#JouMenseMyMense - podcast cover

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5www.grootfm.co.za
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Versorg die Versorger, Reeks DRIE

Die vlae en vrae oor die Covid 19-pandemie hou aan om Suid-Afrikaners se gemoedere soos ‘n tsunami te bekruip en bedreig. Dis toe wat Schalk Mulder van Immunadue, en Riëtte Oosthuizen van Riëtte Oosthuizen Prokereurs einde Julie met GROOTfm 90.5 kontakmaak. Hulle sê beide die gesondheids- en voorste linie werkers het ons nodig. ‘Kan ons nie iets doen nie?’, het hulle ons gevra. Ons het hulle vlees vroeër die jaar bederf, en toe hul gees…nou vir iets wat hulle weer sal herinner dat hulle waardeer...

Aug 18, 20216 min0

JMMM 11 AUG - Francois Retief, Hemelkind

Sonja en Francois Retief se lewens het op 21 September 1996 onherroeplik verander. Francois is as 11-jarige sportster die aand omstreeks 18:00 deur ‘n man met sy voetuig raakgery. Die dokters het na Francois se ongeluk gesê sy lewensverwagting is slegs vier maande. Hulle het hom huis toe gestuur "om in sy eie kamer dood te gaan". Volgens hulle sou hy nie uit die koma wakker word nie en sou hy totaal "vegetatief" wees. Boonop nie eers weet dat Sonja sy ma is nie. Ten spyte van hierdie prognose, i...

Aug 11, 202112 min0

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Michelle Nel

‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy ‘n tweeling seun en dogter wat beide nog op skool is. Sy het haar werk verloor tydens die inperking, en net nog nie weer ‘n kans gekry om te werk nie, ondanks haar CV wat al na duisende instansies toe gestuur is. Sonder ‘n werk ra...

Aug 04, 20219 min0

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee

Martin Matthee is ‘n GROOT luisteraar wat vir 23ure van sy dag na GROOTfm 90.5 luister. Hoekom nie 24ure nie? Dis ‘n uur waarin hy en sy geliefde, Christine Botha, na hul sepies kyk. Christine het vir ons ‘n boodskap gestuur en gevra of ons nie kan help met herstelwerk aan Martin se leen-rolstoel nie. Ons het iets anders in gedagte gehad. Martin het 8 jaar gelede vir ‘n operasie gegaan om obstruksie in sy are te laat regmaak, wat die bloedtoevoer na sy bene vertraag het. Na die operasie het sy b...

Jul 27, 20215 min0

JMMM 21 JULIE

Na die afgelope week se vlamme en afbreek is ons daaraan herinner dat ons lewens en ons besittings hiermee saam so verganklik is. Daar was gebreek en gebrand, maar, daar was ook gebou! GROOTfm 90.5 het besoek afgelê by twee gemeenskap-radiostasies wat ook slagoffers van die onluste was – Alex FM 89.1 (geleë in Alexandra) en Mams Radio 92.9 (geleë in Mamelodi). Die twee radiostasies het geweldige skade gelei toe ‘looters’ in hulle onderskeie studio’s ingevaar het en toerusting tot die waarde van ...

Jul 21, 20212 min0

Jou Mense My Mense - Baba Nico

Op 9 Februarie 2021 is Nico van der Walt, die jongste van drie, gebore. Nadat sy ouers Leanie en NW getrou hul doktersafsprake nagekom het, het hulle verwag dat Nico se geboorte sonder enige komplikasies sal geskied. Natuurlik, dat Nico ook die gesonde baba sal wees soos voorspel deur die vooraf-bepalende toetse. Terwyl Leani alleen in haar hospitaalkamer lê nadat sy geboorte gegee het (na aanleiding van strenger besoektye en -reëls), het die dokter vir haar kom sê haar pasgebore wonderwerk het ...

Jul 13, 202111 min0

Jou Mense My Mense 7 Julie

Kilner Park Sekuriteit het ‘n nuwe spanlid! ‘n Belgium Malinois genaamd Zena! Ja, ‘n hond! Ons het ‘n navraag gekry oor ‘n ‘training kit’ van Genesis K9 Group ter waarde van R3 000, vir Zena, om haar volledige toe te rus vir die groot verantwoordelikheid wat haar te wagte is as deel van ‘n groep mense wat wondere verrig ter wille van die veiligheid van ons gemeenskap. GROOTfm 90.5 kon met behulp van donasies Zena se toerusting borg. Liewe span van KPS en Zena, mag julle van krag tot krag gaan de...

Jul 06, 20217 min0

INTIEM ONDERHOUD 7 JUNIE

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jun 22, 202123 min0

INTIEM ONDERHOUD 3 JUNIE

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jun 22, 202125 min0

INTIEM ONDERHOUD 12 MEI

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jun 22, 202118 min0

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Verwag die onverwagse

Sommige van ons omhels hulle, ander nie soveel nie. Min wetend hoe ernstig hulle hul werk en verantwoordelikheid as karwag ag nie. Die verantwoordelikheid om jou kar en besittings daarin te beskerm, en trots waarmee hulle oorweldig word wanneer jy na jou beskermde voertuig en besittings daarin, toe terugkeer. Die GROOTfm 90.5-span, saam met die Cosmo Group het die geleentheid aangegryp om 150 karwagte te Seën met sambrele. Om ons waardering te bewys, en bo alles, om hulle vir ‘n slag te kon besk...

Jun 22, 20215 min0

#JouMenseMyMense 9 Junie 2021

Centurion Hospice het op Werkersdag vir die 36-jarige Larami Meyer van Pretoria, wat met ‘n rare maag-karnisoom kanker gediagnoseer is, ‘n droomtroue gehou. Otto Meyer, (38) en Larami het as tieners aan die Kwaggasrand Skool in Pretoria-Wes op mekaar verlief geraak. “Ek was dertien jaar oud toe Otto my gesoen het. Dit was ook my heel eerste soen – en nou moontlik ook my laaste soen,” het Larami gesê. Larami het in Graad 10 na ‘n ander provinsie verhuis en hulle liefde moes oor gesteelde telefoon...

Jun 07, 20219 min0

Jou Mense My Mense- Ouma Maggie

Ouma Maggie Joubert is op die 19de Mei 1920 in Pietersburg gebore. Sy woon al vir meer as 50 jaar in Pretoria. Haar gunsteling mens nog ooit is haar oorle man! Toe ons haar vra wat sy naam was, toe se sy, sy het hom nooit op sy naam genoem nie, want hy’s haar liefling! Ouma Maggie se seun is ‘n hele klompie jare gelede oorlede, en tans vertolk Tannie Rina Smit die rol as haar versorger. Haar kleinniggie, Adinda, wat vir ons die epos gestuur het dat Ouma Maggie verjaar, het saam met haar dogter, ...

Jun 02, 20214 min0

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig

Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig. Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie. Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voorraad te koop, moes sy dit noodgedwonge aanwend vir oorlewing. Saam met haar woon haar seun, Phillip...

May 25, 20219 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’

Ria Smit het aan ons ‘n epos gestuur waarin sy ‘n hulpkreet rig namens haar 57-jarige broer, Petri Nortje. Petri is n Tipe 1 diabeet en het in Oktober 2017 sy regterbeen verloor as gevolg van gangreen. Hy was ‘n nagskof veiligheidswag toe hy in ‘n geroeste staal-spyker getrap het. Eers was net die voet geamputeer, twee weke later het hy weer ‘n amputasie onder die knie ondergaan, en kort daarna weer ‘n amputasie van sy bobeen. Tot en met ons kuier, het Petri met ‘n leen-rolstoel klaargekom. Die ...

May 18, 20215 min0

Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter

Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking. Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat sy ‘n haaslippie het. Hierdie sindroom het ook die ontwikkeling van haar bene affekteer, en kan sy dit op hierdie stadium nie reguit maak nie. Petro bly tans by haar ouers, en haar suster Ronel is ook b...

May 13, 202119 min0

Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos

As jy ‘n ‘scooter’ op die N4 stoot met jou CV agterop, en jou kinders en vrou weet nie daarvan nie… Dit was ‘n baie emosionele oomblik toe Jakes de Vos met ons meedeel dat hy hierdie vanaf verlede jaar doen net nadat hy sy werk by ‘n suksesvolle kontrakteursmaatskappy verloor het – as gevolg van die inperking. Jakes de Vos en sy vrou, Anna, woon al vir die afgelope agt jaar in Jopie Fourie straat in Wolmer. Jakes moes noodgedwonge sy voertuig verkoop om vir sy gesin van 5 te sorg – drie seuns en...

May 06, 202121 min0

INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 30, 202120 min0

INTIEM ONDERHOUD 18 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 30, 202110 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Beenaf, maar nie oor die lewe nie…

Ons het ‘n epos ontvang van Tresa Peo, waar sy om hulp vra vir haar vriendin Anne wie se been in 2020 geamputeer is. Tresa het laatweet dat sy baie met haar krukke en loopraam sukkel. Ons het vir Tannie Anne en haar man, Pieter gaan kuier. Tannie Anne en Oom Pieter Botha is al 53 jaar getroud. Die geheime woorde vir hierdie huwelik? Tannie Anne sê; ‘Dankie, Here’, en Oom Pieter; ‘Dankie’ en ‘ja’! Ons het so lekker by hulle dogter se huis gekuier, waar hulle tans woon. Tannie Anne en Oom Pieter h...

Apr 28, 20219 min0

INTIEM ONDERHOUD 25 MRT 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 22, 202116 min0

INTIEM ONDERHOUD 19 MRT 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 22, 202116 min0

INTIEM ONDERHOUD 18 FEB 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 22, 202133 min0

INTIEM ONDERHOUD 13 APR 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 22, 202118 min0

INTIEM ONDERHOUD 11 FEB 2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Apr 22, 202126 min0

Jou Mense, My Mense saam met SPAR – Eleos sopkombuis bring Hoop, Woord en Waarheid

Ek dink aan Mattheus 4:4 wat sê: “'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom’. Dit is presies wat by Eleos se sopkombuis gebeur. Daar is soveel meer as ‘n kospakkie en glasie koeldrank. Ons gesels met Tannie Susan Cornellius wat die sopkombuis as ‘n hawelose bygewoon het. En nou? Nou werk sy as vrywilliger daar. Sy spreek ‘n skare mismoed toe, en haar hoof boodskap: ‘Kry die Here in julle lewe! Laat Hom toe om julle te help en te inspireer.’ Estelle van ...

Apr 21, 20218 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad…Vervolg!

Vir die wat op die 7de April 2021 tydens #SlatDiePad ingeskakel het, het gehoor hoe ons vertel van Hannelie van Deventer en haar dogter, Larochelle, wat in ‘n gat vasgevang is. Hulle het, voor ons besoek geen kos in hulle kaste gehad nie, ook nie genoeg elektrisiteit om in warm water te kan stort nie. Hannelie het haar hart met ons gedeel…haar verlede, en, haar hede. Dit wat haar die meeste pla, is dat sy nie volgens haar voldoende vir haar dogter kan sorg nie. Dat, al wat Larochelle so baie vir...

Apr 14, 202110 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad

Hannelie van Deventer het ons met ‘n hulpkreet genader. Sy en haar 10-jarige dogter woon in Hermanstad. Op die ouderdom van 52, werk Hannelie tans 4 ure per dag en 7 dae ‘n week as ‘n tuisversorger, maar smag na iets meer permanent. Sy verdien slegs R1 000 per maand. Met hierdie inkomste moet sy haar dogter se skoolfonds, hulle kos en elektrisiteit betaal. Sy moet ook haar vervoer werk toe en terug betaal (omdat sy nie ‘n lisensie het nie). Hannelie is moedeloos, tog hoopvol. Sy doen alles wat s...

Apr 07, 20219 min0

#JMMM met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee. Vandag, na drie jaar, vier ons die deursettingsvermoe, dryf, Dawidshart en liefde van Sanet Fagan en SA Cares for Life! Ons vier Sy woord en waarheid! Sy planne wat onstuitbaar is! Dat gee nie om hoe dor en droewig ‘n vooruitsig mag ...

Mar 31, 20219 min0

#JOUMENSEMYMENSE 24 MAART

Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van 2, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n spesialis dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders begin gesit het. Hy het ook nie gekruip nie, maar eerder gerol na waar hy wou wees. Hy het ook baie later eers begin loop. Ma Klara en die familie het vir jare lank gewonder wat makeer. ‘n Dokter van Amerika het hom toe gedi...

Mar 25, 202110 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android