Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig - podcast episode cover

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig

May 25, 20219 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig.

Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie.

Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voorraad te koop, moes sy dit noodgedwonge aanwend vir oorlewing. Saam met haar woon haar seun, Phillip, haar werkswinkel voorman, Pierre, en hulle verwer, Forgez. Haar besigheid het hulle almal gemaklik onderhou.

Nou, lyk haar tuin dor, haar yskas is dolleeg, en haar skuld en bekommernisse oor haar insulien-voorraad wat koud gehou moet word en nie kan nie as gevolg van elektrisiteits-kostes, word meer. Sy en haar span lewe letterlik van oggend tot middag, en van middag tot aand. Sy vertel ons dat hulle vier ‘n blikkie vis tussen vier verdeel, en twee aande daarvan moet eet.

Sy huil snikkend toe die GROOTfm 90.5 span vir haar kom kuier en vir haar ‘n R2 000 SPAR-geskenkbewys gee, ‘n krag-koepon om haar insulien-bekommernisse te verlig, en met haar deel dat iemand haar voertuig gratis vir haar gaan regmaak.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android