#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling - podcast episode cover

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

Sep 21, 202213 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers.

Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek.

Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is.

Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”.
Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander.

In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe.
Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties.

Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie.

GROOTfm 90.5 het gaan kuier…
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android