#JouMenseMyMense saam met SPAR – - podcast episode cover

#JouMenseMyMense saam met SPAR –

Nov 18, 20209 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

As daar ‘n beroep of selfs ‘n tema is wat uitgestaan het in 2020, is dit die rol van ons gesondheidswerkers. Hulle opoffering en hulle bydrae en soveel keer sonder dat ons ooit sal weet wat hulle by hulle eie huise moet hanteer.

Verushka Weyers is al meer as 12 jaar lank ‘n verpleegster en het haar passie in die neonatale intensiewe eenheid ontdek waar sy met babas werk wat te vroeg gebore is asook ander pediatriese pasiënte in ICU.

In haar werk het sy al soveel keer gesien hoe die geboorte of dood van ‘n kind ‘n gesin se lewe ingrypend verander en daarom het sy nog altyd gevoel haar eie uitdagings is niks in vergelyking met dit waardeur ander gesinne moet gaan nie. Tot sy onlangs haarself op ‘n plek bevind het waar sy nie meer haar eie pyn en swaarkry kan wegsteek nie.

Saam met ons vriende van SPAR en Silgonex wou ons kyk of ons haar las kan verlig en kan help met een van haar grootste begeertes: Om haar pa, wat die afgelope ses maande al in die hospitaal is, by die huis te kan hê teen Kersfees...
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android