JouMenseMyMense saam met SPAR – PEN, 10 Junie 2020 - podcast episode cover

JouMenseMyMense saam met SPAR – PEN, 10 Junie 2020

Jun 10, 20209 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

PEN is ‘n geloofsgebaseerde niewinsgewende gemeenskaporganisasie wat sedert 1992 jong voorskoolse kinders, die jeug en weerlose volwassenes van die middestad van Pretoria dien

Die visie is om in verhouding en in vennootskap met iemand in nood ‘n permanente verandering in hulle lewe te laat vlam vat, om mense te help besef wie die Here hulle gemaak het om te wees sodat hulle met waardigheid, geborgenheid en die versorging van ‘n omgee-gemeenskap uit die kloue en siklus van armoede kan uitbreek. PEN droom van gemeenskappe wat gesond en heel word tot daar waar hulle as organisasie nie eers meer nodig sal wees nie, want ‘n gemeenskap het geleer om na mekaar om te sien.

PEN is ook van die begin af deel van GROOTfm90.5 se Blikkies en Baadjies Winterprojek en na ons self al soveel keer saam met hulle die strate van Sunnyside gestap het om onder die vel van die nood in ons stad te kom, kan ons getuig dat hierdie visie nie net woorde is nie. En dat terme soos "koud", "nood", "honger" en "swaarkry" ‘n gesig en ook ‘n storie gekry het wat regtig die balk uit ons eie oog kom haal het…

PEN leef en werk naby sy mense en leer ons weereens in hierdie tyd dat liefde nie kan vashak by beleide of strategie nie, maar bereid moet om aan te pas as ons ‘n gemeenskaplike vyand moet veg, want soos die Hoof Uitvoerende Beampte van PEN, Dr. Marinda van Niekerk en haar span sê: “Ons is nie hier vir onsself nie, maar ter wille van ons gemeenskap.”
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android