Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se ...
Oct 02, 2023•5 min0
Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar se...
Nov 22, 2022•10 min0
Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn. Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperl...
Nov 16, 2022•15 min0
Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor het nie, maar sy eie besigheid moes prysgee nadat hy twee beroertes gely het. Ashleigh van Dyk, haar m...
Nov 09, 2022•9 min0
Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter. Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en homself besig gehou met los werkies, en elke sent wat hy verdien het, huis toe gestuur. Een aand, toe ...
Nov 01, 2022•11 min0
TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle groot wense is om ‘n bord buitekant die hek op te sit wat lees: ‘The happiest place on earth’. En, dis presies wat ons ervaring was met ons kuier. Wat maak hulle anders? Daar is so baie elemente! Hulle neem nie net baba’s in nie, maar soms...
Oct 26, 2022•11 min0
Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag dra nie, is dit onvermydelik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier… Zavian Ainslie is gebore op 16 Julie 2021...
Oct 19, 2022•10 min0
Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart! Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n epos ontvang van iemand wat Sharon as haar ander ma beskou, en, in hierdie epos het (óók) Charmain vi...
Oct 12, 2022•9 min0
Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie’. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook vir ‘n man wat op straat woon vir wie julle ‘n werkie kon bied. Katrien en Rudi is al ‘n wyle in hie...
Oct 05, 2022•10 min0
Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop. Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die verdien namens ‘n dierbare vriendin en oud-kollega – Mari en Drikus Van Merwe.Mari is ‘n gekwalifiseer...
Sep 28, 2022•9 min0
Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat mid...
Sep 21, 2022•13 min0
Ons het ‘n epos ontvang van Ronel Booysen, names haar en haar man, Jan. Hierdie epos is belaai met bekommernisse en uitgemergelde ‘honger om hulp’ – letterlik en figuurlik. Ronel en haar man is beide werkloos, vir die afgelope jaar, nadat beide hulle hul werke gedurende die Covid-pandemie verloor het. Ronel noem dat sy fisies en psigies wegkwyn, en vertel hoe haar man elke aand vir haar bid terwyl hy haar ‘benerige liggaam’ vashou. Jan stap elke dag ongeveer 40 km opsoek na werk, terwyl Ronel na...
Sep 14, 2022•9 min0
Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie. Monita en FJ se harte breek om nie hulle oudste dogtertjie by hulle te kan hê nie. Maar, hulle weet die opofferin...
Sep 06, 2022•9 min0
Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal word. Sy sê in haar brief, ‘die dag wat ek nie nodig het om te bekommer wat my kinders vanaand gaan ...
Aug 31, 2022•7 min0
Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down’s Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos maandeliks baie duur. Marietjie, wat ook intussen afgetree het, sukkel om dit te bekostig. ‘n Paar ...
Aug 23, 2022•9 min0
Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie verstaan nie. Sy mamma, Ann, is moedeloos en het nie die nodige finansies vir 'n konsultasie by 'n opvoedk...
Aug 15, 2022•10 min0
Na afloop van Vrouedag en -maand-vierings het die vrywillige veldwagters by Dinokeng besluit om dié rondte ‘n groep skoolverlater-dogters van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise met ‘n naweek-wegbreek te bederf. Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise het tans 167 dogters in totaal wat in hul sorg geplaas is deur die kinderhof – as gevolg van verwaarlosing, seksuele - en fisiese mishandeling. Volgens CEO, Charlene Grobler is hierdie vir hulle ‘n naweek waartydens hulle net kan ‘wees’! Hierdie ...
Aug 10, 2022•9 min0
Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir ’n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle ’n behoefte aan iets het, het hulle baie spesifiek gevra vir hulp vir daardie uitdaging. Hulle het nooit gevra vir geld nie. Arend en Sonja het somme gemaak en dan vir die Oosters gesê hulle moet 5 dosyn koeksisters verkoop om die spes...
Aug 02, 2022•9 min0
Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo alles, ‘n beter toekoms vir Zion. Mario het aan ons ‘n hulpkreet gerig, omdat hy eers ‘n maand moes w...
Jul 27, 2022•8 min0
Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!’ en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie vrae en ‘n behoefte om asem te skep. Mamma Hesta is al ‘n klompie jare enkelmamma, en is Waldo se pa ‘n paar jaar terug oorlede. ‘n Week na sy dood, is haar ma en Waldo se ouma oorlede. Sy smag na iemand wat vir Waldo ‘n kans sal gee m...
Jul 19, 2022•11 min0
Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan haar arms gehad wat haar eintlik net “vermink” gelaat het. Sy is so positief, en noem tydens die onderhoud sy kan so gelukkig wees dat haar rugmurg nie beskadig is nie…Sy kies om so positief te wees, want sy sê dis vir haar...
Jul 12, 2022•11 min0
‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin omdat sy gesien het daar is ‘n geweldige behoefte vir veral ouer mense wat nie ‘n heenkome het nie. Ja, hulle is deur hulle familie verwerp. Sy het ‘n uitsonderlike groot passie vir mense, en om...
Jul 05, 2022•10 min0
Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel is tans by 55° en die rotasie op haar T11-werwel is by at 32°. In ‘luimens’-terme, grens hierdie graad van skoliose op lewensgevaarlik, siende dat die drukking wat deur die skoliose veroorsaak word, teen Dané s...
Jun 29, 2022•9 min0
Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar vreugde en verwagting ‘n baie groter spasie as waaraan hulle gewoond is, gevul het. Vir die groep van Skoliwe, was die tent wat groter as hulle huise is, die warm stort en bed, buiten die bos en dier...
Jun 21, 2022•7 min0
Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net nie finansies nie. Ek wil groot asb vra…ons het so hard geval dat ons tans op n plek bly vir minderbevoorregtes …en wil vandag op my knieë vra of hier dalk ‘n engel is wat kan help en bereid is om drie kinders se dag te maak op kersfees om vi...
Jun 14, 2022•10 min0
Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld nie, en probeer om elke aand ‘n plan te maak sodat hulle dogtertjies nie honger gaan slaap nie. Behalwe vir die behoeftes van hul eie gesin, woon haar skoonma en haar kêrel, ook hulle twee kinders by hulle. “Hulle was so...
Jun 07, 2022•8 min0
Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur. Sy is n maand prematuur gebore met 2 ‘club’-voetjies en astrioposis, maar tog kry niks haar onder nie. Sy is ‘n wonderlike dogtertjie! Sy kan nie tans loop nie, en ons harte is baie seer....
May 30, 2022•2 min0
Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40 km werk toe te stap. Sy groot behoefte is ‘n voertuig, wat hy bereid is om af te betaal teen R1 000 per maand. As iemand hom net ‘n kans sal gee… Rudi is die pappa van vier pragtige kinders – onderskeidelik agt e...
May 24, 2022•7 min0
Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is geamputeer as gevolg van “gangerine”. My broer moet haar fisies rond dra, toilet toe en haar bad toe dra om te bad. Hy is ook nie gesond nie en ly aan emfiseem. Grace is 71 jaar oud en my broer, 62. Hulle het geen ander behoeftes nie.” Grace is totaal afhanklik v...
May 17, 2022•5 min0
Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek en deernis. Met inisiatiewe soos die 'loop-die-hond-uitdaging' het hy hulle geleer dat 'n hond soveel meer kan wees as ‘n troeteldier – 'n metgesel, 'n lewenslange vriend, en iemand met wie hulle kan praat wanneer omstandighede by...
May 10, 2022•12 min0