie Hofmeyr en Susan Beyers kan gehoor word in die rolle van Neelsie en Vroutjie. Stephanie Badenhorst skep die byklanke op die verhoog.

May 08, 201441 min0

VRYSLAG deur Marcel van Heerden

Hoe lyk een chaotiese dag in die lewe van 'n vryskutakteur? Hoe hanteer hy die klein katastrofes wat elke dag oor sy pad kom? Maar nog erger: hoe balanseer hy sy lewe as vryskutwerker met die van 'n enkelouer, veral wanneer sy seun se skool hom laat weet dat sy skoolgeld agterstallig is en daar geen manier is waarop hy R20,000 binne 'n week bymekaar kan maak nie.

Apr 30, 201456 min0

DIE TORINGKELDER deur Andre Kotze

'n Pa (Nic de Jager) sy tienerseun (Pietie Beyers) en tienerdogter (Elanza Swart) woon in die vuurtoring waarvoor hy verantwoordelik is. Hy maak hulle alleen groot en is besonder streng. Dan verskyn 'n jong, geheimsinninge seun (Deklerk Oelofse) op 'n stormagtige nag. Sy teenwoordigheid verander hulle lewens onherroepelik. Hierdie werk herinner aan die Gotiese dramas en dit deel die derde plek in die RSG/Sanlam Radiodramaskryfkompetisie van 2013.

Apr 17, 201447 min0

DIE WEBLEY deur Piet Steyn

Die beskikbaarstelling van artiretrovirale middels sedert 2008 help op 'n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika te verminder. Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat daar reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land is—tien persent van die bevolking. En wat meer is, die syfer styg steeds. Piet Steyn speek die MIV/Vigs probleem subtiel aan en tog is daar 'n dringendheid, 'n waarskuwing vir almal wat nie bewus is van die erns van die probleem in ons land nie.

Apr 10, 201441 min0

O Hel! deur PG du Plessis

Regstreekse uitsending vanaf die KKNK: Die gegriefde Antjie (Rolanda Marais) begelei Christoffel (Deon Lotz) in sy toetrede tot die hel. Hy't dit nie verwag nie en sit hom hewig tee, maar tevergeefs. Die rot, die skare, die baba, die skroue en skreeue van die ander Teerlinge is weer daar om ds. Christoffel te laat weifel en wonder en selfs te verbyster. Sy verlede haal hom klaaglik in en hy word gestroop tot die naakte waarheid.

Apr 03, 201435 min0

OLIFANTIE deur PJ Haasbroek

Daar is Indiese olifante en die Afrika olifante. Hulle word onderskei deur hulle grootte en veral die grootte en vorm van hulle ore. Die Afrika olifant se slurp het twee vingers teenoor die Asiese olifant se een vinger. Ou Voortrekker, die olifantbul, is 'n Afrika olifant en meer spesifiek 'n woestynolifant. Die olifant se grootste vyand is die mens. Hulle word hoofsaaklik gejag vir hulle tande. Olifante is intelligente, sensitiewe diere en liefdevol teenoor mekaar. Vir Bill Scoombie, 'n bloeddo...

Dec 25, 201353 min0

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

Dec 25, 201346 min0

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

Dec 24, 20137 min0

DIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp

Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...

Dec 19, 201344 min0

ALTYD deur Anton Krueger

Die drama beeld die inherente eensaamheid van ontheemde bejaardes in 'n ouetehuis uit. 'n Baie sterk…

Nov 21, 201356 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android