Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225 Luister die potgooi op: Spotify: https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDY...
Oct 21, 2022•28 min
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225 Luister die potgooi op: Spotify: https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDY...
Oct 21, 2022•23 min
Klipkouers SON is ons revolusionêre Sake Ondersteuningsnetwerk-potgooi radio, wat Vrydag om 06h00 regstreeks uitsaai. Ons deel die jongste inligting rakende die nuutste ontwikkelings in die industrie. Ons lig ook wetlike vereistes en tegnologiese vooruitgang in verskeie sektore uit. Luister elke Vrydag na ons nuwe regstreekse besigheid internet potgooi radioprogram, vanaf 06h00 tot 8h00, hier: https://iono.fm/s/225 Luister die potgooi op: Spotify: https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDY...
Oct 21, 2022•30 min
In die eerste aflewering van Klipkouers SON (Sake-Ondersteuningsnetwerk) bespreek die paneel potgooie as bemarkingsinstrument; die impak van en koste verbonde aan sekere regsbeginsels; en finansiële beplanning en oplossings vir boere en Afrikaanssprekende sakelui. Die gemene deler in aldrie hierdie gesprekke is die belangrikheid van waardetoevoeging… Luister na die episode hier: Spotify: https://open.spotify.com/show/07iItWHUYn23EtMWDYwplr?si=b08f960394b84fa6 Apple Podcasts: https://podcasts.app...
Oct 21, 2022•1 hr 31 min
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel. Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf. As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy ...
Sep 02, 2022•55 min•Season 1Ep. 1
Ben Groot is ’n prokureur wat spesialiseer in handelsreg. Hy is egter van skooldae ook reeds passievol oor entrepreneurskap en besigheidsbestuur, en het, benewens sy eie, florerende regspraktyk, wat selfs na Namibië uitgebrei het, ook Lexa, ’n innoverende toep wat oop kommunikasie en tydige terugvoer tussen regsfirmas en hul kliënte bevorder, van stapel gestuur. Dit was ’n uitvloeisel van sy MBA-studies aan die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool, maar verál ook omrede kliëntverhoudi...
Jun 03, 2022•1 hr 9 min•Season 1Ep. 1
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe. Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besighe...
Apr 15, 2022•1 hr 38 min•Season 1Ep. 1
Van Prieska tot Nfinity. Dit, in kort, is die Pieter Groenewald-storie. As kind het Groenewald se pa, wat ’n aantal besighede op Prieska besit en as die ‘Afrikaanse Jood’ op die dorp bekendgestaan het, ’n blywende indruk gelaat. Bykans ’n kwarteeu later, sou ’n oproep van ene Ken Varejes vir Groenewald se loopbaan ’n radikale hupstoot gee, en deesdae is hy landswyd bekend as HUB van die vooraanstaande Influencer Marketing Division by die Nfinity Media Group. Soos Groenewald verduidelik, dra konv...
Apr 01, 2022•1 hr 24 min
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is. Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai. In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, af...
Mar 17, 2022•1 hr 16 min
Hierdie is 'n fassinerende onderhoud oor oa SASOL en Suid-Afrika se chemikalieë industrie geskiedenis. Dr. Abraham Brink was vir dekades ’n toonaangewende rolspeler in die vervaardigingsbedryf. Daarvan getuig die feit dat hy in 2014 verkies was tot president van die International Institute of Synthetic Rubber Producers in Houston. Brink het in 1977 by die Karbochem-afdeling van Sentrachem aangesluit as hoof van navorsing en ontwikkeling, en meer as 30 jaar later sou hy as direkteur van Karbochem...
Dec 16, 2021•1 hr 20 min•Season 1Ep. 1
Heinrich Strydom se aanvanklike droom om vir die Proteas krieket te speel, het mettertyd omgeswaai na ‘n ambisie om een van die top administrateurs in SA sport te word. As die jongste hoof-uitvoerende beampte van ’n plaaslike krieketfranchise, toe hy vyf jaar gelede op 34-jarige ouderdom aangestel was as baas van die Dolphins, is Heinrich besig om homself uitmuntend van sy taak te kwyt. Sy kontrak is onlangs met ’n verdere vyf jaar verleng. As ’n gebore en getoë Potchefstromer, is hy ’n alumnus ...
Nov 30, 2021•1 hr 17 min
Die wyse waarop myne funksioneer is besig om radikaal te transformeer. Digitale oplossings help om ’n mynbou-omgewing te skep wat veilig en volhoubaar is, met ’n geïntegreerde werksmag wat stimulerende take verrig. Heinrich Becker is die Uitvoerende Direkteur en mede-stigter van Krypton Mining, ’n innoverende maatskappy wat spesialiseer daarin om wêreldklas digitale mynbou-oplossings aan die Afrika-mark bekend te stel. Heinrich beskik oor uitgebreide ervaring in terme van besigheidsontwikkeling,...
Nov 19, 2021•1 hr 8 min
Jacques Faul benodig geen bekendstelling as suksesvolle hoof-uitvoerende beampte van die Titans nie. As iemand met ’n passie vir die bestuur van belangegroepverhoudings, is Jacques ook ’n akademikus van formaat, met ’n doktorsgraad in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is hy onlangs aangestel as medeprofessor by die NWU Besigheidskool.Hy glo dat die besigheidskant van sport beslis kan baat by akademiese insette van ’n instansie soos die Besigheidskool. Verder praat Jacques padlangs oor sy ops...
Nov 12, 2021•1 hr 4 min
Die mens is nie veronderstel om ’n gevangene van ’n voorafbepaalde stel keuses te wees nie, aangesien die toekoms ’n magdom van uitkomste bied. Aldus Dr Cobus Oosthuizen, dekaan van die Milpark Business School in Johannesburg. Cobus is ’n deskundige op die gebied van leierskap, entrepreneurskap en strategie. Die voltooiing van sy MBA aan die NWU Besigheidskool het Cobus se horisonne dramaties verbreed, en die droom om ’n besigheidskool te lei, en ’n agent van positiewe verandering te word, laat ...
Oct 08, 2021•1 hr 12 min
Bemarking is nie bloot ‘n integrale deel van besigheidsukses nie. Dit is die besigheid. Melanie van Rooy staan aan die hoof van bemarking by Clicks, en was vroeër in dieselfde hoedanigheid betrokke by sowel Makro SA as Dis-Chem. Met ‘n doktorsgraad in ekonometrie, het sy ‘n passie vir bemarkingsanalise ten einde verbruikersgedrag beter te verstaan en bemarkingstrategieë te verbeter. En, Melanie, wat ‘n paar jaar gelede by die dood omgedraai het vanweë ‘n gewas in haar kolon, beskou haar besluit ...
Sep 24, 2021•1 hr 4 min
Dis belangriker as ooit dat besighede hul denkwyses wysig om aan te pas by die nuwe normaal. Dit beteken dat die wonderlike wêreld van tegnologie optimaal benut moet word. Met ‘n kwarteeu se ervaring juis in die lewering van tegnologie oor ‘n verskeidenheid van industrieë, het De Wet Bisschoff homself onderskei as ‘n sakeleier van formaat in Afrika. Met ‘n MBA verwerf aan die NWU se Besigheidskool, is De Wet die direkteur van Accenture se Afrika-operasies, en hy gesels onder andere oor die ongel...
Sep 17, 2021•1 hr 8 min
Pieter Geldenhuys is ‘n bekroonde akademikus en geleentheidspreker met ‘n uitgebreide kennis van innovasie, toekomstige tendense en tegnologiese ontwikkeling. Sy gewildheid as spreker spruit uit sy vermoë om die verlede en hede te kombineer, ten einde ons in te lig oor die toekoms. Pieter is ‘n internasionaal befaamde futuris, en stigter en direkteur van die Institute for Technology Strategy and Innovation - ‘n organisasie wat top maatskappye help om hul innoverende potensiaal te ontgin. Pieter ...
Sep 09, 2021•1 hr 19 min
Dewald Olivier is sedert 2018 die hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig hou oor die vereniging se werksaamhede ten einde nakoming en doeltreffendheid op alle vlakke te verseker. Dewald het ‘n MBA met lof verwerf aan die NWU Besigheidskool, wat hy as ‘n bepalende ervaring beskryf, en dien ook as voorsitter van sowel die MBA Alumni-vereniging as die Adviesraad van die Besigheidskool. As iemand met jarelange ervaring in die landbou-industrie, spog ...
Sep 02, 2021•1 hr 22 min
Die Synthetic Latex Company (SLC) is ‘n sleutelspeler in die SA chemiese industrie. Besturende direkteur en mede-eienaar, Quentin van den Heever, vertel van SLC se oorsprong as ‘n gesamentlike onderneming met Rivertex SA in 1967, en hoe hulle hulself 50 jaar later as ‘n onafhanklike maatskappy kon posisioneer. SLC spesialiseer in die vervaardiging van lateks polimere vir die verf-, konstruksie-, papier & bord- en mat & tekstiel-industrie, en het uitgebrei na chemiese verspreiding, geïnte...
Aug 25, 2021•56 min
Volgens Cobus van der Merwe, stigter van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om bemarkingsvraagstukke vir die boer op te los, soos Skudu se revolusionêre Match-toepassing, wat ‘n direkte skakel skep tussen boere en kopers van hul gewasse, en dus sowel bewuswording as tydsberekening ...
Aug 04, 2021•1 hr 18 min
Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat toe, toe hy as Besturende Direkteur van VKB in Reitz aangestel is. Koos praat padlangs oor die 150-jarige geskiedenis van koöperatiewe landboubesighede, soos VKB, in Suid-Afrika, en hy wil graag sien da...
Jul 07, 2021•58 min
Gerda van Schalkwyk, sjarmante eienares van die Isigidi Group, het oor die jare voortdurend nuwe vaardighede aangeleer. Dit het haar in staat gestel om gereeld te diversifiseer - soos dit ‘n ware entrepreneur betaam. Nadat sy aanvanklik as ‘n skoonheidsdeskundige opgelei was en uiteindelik haar eie salon vanuit die huis bedryf het, het Gerda deur Damelin verder as ‘n funksie koördineerder gekwalifiseer, en daaruit het Isigidi voortgespruit. Isigidi koördineer funksies groot en klein, maar verkoo...
Jun 04, 2021•1 hr 25 min
De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad. De Wet, ‘n Professor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike adviseur van die hearX-groep, ‘n gehoor-gesondheidsfirma wat bekostigbare toegang tot gehoorversorging bied deur die aanwending van slim digitale gesondheids...
May 17, 2021•1 hr 27 min
Suid-Afrikaners is die afgelope dekade reeds vertroud met en versot op Voetspore, die reeks van reisdokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige sitkamers regoor die land, vanweë die epiese togte wat hy sedert 2000 onderneem het regdeur Afrika en verder - selfs so ver as Indië. Johan sien homself primêr as ‘n TV-programvervaardiger en joernalis, wat daarvan hou om stories te vertel. Sy wedervaringe het egter ook die entrepreneur in hom aan...
Apr 26, 2021•1 hr 25 min
Om entrepreneurskap, tegnologie en bemarking byeen te bring is Roland van der Walt se kos. Hy is passievol daaroor om voortdurend nuwe oplossings te vind vir die wêreld se immer-ontwikkelende vraagstukke. Met meer as twee dekades se ervaring in bemarking en verkope, waarvan ‘n hele paar jaar oorsee, dien en bestuur Roland verskeie maatskappye op direksie-vlak, insluitende Rateweb, GoRugged en RaakRof, en, natuurlik, die moedermaatskappy Instacom, wat fokus op Push-to-Talk tegnologie. Roland van ...
Mar 29, 2021•53 min
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperi...
Jan 22, 2021•1 hr 19 min
En daar is "Covid 2020" op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2021 toe! Webwerf
Dec 24, 2020•20 min
Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska! Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike...
Dec 03, 2020•1 hr 24 min
Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors. Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop. En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep. Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesiali...
Nov 10, 2020•1 hr 5 min
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die groots...
Oct 06, 2020•1 hr 21 min