-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020 - podcast episode cover

-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020

Apr 15, 20204 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en finansies - besorg oor die moontlike gevolge, sou ‘n inwoner die koronavirus opdoen. Die Ons Tuis Tehuise het isolasie-afdelings geskep by hulle onderskeie fasiliteite, maar hierdie afdelings benodig dringend produkte vir die gepaardgaande behoeftes.

Selfs sonder die uitdagings van ‘n wêreldwye pandemie, is daar is maar altyd ‘n behoefte aan items soos seep en skoonmaak- en reinigingsmiddels, om die tehuise effektief te bestuur. Hiervoor pak hulle gereeld verskillende fondsinsamelingsaksies aan, maar dis onmoontlik om voort te gaan tydens die grendeltyd.

Ons het met die kommunikasiebeampte van die Ons Tuis Groep, Juanita du Preez, gesels om ons meer te vertel van hulle behoeftes by die tehuise in Pretoria en hoe die bejaardes die afsondering beleef.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android