#JouMenseMyMense 9 Junie 2021 - podcast episode cover

#JouMenseMyMense 9 Junie 2021

Jun 07, 20219 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Centurion Hospice het op Werkersdag vir die 36-jarige Larami Meyer van Pretoria, wat met ‘n rare maag-karnisoom kanker gediagnoseer is, ‘n droomtroue gehou.
Otto Meyer, (38) en Larami het as tieners aan die Kwaggasrand Skool in Pretoria-Wes op mekaar verlief geraak. “Ek was dertien jaar oud toe Otto my gesoen het. Dit was ook my heel eerste soen – en nou moontlik ook my laaste soen,” het Larami gesê. Larami het in Graad 10 na ‘n ander provinsie verhuis en hulle liefde moes oor gesteelde telefoonomblikke en briewe gedy. Larami is later getroud en Otto kan nooit weer die liefde van sy lewe opspoor nie. Maar hulle liefde het sowat twee jaar gelede weer op Facebook begin blom.

Kort nadat hulle saam ingetrek het, het Larami siek geword. Na agtien operasies waartydens haar baarmoeder en eierstokke verwyder is, het die dokters eers verlede Desember vasgestel dat sy kanker het.

Otto het, kort na dié diagnose, haar gevra om met hom te trou.
Larami en Otto het nie op ‘n wittebrood gegaan nie, want sy het twee dae na die troue weer met behandeling begin. “My grootste droom voordat ek dood gaan is om op Tafelberg te staan. Ons was ook nog nooit in die stad Kaapstad nie.”
GROOTfm 90.5 het met behulp van luisteraars-donasies, Nerina Smith se gratis verblyf by Smithland Guest Apartments en Pentravel wat ‘n reis-pakket saamgestel het, vir Larami en Otto met ‘n wittebrood in die mooie Kaap verras.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android