Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37 - podcast episode cover

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37

Sep 14, 202111 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf. Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek. Ons het die voorreg gehad om haar te verras by Nuwe Hoop, met behulp van haar Departementshoof, Karen Venter. Ons het ook die voorreg gehad om haar te herinner aan haar waardigheid! Dat sy vir God Jesus werd is! En om haar, met behulp van die volgende borge te bederf: ‘n GROOT dankie aan Kollonade vir die R1000-geskenkbewys, 2 X SterKinekor-fliekkaartjies, ‘n R250-geskenkbewys van Rocco Mamas, en ‘n SkinPHD-Kolonnade bederf wat ‘n ‘facial’, rug en nek-massering, ‘n ‘manicure’ en ‘pedicure’ insluit.

Ansie stap tans die pad na genesing, en het opnuut besef hoe belangrik ‘n ondersteuningsnetwerk is. Sy is dankbaar vir haar vriende en familie, en die Here wat haar rots is. Haar boodskap aan ander wie se hart ook gebreek is, is: ‘As jy wil huil, huil. As jy wil kwaad wees, wees kwaad. Hou net vas aan die Here, want Hy vat die pyn weg.’

Liewe Ansie, en ons boodskap aan jou is: Geen mens op aarde kan jou waarde bepaal nie, want God het reeds. ‘You are worth Jesus to God’.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android