#JouMenseMyMense - podcast cover

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5www.grootfm.co.za
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI

Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en noodgedwonge vir donasies vra van vriende en familie, net om te kon oorleef. In Januarie 2021, toe die ondersteuning nie langer volhoubaar was nie – omrede almal finansieel begin sukkel het na die inperking – het E...

Mar 17, 202111 min0

JMMM - Woensdag 10 Maart

Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy urienweg-infeksie opgedoen, wat veroorsaak het dat Jonathan serebraal gestrem is. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa Wikus om te werk. Hy moet sy vrou, Adel met Jonathan help. Hierdie gesin is gelukkig. Hulle toestande is vir baie nie ideaal nie, maar hulle sê ‘ons is nou in die bos, waar dit stresvry is...

Mar 10, 202111 min0

JMMM - Woensdag 3 Maart

Op Woensdag, 24 Februarie 2021, het GROOTfm 90.5 saam met die span van B Loved Foundation en PEN, Alpha Pharm en Pharma Valu in die middestad gaan kuier. Die jong vroue wat ons by ‘n aangewese gebou ontmoet het, is slagoffers van mensehandel. Mishandel. Misbruik. B loved foundation het vir hulle maaltye geneem. En, Alpha Pharm en Pharma Valu geskenkpakkies vol sanitere produkte wat insluit seep en lekkerruik-spuit. Die hele oggend deur spoel die gelykenis van die verlore seun in my kop. En ek gl...

Mar 01, 202111 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin

So tydjie terug ontvang ons ‘n epos wat lui: ‘My naam is Abbi en ek wil graag julle hulp vra. Ek het ‘n vriendin met ‘n 1-jarige baba dogtertjie. Sy werk, maar haar man is tans werkloos. Sy was al die week telkemale keer in trane, want sy kan nie vir haar dogtertjie doeke, melk, boudsalf of klere koop nie. My hart is stukkend om dit te hoor, want ons kan self nie help nie. Sy is ‘n pragtige klein lyfie en verdien soveel meer.’ Na aanleiding van hierdie epos het ons besluit om by Mamma Julia Raut...

Feb 22, 20216 min0

Jou Mense My Mense- Spar Trolley Dash

Die GROOTfm 90.5 span het Vrydag, 12 Februarie, ‘n ander tipe liefde vir Valentynsdag gevier! Ons het, met behulp van die onbaatsugtige ondersteuning van SPAR, ‘n ‘Trolley Dash’ gehou ten bate van drie behoeftige kleuterskole – Abba House / Plastic View, ondersteun deur SA Cares for life, Kleintreetjies kleuterskool, en Pikanini kleuterskole, ondersteun deur Hannah Charity. Ons het by die drie ystervroue, wat aan stuur van hierdie behoeftige skole staan gaan kuier om dit wat ons omroepers binne ...

Feb 17, 20218 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik

Norma Breytenbach (of Tannie Norma) is ‘n besonderse mens met buitengewone gee- en omgee-hart. Sy is ‘n steunpilaar in die gemeenskap, wat soms ten koste van haarself aan ander sal voorsien – dier EN mens. Haar rykdom lê nie in weelde nie, maar in liefde en diensbaarheid. In die aanneem en versorging van weggooi-honde, en in haar familie, waar sy ook tans, sonder ‘n inkomste, na haar suster omsien. Tannie Norma moes onlangs al haar juwele verkoop vir kos – onder andere haar geliefde Pa se trouri...

Feb 03, 20217 min0

Street Shower onderhoud 2

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Dec 06, 202011 min0

Street Shower onderhoud

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Dec 01, 202019 min0

Power Towers Food Drive

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Nov 23, 20208 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR –

As daar ‘n beroep of selfs ‘n tema is wat uitgestaan het in 2020, is dit die rol van ons gesondheidswerkers. Hulle opoffering en hulle bydrae en soveel keer sonder dat ons ooit sal weet wat hulle by hulle eie huise moet hanteer. Verushka Weyers is al meer as 12 jaar lank ‘n verpleegster en het haar passie in die neonatale intensiewe eenheid ontdek waar sy met babas werk wat te vroeg gebore is asook ander pediatriese pasiënte in ICU. In haar werk het sy al soveel keer gesien hoe die geboorte of d...

Nov 18, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees

Twee jarelange vriendinne en ‘n spesialis en mondchirurg se uiteenlopende wêrelde het bymekaar gekom om vandag as die Blissful Cleft Foundation vir ‘n babatjie ‘n glimlag vir Kersfees te gee! Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen rondom gesplete lippe en verhemeltes. Dr. Naidoo gee sy vaardigheid en tyd pro bono en as ‘n span m...

Nov 11, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré

Baba Diandré Labuschagne is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel. Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe later 5 dae. Verskillende dokters en spesialiste het almal verskillende opinies gehad oor wat die beste behandeling sou wees. Op die ou end is klein Diandré einde Julie geopereer om die gewas te verwyder. Ongelukkig het sy brein reeds baie skade g...

Nov 04, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van hoop

Talitha de Klerk moes op hoërskool ‘n opstel skryf oor iets wat haar bekommer. In daardie stadium het daar reg langs haar kerk se nuwe gebou ‘n plakkerskamp gevorm. Talitha het geskryf oor haar bekommernis dat hierdie mense ‘n wanpersepsie van Jesus se liefde sou hê as die kerk nie na hulle uitreik nie... Na skool het sy by ‘n uitvoerende kunste bedieningspan aangesluit en tydens ‘n uitreik na Mosambiek, het die kinders van ‘n kinderhuis Talitha gesmeek om hulle te leer dans. Met haar terugkeer ...

Oct 28, 20209 min0

Intiem 27 Oktober

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Oct 27, 202013 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020

Pieter Basson is ‘n baie gelukkige inwoner van Uitkoms – ‘n versorgingsentrum vir persone met verstandelik- en intellektuele gestremdhede. Pieter is 36 jaar oud en hy het downsindroom. Beide sy ouers is oorlede. Huismoeder, Lorraine Loots wie se seun self by Uitkoms woon, beskryf Pieter as ‘n vredeliewende teddiebeertjie, met die mooiste geaardheid en so liefdevol. Inteendeel wanneer sy die behoeftes van die ongeveer 50 inwoners opsom is dit net liefde, drukkies en aandag. Dis Lynn Buys wat vir ...

Oct 21, 20208 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders

Die afgelope 394 dae, sedert 17 September 2019, begin ‘n normale dag vir 46-jarige Rupert van Vuuren so 3 uur in die oggend om sy marathon vir die dag te kan hardloop. Vandag is sy 411de marathon op pad na sy duisend marathon doelwit en dit alles om bewusmaking te skep vir die BRAIN CHILD STIGTING en hulle werk om kinders met gestremdhede en hulle gesinne te help. Rupert is getroud en het self ‘n gesin, hy werk in die mynbedryf as ingenieur en het ook ‘n musiekateljee by sy huis waar hy al saam ...

Oct 14, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia

Jakaranda Kinderhuis in Eastlynne bied sedert 1987 holistiese versorging vir kinders tussen 3 en 18 jaar oud wat deur die Kinderhof daar geplaas word. Ons gesels met Karin Berriman, die Bemarkingsbestuurder van Jakaranda Kinderhuis oor die impak van die grendeltyd en die toename in die hoeveelheid kinders en Cornelia du Plessis wat die afgelope 30 jaar al ‘n huisma van Jakaranda Kinderhuis is en haar eie 5 kinders so saam met honderde ander kinders groot gemaak het.

Oct 07, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anonieme tannie se kosskenking

Vir die afgelope paar maande kom stop ‘n tannie en haar dogter gereeld by ons kantoor. Stil-stil en sonder om te sê wie hulle is, laai hulle kruideniersware af. Tannie Wilna by ons ontvangs sê sy weet nie wie dit is nie. Sy kan net sien die vrou loop self swaar, maar klokslag elke maand is hulle daar met ‘n skenking – genoeg om te kan deel, met meer as een gesin. Die gesinne se dankbaarheid en dankie is vir hierdie tannie en haar dogter en ook ons vennoot, SPAR wat ons elke week vertrou om hulle...

Sep 30, 20207 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste Huweliksherdenking

Oom André en Tannie Louis Brand het op die 12de September hulle 50ste huweliksherdenking gevier, maar wat hierdie mylpaal ekstra spesiaal maak, is dat beide van hulle serebraal gestremd is. Behalwe vir hulle daaglikse uitdagings het hulle ook maar teenkanting gekry toe hulle destyds gesê het hulle gaan trou en selfs die medici het hulle gewaarsku toe hulle graag met ‘n gesin wou begin. Na nege jaar se getroude lewe is hulle eerste en toe later tweede kind gebore en vandag is hulle ‘n trotse ouma...

Sep 16, 20208 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Karavaan-gesin se nuwe lewe – 9 September 2020

Op 5 Augustus het ons vir Danie, Madelyn en Nella ontmoet - die gesin wat ‘n gemufde karavaan vir R100 ‘n dag gehuur het. Die reaksie op hulle verhaal was verstommend en Sanet en Russell Fagan van SA Cares for Life het betrokke geraak. Danksy die bydraes van ons luisteraars, kon hierdie gesin na ‘n nuwe huis trek – loopafstand van Nella se skool en skielik is haar gesondheid sommer stukke beter. Madelyn het haar rekenaarkursus begin. Danie leer hoe om sy eie kar reg te maak met parte wat ‘n dona...

Sep 09, 202010 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Stap ‘n stukkie saam met Jaco (10) – 2 September 2020

September is Internasionale Spierdistrofie Bewusmakingsmaand en ons het met die Viljoen gesin gesels oor hulle 10-jarige seuntjie, Jaco, wat in 2017 met Duchenne Spierdistrofie gediagnoseer is. Wêreldwyd word daar ongeveer 3500 seuns elke jaar gediagnoseer - in Suid-Afrika weet ons maar van 10 gesinne wat hierdeur geraak word. En ja, ons sien met Pa Jaco, Ma Albi, ousus, Leané en selfs Ouma Marina, hoe Jaco se uitdagings ‘n hele familie se geveg word. ‘n Moedige en hoopvolle stryd omdat ‘n klein...

Sep 02, 20208 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dorinda se yskasherstelbesigheid - 26 Augustus 2020

Dorinda en haar seuntjie het met net ‘n tas uitgestap toe haar huwelik verbrokkel en sy moes as karwag werk om doeke en kos te kon koop. Later het sy weer werk gekry tot sy een oggend siek geword het en haarself hospitaal toe moes jaag. Sy is met harversaking gediagnoseer en einde Oktober retrench. Ons het Dorinda Desember ontmoet waar sy by ‘n verkeerslig in Silverton muffins verkoop het. Sy het ‘n werklose vriend gevra om saam met haar by die verkeerslig te staan vir veiligheid, want op dié ma...

Aug 26, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nkosnathi se rolstoel - 19 Augustus 2020

Thuli (33) se man is in 2010 oorlede toe hy op pad werk toe deur ‘n rubber koeël getref is tydens ‘n oproer op die Molottopad. Haar seun, Nkosnathi (14) is in 2006 gebore met skoliose, voete wat binnekant en afwaarts gedraai is en ‘n gesplete verhemelte. Nkosnathi het gesukkel om te eet en om vloeistowwe te sluk. Hy het ‘n nasale stemtoon ontwikkel en die kroniese oorinfeksies het uiteindelik tot gehoorverlies gelei. Die grootste uitdaging was egter om sy ruggraat te probeer regstel. Gewoonlik s...

Aug 19, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Marco se Koeksisters - 11 Augustus 2020

Marco Swanepoel het vir 10 jaar lank as voorman in konstruksie gewerk voor hy 3 jaar gelede afgelê is. Hulle het alles verloor en moes van vooraf begin... Hy het hierdie jaar op ‘n tydelike basis vir sy sussie begin werk, maar nou trek haar besigheid swaar as gevolg van die inperking en boonop werk Marco se vrou, Cindy by ‘n kleuterskool en kry ook net ‘n UIF bydrae in hierdie stadium. En so besluit Marco, Cindy en al drie hulle kinders – Marcelle (8), Sasha-Lee (10) en Caitlin (12) om koeksiste...

Aug 12, 20208 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Gesin in karavaan en tent - 4 Augustus 2020

Op die erf waar hierdie gesin bly, is daar vyf karavane, ‘n wendyhuis en een bad en stort wat almal moet deel. Die karavaan is stukkend, dit reën in en muf. Alg en iets wat soos boomwortels lyk groei teen die badkamer en stort se muur. Madelyn het voorheen as barlady gewerk, maar toe verloor sy haar werk as gevolg van haar gesondheid. Die gesin het alles verloor. Hulle bly die afgelope jaar in hierdie karavaan met die stuk tent aan. Net voor lockdown het sy weer ‘n werk as barlady gekry, maar me...

Aug 05, 202010 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android