#JouMenseMyMense - podcast cover

#JouMenseMyMense

GROOTfm 90.5www.grootfm.co.za
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings - 29 Julie 2020

In ‘n woonstelletjie wat hulle huur by die kerk bly die Rust gesin – Pa Johan (52), Ma Yolande, 18-jarige Franco en kleinsus Bianca. Johan het ‘n paar jaar gelede sy werk verloor en na 2 jaar se CV’s uitstuur en vir onderhoude gaan net om elke keer te hoor hy is te oud, het hy begin om kosaflewerings te doen. Die verskil is net dat hierdie gesin van 4 die aflewerings saam doen, sodra ma Yolande by die huis kom, want sy is Johan se oë. Johan is ‘n diabeet en sukkel met katarakke, maar ‘n trotse p...

Jul 29, 20209 min0

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brand in Plastic View - 22 Julie 2020

Met tot 11 mense wat saambly in ‘n huisie van plastiek en karton, kan mens verstaan hoe ‘n kers per ongeluk omval en 79 shacks binne oomblikke tot op die grond afbrand om meer as 400 bitter behoeftige mense sonder ‘n heenkome of enige beskutting teen die winterkoue te laat. Dis presies wat Saterdagoggend vroeg in die informele nedersetting in Pretoria-Oos, Plastic View, gebeur het. Soos Sanet Fagan van SA Cares for Life sê dit bly ‘n wonderwerk dat niemand dood is nie, maar dis ‘n hartseer prent...

Jul 22, 20209 min0

JouMenseMyMense - Woensdag 15 Julie, Donderdag 16 Julie 2020

Anneline (20) dink nie dis enige hulp of aandag werd wanneer jy doodeenvoudig baie hard werk om jou droom waar te maak nie, maar ons sien ‘n besonderse gesindheid van iemand wat nie dink die wêreld skuld haar iets nie, maar werk vir dit wat sy vir die wêreld kan bied! Met elke terugslag, ook wanneer die impak van die inperking haar haar werk kos, laat sy niks haar onderkry nie, want sy glo “only you can make the difference.”

Jul 15, 20208 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – Huis Gracia, 8 Julie 2020

Huis Gracia is ‘n plek van veiligheid vir mindebevoorregte kinders uit gebroke families en bied tans vir 82 kinders ‘n tuiste waar hulle goed versorg, geborge en geliefd gesond en heel kan word na hulle in haglike omstandighede mishandel of verwaarloos is.

Jul 08, 20208 min0

Jungle beat onderhoud

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jul 02, 20208 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – Juan Nel, 1 Julie 2020

Juan Nel het voorheen as ‘n kelner by ‘n restaurant gewerk wat intussen as gevolg van die impak van lockdown hulle deure moes sluit. Al die personeel het hulle werk verloor. Juan het besef hy gaan ‘n plan moet maak en het begin vetkoeke bak. Sy ouma, wat self koekies en beskuit bak om haar inkomste aan te vul, het vir Juan ‘n braaipan gegee en sy eerste bestanddele gekoop en binne 2 weke het hy genoeg geld verdien om ‘n gedeelte van hulle huur te betaal en om ‘n tweedehandse vrieskassie te koop....

Jul 01, 20208 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – LS Westerlig, 24 Junie 2020

Laerskool Westerlig is in die hartjie van Danville met ‘n gevestigde voedingskema wat na 150 behoeftige gesinne omsien. Terwyl ons in die kombuis by Santie, Alice en Amanda kuier, vertel die skoolhoof, Mnr. Erich Cloete dat hy daar was toe die kaste in 1997 ingebou is, wat beteken die “tender loving care” van hierdie omgee-kombuis dien al 23 jaar lank die kinders van Westerlig. Ons het by die skool gaan inloer om te hoor wat die impak van die inperking op hierdie span se liefdestaak is.

Jun 23, 20204 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – Paramedikus, Ruan Heyns, 24 Junie 2020

Ruan Heyns is ‘n ILS paramedikus wat nog regdeur die pandemie sy tyd en reddingsdienste gratis lewer aan die gemeenskappe van onder andere Centurion, Pretoria-Oos, Diepsloot, Mamelodi en Erasmia. Hy betaal self sy voertuig, die diesel, en toerusting - sonder enige vergoeding - terwyl hy elke dag jaag na huisbrande, skietvoorvalle, rooftogte, aanrandings en motorongelukke wat sy eie lewe in gevaar plaas, maar vir die liefde en passie vir die saak Hannes Bosman, wat self in die nooddienste is en v...

Jun 23, 20204 min0

Laerskool Tygerpoort se “Baadjie vir ‘n maatjie” insameling – 22 Junie 2020.

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se ...

Jun 22, 20206 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – LIG Kinderbediening, 17 Junie 2020

LIG Kinderbediening is ‘n interkerklike nie-winsgewende organisaise wat in 2008 ontstaan het toe hulle bewus geraak het van die geestelike nood onder veral die Afrikaansprekende gemeenskap van Pretoria-Wes. Tydens die aanbieding van hulle Bybelklub wat spoedig tot 9 klubs gegroei het en ook by die kampe wat deur honderde kinders bygewoon is, het hulle mettertyd besef hoeveel van hulle kinders ook meer as net geestelike insette nodig het. Ontwikkelingsagterstande as gevolg van hierdie kinders se ...

Jun 17, 20209 min0

JouMenseMyMense saam met SPAR – PEN, 10 Junie 2020

PEN is ‘n geloofsgebaseerde niewinsgewende gemeenskaporganisasie wat sedert 1992 jong voorskoolse kinders, die jeug en weerlose volwassenes van die middestad van Pretoria dien Die visie is om in verhouding en in vennootskap met iemand in nood ‘n permanente verandering in hulle lewe te laat vlam vat, om mense te help besef wie die Here hulle gemaak het om te wees sodat hulle met waardigheid, geborgenheid en die versorging van ‘n omgee-gemeenskap uit die kloue en siklus van armoede kan uitbreek. P...

Jun 10, 20209 min0

#JouMenseMyMense – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie 2020

Laerskool Kameeldrift is aan die weste kant van Pretoria tussen die plotte geleë, omring deur 5 informele nedersettings. Onder die nederige en diensbare leierskap van skoolhoof, Marina van Niekerk, het leerdergetalle van 82 in 2007 tot 705 gegroei en sien sy en haar span wonderwerk op wonderwerk soos God vir haar kinders voorsien in elke behoefte – van klere en toiletware tot kos en skryfbehoeftes waarby GROOTfm 90.5 ook al betrokke was. Ons het in 2019 as deel van ons stasie se verjaarsdag, gro...

Jun 03, 202010 min0

#JouMenseMyMense – Louis se 1ste verjaarsdag, 27 Mei 2020

Oupa Stephan en Ouma Karien Greyvenstein van Witrivier in Mpumalanga se enigste kleinseun word vandag een jaar oud hier in Pretoria. Dis vir hulle baie sleg om as gevolg van die inperking nie hier te kan wees om die groot mylpaal te vier nie... Verder is Lize ‘n onafhanklike reisagent en die laaste 3 maande sonder enige inkomste en haar man, Louis is ‘n MS leier wat fisies nie in staat is om te werk of ‘n inkomste te verdien nie. Hulle woon by Lize se skoonouers, Leoné en Louis. Stephan en Karie...

May 27, 20206 min0

#JouMenseMyMense - 20 Mei 2020 – Eleos

In ‘n gemeenskap waar soveel mense in ‘n siklus van armoede, gesinsgeweld, mishandeling, alkohol- en dwelmverslawing, tiener swangerskappe en die gebrek aan basiese lewensvaardighede vasgevang is, kom genade-in-aksie… Dit is wat ELEOS se naam beteken – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat 20 jaar gelede gebore is met ‘n begeerte om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van minderbevoorregte kinders en hulle gesinne in Pretoria-Wes. Verhouding is die fondasie waarop elke volhoubare projek gebou wo...

May 20, 202010 min0

#JouMenseMyMense – 13 Mei 2020 – Die sinergie, saamspan en samewerking van kerke, besighede, NPO’s en skole

Oral oor ons stad is kerke, besighede, niewinsgewende organisasies en skole besig om as een groot gemeenskap kragte saam te span en sien ons prakties die beginsel van sinergie: waar die geheel en die totale impak groter is as die som van die aparte dele – van elkeen wat op sy eie ietsie probeer doen. Ons gesels met kerkleier, Willem Badenhorst en die voorsitter van die Pretoria-Wes Gemeenskapsforum, Johan Cloete oor die gedeelde las wat ligter is as die liggaam van Christus saam werk. Francois S...

May 13, 202011 min0

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

May 09, 20202 min0

#JouMenseMyMense – Versorg die versorgers, 29 April 2020

GROOTfm 90.5 het ‘n hart vir ons stad en land, maar ons mandaat as ‘n radiostasie lyk bietjie anders as dié van ‘n welsyn- of maatskaplike organisasie. Ons hulpverlening kan ‘n bydrae maak, maar ons glo verhouding verander lewens. Die liefde en ondersteuning van ‘n omgee-gemeenskap waarvan jy deel is en waar jy kan behoort – die pad wat iemand elke dag saam met jou stap - is wat die ware langtermyn-impak in iemand se lewe maak. Met Werkersdag in ons gedagte, sê ons saam met projekleiers van Help...

Apr 29, 20206 min0

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

Apr 25, 20202 min0

#JouMenseMyMense – SPAR en SA Cares for Life – 22 April 2020

Retha Ingenbleek van SPAR Northrand vertel ons van die SPAR Get Real COVID CHALLENGE wat die grillerige sluk-‘n-eier-uitdaging omskep in ‘n positiewe en steeds prettige uitdaging waar die eiers saam met ander niebederfbare produkte geskenk word aan behoeftige gesinne. SA Cares for Life is die begunstigde en Sanet Fagan het vir ons die proses verduidelik wat hulle in plek het om gesinne te identifiseer en die kos wat jy by jou naaste SPAR kan koop en skenk te versprei.

Apr 22, 20205 min0

#JouMenseMyMense – Melanie se ma, 22 April 2020

Ons deel die storie van die suster wat in die neonatale intensiewe eenheid van die hospitaal werk met die klein babatjies wat so vroeg gebore word en dan in die aande huis toe gaan om na haar eie ma om te sien wat al 10 jaar gelede met onder andere Alzheimers, Dementia en Lupus gediagnoseer is. Ons essensiële werkers soos verpleegsters, susters, dokters – dien ons na die beste van hulle vermoë terwyl ons nooit eers sal weet wat hulle by die huis ook hanteer nie.

Apr 22, 20203 min0

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

Apr 18, 20202 min0

#JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en finansies - besorg oor die moontlike gevolge, sou ‘n inwoner die koronavirus opdoen. Die Ons Tuis T...

Apr 15, 20209 min0

-DELETED- jmm2

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se ...

Apr 15, 20205 min0

-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en finansies - besorg oor die moontlike gevolge, sou ‘n inwoner die koronavirus opdoen. Die Ons Tuis T...

Apr 15, 20204 min0

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

Apr 11, 20202 min0

#JouMenseMyMense – LIG Kinderbediening – 8 April 2020

Ons het met die uitvoerende hoof van LIG Kinderbediening, Louise Rossouw gesels om te hoor hoe die gesinne waarby hulle betrokke is in Pretoria-Wes se behoeftes verander het in hierdie tyd, maar ook hoe ek en jy steeds ‘n verskil kan maak. Die toename van die gesinsgeweld wat Louise beskryf het terwyl ‘n gesin van ses en ag in ‘n wendyhuisie, een-vertrek woonstel of piepklein RDP huisie ingehok is, het ons behoorlik aan die hart gegryp en daarom het GROOTfm 90.5 en SPAR se JouMenseMyMense-projek...

Apr 08, 202011 min0

#JouMenseMyMense – Inkleurboeke en kryte vir kinders in Steve Biko Hospitaal – 8 April 2020

Op Wêreldgesondheidsdag het ons gesondsheidswerkers se onselfsugtige en opofferende bydraes gevier as vegters in die voorste linie teen die covid-19 virus. Een so ‘n werker, 24-jarige dokter Wilmé Steyn, het nog iets in ons hart geïnspireer. Sy dien tans in Pediatrie by Baragwanath Hospitaal in Soweto. Sy het ‘n aangrypende brief geskryf wat op Netwerk24 gepubliseer is, maar toe ook op haar Facebook iets gedeel wat ons aan die dink gesit het. Meeste van die kinders met wie sy werk het regtig nie...

Apr 08, 20204 min0

Lynette Beer

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

Apr 04, 20202 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android