JMMM 21 JULIE - podcast episode cover

JMMM 21 JULIE

Jul 21, 20212 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Na die afgelope week se vlamme en afbreek is ons daaraan herinner dat ons lewens en ons besittings hiermee saam so verganklik is. Daar was gebreek en gebrand, maar, daar was ook gebou!
GROOTfm 90.5 het besoek afgelê by twee gemeenskap-radiostasies wat ook slagoffers van die onluste was – Alex FM 89.1 (geleë in Alexandra) en Mams Radio 92.9 (geleë in Mamelodi). Die twee radiostasies het geweldige skade gelei toe ‘looters’ in hulle onderskeie studio’s ingevaar het en toerusting tot die waarde van honderde duisende rande beskadig en gesteel het.
GROOTfm 90.5 weet wat die omvang van die uitgawes vir die bou van ‘n studio en ateljee is, en het daarom duidelike oortuiging gehad om ‘n bydrae te lewer.
Ons span was magtig om aan Alex FM 89.1 se stasiebestuurder, Takalani Nemangawe,‘n bedrag van R10 000 te skenk, en aan Sam Mfaladi van Mams Radio, ‘n bedrag van R40 000. Baie sterkte met die opbou-proses, van julle studio, ateljee, maar veral julle span!
Ja, dis maklik om te sê, ‘ek gaan nie bou nie, want ek het nie gebreek nie’…maar ek en jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons naaste, maar bo alles teenoor ons Vader en Koning. Die vraag moet wees, nie ‘of’ ek gaan help nie, maar ‘hoe’. Watter een kies jy? Die breek, of die bou?
Soos Fred Rogers gesê het: ‘When I was a boy and I would see scary things in the news, my mother would say to me; Look for the helpers. You will always find people who help.’
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android