Thea Schroder is ‘n enkelmamma en het die rol as weduwee in 2009 begin speel nadat haar man aan kanker oorlede is. Haar dogter, Demi, was drie-jaar oud. Haar grootste uitdaging tans is finansieel, met die dat sy van twee na een inkomste per maand moet oorleef. Buiten die groot hartseer waarmee sy en haar dogter gekonfronteer is, het Demi op die ouderdom van 10 ‘n blaasprobleem ontwikkel. Haar blaas lek heeltyd, en die diagnose word ‘n "overactive bladder" genoem. Dit gebeur wanneer die senuwee v...
May 03, 2022•7 min0
Liza en Carl van Niekerk woon tans in ‘n 25 m2-kamer – as dit so groot is. Daar is plek vir ‘n bed en ‘n kas. Die yskas en kruidenierskas – wat dolleeg staan – staan in die motorhuis wat voor die kamer geleë is. Alhoewel hulle baie dankbaar is vir die dak oor hulle koppe, wat goedgunstig deur ‘n gesin aan hulle beskikbaar gestel is, word hulle telkens herinner aan hoe hulle lewe voorheen was. As ‘n wel-af gesin, wat gewoon het in Durban, en lief was vir ‘karaoke’. Dis ook hier waar Liza bekendge...
Apr 28, 2022•5 min0
Ernestus Pretorius is in Julie 2021 gediagnoseer met ALS/Motor Neuron Siekte. Sy prognose? Vyf jaar…Hy is maar 48 jaar oud. As gevolg van die funksionaliteit van sy regterhand en sy spraak wat drasties deur hierdie siekte geaffekteer is, is hy deur sy werkgewer laat gaan. Hy sukkel ook al hoe meer om te eet, en sy emosies ry vreeslik wipplank. Daar is niks fout met sy brein nie, en is inteendeel ‘n baie intelligente man. Ernestus sal graag nog wil werk, en kan wel in afsondering. Daar waar hy ni...
Apr 19, 2022•8 min0
Anthony Melville het die ‘wewenaar’-etiket op die 18de Februarie gekry, toe die liefde van sy lewe, na ‘n baie gelukkige huwelik van 29 jaar (vanjaar sou dit 30 wees), die wenstreep behaal. Sy is een maand en 18 dae na haar diagnose oorlede aan kanker. Leatitia Melville, Anthony se skoonsuster, het ‘n hulpkreet aan ons gerig toe sy uitvind van Mirinda se Vlak 4 kanker, en deel toe met ons dat die hospitaal vir Mirinda en Anthony heeltyd huis toe stuur. Hulle was raadop, met hulle soeke na antwoo...
Apr 13, 2022•10 min0
Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry, ook haar geduld, hoop en uithouvermoë. Met haar soeke na die lig aan die einde van die donker, lang tonnel, het ons vir haar gaan kuier… Dit gaan al ‘n wyle swaar met Christina, en haar nou, drie dogters. Haar oudste is i...
Apr 06, 2022•10 min0
Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het as gevolg oor-kompensasie, en hy sal ook spontaan sy balans verloor en val. Hy is nou 33 jaar oud, ‘n man vir ‘n pragtige vrou en die pappa van ‘n besonderse mooi seuntjie, Liam. As man en pappa, kan...
Mar 23, 2022•6 min0
Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel geweet van die verrassing. Juanita se werkskollega, Nicole Bowels het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy vertel van Mamma Juanita wat in mismoed gedompel is oor haar twee-jarige seun, Juander se gesplete lip en verhemelte...
Mar 15, 2022•8 min0
Elzanda Haasbroek, ‘n onderwyser by Laerskool Simon Bekker, vir die afgelope 11 jaar, het vir GROOTfm 90.5 gestuur. “Ons het 'n gesin by ons skool met wie dit ongelooflik swaar gaan en hulle is die laaste ruk behoorlik raakgery deur teëspoed. Indien julle sal kan help met kos, sal dit baie waardeer word. Honger en die ongelooflike trauma wat hulle tans beleef, is beslis niemand se speelmaat nie.” Die Nel-gesin, Mamma Hanlie, Pappa Lucas, en hul drie kinders het ‘n geweldige traumatiese begin van...
Mar 08, 2022•10 min0
Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor die ‘normaliteit’ van hulle daaglikse roetine een Vrydagoggend kon voortgaan, het Ben skielik ‘n beroerte gekry. Die afgelope twee jaar was nie goed vir hulle wat besigheid en inkomste betref nie. Donne he...
Mar 02, 2022•9 min0
…hoor en beleef Portia niks anders nie. Haar soms uitdagende omstandighede word stil. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder en nuwe ambisie en hoop te gee vir ‘n toekoms en platform waarop en waarin hulle hul danspotensiaal kan ontwikkel en optimaliseer. Portia, tans woonagtig in Plastic View, is e...
Feb 23, 2022•9 min0
Ons fokus op kinderkanker-dag, en GROOTfm 90.5 het gaan inloer by die CHOC-huis. ‘n Veilige vesting vir kinders en hul ouers wat behandeling ondergaan, en nie die finansies of ondersteuning het terwyl hulle hierdie oorwinningspad loop nie. Ons het gesels met Shanil Mangaroo van die Vodacom Bulls, Belinda Austin, ‘n verpleegster in ‘n onkologie-saal met ‘n besonderse storie, Rosanna Strydom, ‘n mamma van ‘n SURVIVOR, en Ina Schompher, streeksbestuurder van CHOC Noord-Gauteng. DANKIE CHOC-huis, EL...
Feb 16, 2022•12 min0
Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic Anemea’ is ‘n resultaat van beskadigde beenmurg. Haar mamma, Gerraldine, wat vir haar enigiets sal doen, het verlede jaar reeds vir ons ‘n bood...
Feb 09, 2022•8 min0
By Lerato Mawela kan ons almal leer. Sy is ‘n lewende en sprekende voorbeeld van die skrifgedeelte in Romeine 8:37 tot 39 – ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet’. Zelda Jonker het ‘n epos gestuur met die volgende versoek: “Ons tandarts assistent, Lerato Mawela, het haar enigste seun, Lwazi aan die dood afgestaan op die 2de Desember 2021. Hy was ‘n eerstejaar-musiekstudent in Pretoria met 'n gemiddeld van 82%. Die laaste dag van sy studiejaar, toe hy v...
Feb 02, 2022•15 min0
BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee! Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den sien tans om na 143 mense – van bejaardes tot gestremdes (psigies en fisies). Alhoewel sommige inwoners met ‘n klein SASSA-inkomste kan betaal vir die verblyf en hulle drie etes per dag, is daar hee...
Dec 09, 2021•19 min0
Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat die Here eintlik gratis vir ons gee’. Gerda en haar man, Gerhard, probeer tans kop bo water hou deur ‘fudge’ te verkoop – aangesien Gerda nie kan werk nie. Haar grootste maandelikse uitgawe is haar suurs...
Nov 24, 2021•14 min0
Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë om bo uit te kan kom saam met haar ‘twee lyfies’, soos sy na hulle verwys. ‘Dis bitter moeilik, maar ons is wel dankbaar vir so baie meer’, sê sy. Voor ons sit ‘n pragtige vrou. Jy kan sien sy is deur baie, en, o...
Nov 17, 2021•4 min0
Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma e...
Nov 11, 2021•7 min0
Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma e...
Nov 11, 2021•18 min0
Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie huise van veiligheid. Hierdie seuns kom uit haglike en baie traumatiese omstandighede. ‘My hart het gebreek soos ek met hulle gesels, en hulle kon drukkies gee en herinner daaraan dat hulle...
Nov 03, 2021•10 min0
Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help. In haar laaste epos het sy gesê: ‘Nog geen verandering. Die nood is groot vir kos en prepaid krag.’ Haar aanvanklike epos aan ons het in die onderwerp die volgende woorde gehad: ‘Hulp en baie gebede’. Sy het nooit gevra vir geld nie. Hulle grootste beho...
Oct 27, 2021•9 min0
Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is. Ons bid en vertrou vir goeie nuus. Colin, haar man van die afgelope 28-jaar, was saam met sy broer in besigheid, maar moes die besigheid toemaak as gevolg van die nagevolge van die Covid 19 inperking. H...
Oct 20, 2021•9 min0
Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande oue babatjie is. Daar is nie kos in die huis nie, maar, daar is geloof, hoop, en bo alles, liefde! As pappa en mamma van hulle gesin voel Martin en Heleen ongekende skuldgevoelens. Hulle noem dat hulle 11-jarige seun tans die een is wat ...
Oct 12, 2021•9 min0
By die ingang van Ettiene Ludick se kamer hang daar ‘n bordjie wat sê: ‘Niks is onmoontlik nie’. Ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te ervaar. Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS, en daarom, is niks inderdaad vir hom onmoontlik nie. Ettiene Ludick is ‘n baie gemotiveerde en sagmoedige 20-jarige. Hy is op 28 weke gebore, en na ‘n suurstof-tekort en verskeie operasies loop hy vandag met krukke. Ettiene moes ook op skool aanvullende ondersteuning ontvang met di...
Oct 06, 2021•6 min0
Martie Breedt het ‘n hulpkreet aan GROOTfm 90.5 gerig aangaande haar jongste dogter, Angel. Angel is gebore met ‘n waterhofie, en die jongste van vyf kinders (8). Hulle grootste behoefte? ‘n ‘Hoist’ vir Angel wat teen ‘n spoed groei, wat dit moeilik maak vir Ma Martie om haar 24/7 op te tel, te dra en te bad. Pa Koos is ook swak as gevolg van emfiseem, waarmee hy onlangs gediagnoseer is. Die gesin ontvang ‘n SASSA-toelaag vir Angel, en Pa Koos doen houtwerk vir ‘n inkomste. As gevolg van Angel s...
Sep 28, 2021•10 min0
Beandrie Booysen, Mamma Bea en Marie Venter het gister by ons in die ateljee vir ‘n regstreekse JouMenseMyMense-insetsel. Beandrie, is tans die oudste Progeria-leier in Suid-Afrika. Progeria is ‘n sindroom wat veroorsaak dat kinders ongeveer sewe-maal vinniger verouder. Sy het net een behoefte end room…Om die oudste progeria-leier in Suid-Afrika te word (26 jaar oud). Marie Venter, vriendin van die familie, het ons genader om hulle te help om vir Beandrie ‘n onvergeetlike 16de verjaarsdag ‘prins...
Sep 23, 2021•15 min0
Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf. Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek. Ons het die voorreg gehad om haar te verras by Nuwe Hoop, met behulp van haar Departementshoof, Karen Venter. Ons het ook die voorreg gehad om haar te herinner aan haar waardigheid! Dat sy vir God Jesus werd is! En om haar, met behulp van die volgende borge ...
Sep 14, 2021•11 min0
Chantelle het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om haar sussie, Caroline en haar man, Henry te help. Hulle kry bitter swaar. Hulle woon aan die voetpunt van die Magaliesberg, en kyk gereeld op om te kyk waar hulle hulp vandaan kom. Hulle weet hierdie is nie die lewe wat die Here vir hulle wil hê nie. Henry is ‘n trok drywer en het sy werk ongeveer 6 maande terug verloor. Sy vrou, Caroline het huise skoongemaak om te help met ‘n inkomste. Saam met hulle woon Henry se twee seuns, en Carolin...
Sep 07, 2021•5 min0
As jy ooit gewonder het waar presies moedverloor se vlakte lê, het ons vir jou die adres. Desire de Beer, haar vier kinders en haar Ma, Tannie Henda, en haar Pa is deur diep waters. Behalwe vir die dorre omstandighede waarin hulle hulself bevind, het hulle op 31 Julie vanjaar, hul broer en seun aan die dood verloor. Desire verdien tans R2 000 ‘n maand, waarmee sy haar vier kinders (waarvan twee jong dogters nog op skool is), haar Ma en haar Pa, probeer ondersteun. Ons het, saam met Lize Bothma v...
Sep 01, 2021•9 min0
Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het. Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly in Queenswood in die mark is, en wou begin huis soek. Hulle proses was ongelukkig vertraag met die dat hulle al drie vir ongeveer twee maande in isolasie was as gevolg van Covid 19. Toe die huis uiteindelik verkoop is ‘n week teru...
Aug 25, 2021•10 min0
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se ...
Aug 18, 2021•3 min0