Episode 150: Victor Adendorff
Apr 15, 2022•1 hr 38 min•Season 1Ep. 1
Episode description
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar.
As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings.
Sy eertydse opleiding as valskermsoldaat, het vir Adendorff die noodsaaklike dissipline en deursettingsvermoë geleer wat hy later kon deurtrek na die sakewêreld toe.
Hy beskou deursettingsvermoë as die grootste bate in besigheid, en vernaam in landbou. Boerdery is huidiglik waarskynlik die moeilikste bedryf in Suid-Afrika, maar, soos die gesegde lui, ‘’n Boer maak ’n plan…’
Juis daarom het Scisan ook vorendag gekom met Sani-99™ for AGRI, ’n uiters effektiewe landboukundige ontsmettingsmiddel. Webwerf
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
